http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Abraham A.J. van Niekerk is op 8 Augustus 1931 op ‘n plaas in die Boesmanland naby Springbok gebore. Hier groei hy op, en na sy skoolopleiding op Springbok, gaan hy na Stellenbosch waar hy die grade B.A. en M.A. (Geskiedenis), en ook die Sekondêre onderwysdiploma behaal. Nadat hy ‘n ruk lank by ‘n Kaapstadse uitgewery gewerk het, begin hy onderwys gee. Later word hy die hoof van Hoërskool Kanon-eiland. Terwyl hy onderwyser op Oudtshoorn was, is hy met mej. Marita van Tonder van Barrydale, getroud.
A.A.J. van Niekerk Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
|