http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die skrywer André Philippus Brink (beter bekand as André P Brink) is op 29 Mei 1935 op Vrede in die Vrystaat gebore en is 'n Suid-Afrikaanse skrywer (prosaïs, dramaturg, teoretikus) - onlangs was hy ook in die sepie “7de Laan” (daagliks op SABC 2 uitgesaai) te sien. Hy het studeer tot 1959, waarna hy vanaf 1959 - 1961 ingeskryf is by Sorbonne, Parys. Hier het hy die idee ontdek, dat blank en swart gelyk kan wees en tydens sy tweede besoek is hierdie gedagte net verder versterk. (Lees gerus van sy reisjoernale - kliek hier) Hy skryf in Afrikaans en Engels (dikwels gelyktydig in beide tale). Sy werk is in ten minste 20 tale vertaal. Saam met onder andere Breyten Breytenbach word hy as een van die letterkundebeweging, die Sestigers, beskou. Hierdie beweging het Afrikaans as taal gebruik om die destydse apartheidsregering te kritiseer. Een van sy boeke - Kennis van die aand - was dan ook eens op die lys van verbande boeke gewees en was die eerste boek wat in Afrikaans verban was. Hy is tans 'n emeritushoogleraar in Engels aan die Universiteit van Kaapstad.
Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
Kliek hier vir ‘n lys van sy boeke
|