|
Boeke deur dr Andrew Murray in AFRIKAANS vertaal sluit in:
- Algehele oorgawe, 1980 - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Bid vir mekaar - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Christus, my alles - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Die bloed van die kruis - dr Andrew Murray
- Die Goddelike geheim - ds Andrew Murray
- Die hartklop van God - ds Andrew Murray
- Die innerlike lewe - dr Andrew Murray
- Die inwonende Christus - dr Andrew Murray
- Die krag van die bloed - dr Andrew Murray
- Die nuwe verbond - dr Andrew Murray
- Die volheid van die Heilige Gees - dr Andrew Murray
- Die volle Pinksterseën - dr Andrew Murray
- Die ware wynstok, 1944 /1972 - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Die werk van die Heilige Gees - dr Andrew Murray
- En nou na Pinkster, 1978 - dr Andrew Murray
- Gaan saam met my - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Gebedslewe en die binnekamer - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Here, leer ons bid - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Herlewing - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- In die Heiligdom - dr Andrew Murray
- In die more - dr Andrew Murray
- Jesus die geneesheer van die krankes - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Krag van die bloed, 1993 - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Met Christus in die skool van gebed - dr Andrew Murray
- ‘n Lewe van liefde - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Nederigheid - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Nie my wil nie - boek geskryf deur dr Andrew Murray
- Nuwe lewe - dr Andrew Murray
- Ontdek die geesvervulde lewe! - dr Andrew Murray
- Oorwin jou twyfel - dr Andrew Murray
- Op God wag - dr Andrew Murray
- Terug na Pinkster - dr Andrew Murray
- Wees volmaak - dr Andrew Murray

dr Andrew Murray is een van die merkwaardige geestelikes wat diep spore in Suid-Afrika getrap het. Hy is een van die heel eerstes in die wêreld wat dagstukke vegin skryf het om mense geestelik op te bou. Vandag nog lees duisende mense dwarsoor die wêreld een of meer van sy ongeveer 250 boeke. Benewens Afrikaans en Engels is dit in minstens agte Europese, vyf Oosterse en drie Indiese tale beskikbaar. Hy het die wel en wee van die aanloop tot die Anglo-Boereoorlog en die afloop daarvan intiem met sy mense deurgemaak. Hy was baie jare lank ‘n geliefde gemeentepredikant op Wellington en gesinsman met ‘n passie vir die Here en sy saak.


Gebedslewe en die binnekamer - dr Andrew Murray Boek in Afrikaans vertaal deur Timo Kriel
Het Gebedsieven en De Binnenkamer van dr. Andrew Murray - wat destyds verskyn het as nabetragting van die Predikantekonferensie op Stellenboseh in 1912, word hier in ‘n goeie Afrikaanse vertaling die kerklike publiek aangebied.
Enkele voorafgaande stukkies, asook hier en daar kort verwysings na die gemelde konferensie, is in hierdie Afrikaanse uitgawe weggelaat. In 1912 is die verskyning van hierdie boekie gevoel as ‘n voorsiening in ‘n diepgevoelde behoefte. Hoeveel te meer nie nou nie, terwyl geweldige ontwrigting op sedelike en geestelike gebied reeds plaasgevind het en die fondamente van die samelewing skyn te wankel?
In ‘n brief (van wyle ds. I. C. Hefer van Parys, en voorgelees op genoemde konferensie) word melding gemaak van ‘n groot TE-VEEL en ‘n groot TE-MIN.
Groot is die TE-VEEL van organisasie en ander uiterlike kerklike bedrywighede (ook in die lewe van die indiwidu) wat put veral uit menslike vernuf, menslike entoesiasme en menslike wilsinspanning.
Groot aan die ander kant is ook die TE-MIN van ingaan en verskyn voor Gods aangesig.
Hierdie onewewigtigheid lê ten grondslag aan al die kragteloosheid wat daar op sedelike en geestelike gebied heers.
Die gebruik van die Binnekamer en die Gebedsiewe moet ons aanleer.
Dit tot behoud van ons eie en die kerk se lewe!


Algehele oorgawe - dr Andrew Murray Boek in Afrikaans vertaal deur Timo Kriel
Wil u graag ‘n hart hê wat oorloop van Iiefde tot elke kind van God? Wil u ‘n hart vol liefde hê wat ander aan die brand kan steek? Sou u graag sien dat die liefde van die hemel self van u uitgaan?
Jong Christene vra dikwels: Waarom is dit dat ek so te kort skiet? Ek het tog so ernstig met my hele hart belowe, en het so begeer om God te dien; waarom het dit my nie geluk nie?
Waarom het die Woord so mm mag om die gelowiges in heiligheid en toegewydheid op te bou?
Op hierdie en baie ander dwingende vrae gee dr. Andrew Murray in Algehele oorgawe direkte antwoorde.
“As ek u vra of u die bevel: ‘Moenie dronk word van wyn nie’ gehoorsaam, dan sal u dadelik antwoord: ‘ Natuurlik, as Christen gehoorsaam ek daardie bevel.’ Maar nou, wat die ander betref: ‘Word met die Gees vervul’ - het u daardie bevel gehoorsaam? Is dit die lewe wat u voer ?“ Aldus Andrew Murray.
En nou gaan hy voort om eenvoudig, maar in diepte - en baie prakties - die lewe saam met die Gees te verduidelik. En hoe hierdie gebod gehoorsaam moet word. Dit is ‘n noodsaaklike werk vir elke gelowige. Want dan eers kan ons ons waarlik kinders van God noem, wanneer sy Gees kragtig in ons woon.



Nuwe lewe - geskryf deur dr Andrew Murray vertaal deur F J Liebenberg
Inhoud:
Voorwoord 1. Die Nuwe Lewe 2. Die Melk van die Woord 3. Die Woord van God en ons Hart 4. Die Geloof 5. Die Krag van God se Woord 6. God se Gawe van sy Seun 7. Jesus se Oorgawe van Homself 8. Kinders van God 9. Ons Oorgawe aan Jesus 10. Die Verlosser uit die Sonde 11. Sondebelydenis 12. Die Vergifnis van Sonde 13. Die Reiniging van die Sonde 14. Die Heiligheid 15. Geregtigheid 16. Die Liefde 17. Nederigheid 18. Struikeling 19. Jesus die Bewaarder 20. Krag en Swakheid 21. Die Gevoelslewe 22. Die Heilige Gees 23. Die Leiding van die Gees 24. Die Heilige Gees bedroef 25. Vlees en Gees 26. Die Geloofslewe 27. Die Mag van Satan 28. Die Stryd van die Christen 29. Wees ‘n Seën 30. Persoonlike Arbeid 31. Die Sending 32. Lig en Vrolikheid 33. Kastyding 34. Die Gebed 35. Die Biduur 36. Die Vrees van die Here 37. Onverdeelde Toewyding 38. Geloofsversekering 39. Gelykvormigheid aan Jesus 40. Gelykvormigheid aan die Wêreld 41. Die Dag van die Here 42. Die Heilige Doop 43. Die Nagmaal 44. Gehoorsaamheid 45. Die Wil van God 46. Die Selfverloëning 47. Die Bedagsaaniheid 48. Geld 49. Die Vryheid van die Christen 50. Groei 51. Skrifondersoek 52. Die Heer, die Voleinder

Herlewing - dr Andrew Murray ‘n nuwe lewe van volle oorgawe Boek in Afrikaans vertaal deur Lucia Wels
“Daar móét herlewing in die kerk kom, want die kerk is die enigste hoop in hierdie sterwende wéreld.” Dit is die woorde van Andrew Murray, die wêreldbekende Suid Afrikaans gebore evangelis wie se boeke al die lewens van miljoene mense verryk en verander het.
Herlewing is egter nie sommer iets wat oornag en onverwags gebeur nie. Dit word voorafgegaan deur opregte en ernstige gebede van gelowiges wat hulle hele lewe aan God wy. Ware herlewing beteken ook dat daar ‘n sekere ingesteldheid by Christene moet wees. Ons moet daarvoor gereed wees — en om gereed te wees, moet ons ons harte ondersoek en sekere dinge regstel.
God wIl sy kerk laat herleef. Hy wag om Homself met nuwe krag aan ons te openbaar. Laat dit ons erns wees om biddend en voorbereid op die openbaring te wag.



Die inwonende Christus - ds Andrew Murray Boek in Afrikaans vertaal deur Lucia Wels
Word u lewe gekenmerk deur mislukkings en teleurstellings? Is u diep bedroef en ontsteld oor die wêreld se gejaag na wind?
Daar Is ‘n lewe van oorwinning en vreugde, ‘n lewe van oorvloed. Daar is ‘n land wat oorloop van melk en heuning. Dit is moontlik om u eie swakheid en onmag agter te laat — want God kan u na die Beloofde Land van rus en vrede en onbeskryflike vreugde bring.
U Meester wag orn in u te korn woon. Hy wag om in u te kom werk. Hy wag om u na die Beloofde Land te neem.



Terug na Pinkster - geskryf deur dr Andrew Murray
Mag die Here ons versterk om te sien dat die grootste werk wat enigeen op aarde kan doen, dit is—om die groot belofte van die Vader toe te eien, daarop voor God te pleit, en om met ‘n sterk begeerte ‘n antwoord te verwag.
Laat die woord—,,die een ding wat nodig is, die krag van die Heilige Gees uit die hemel,” in ons harte wortel skiet, en opgroei en vrugte dra in voihardende geloof en gebed.
Laat ons daarmee in Gods teenwoordigheid vertoef. Laat ons in die lig daarvan op die Kerk met harte vol van ontferming neersien. Laat ons daaroor met ons broeders praat en bid. God verhoor die gebed, God sal verseker die antwoord gee. Die Skrywer (ds Andrew Murray).



Christus, my alles - geskryf deur ds Andrew Murray Boek in Afrikaans vertaal deur Lucia Wels
Eers as Christus alles vir en in my is, kan ek die volheid van die Christelike lewe ken. En om alles in my te kan wees, moet Hy sy regmatige plek in my hart inneem. Hy moet die sonde, wat vroeër in my geheers het, onttroon en self op die troon van my lewe gaan sit.
Dr. Andrew Murray is dekades lank reeds bekend vir sy diepsinnige en Skrifgebonde boodskappe. Wat hy sê, is nie net van belang vir die mens wat nog sy hart vir Christus moet gee nie, maar ook vir die Christen wat al ver op die pad na geestelike volwassenheid gevorder het.
Hier help by u om stap vir stap te vorder tot by die heerlike volheid wat binne die bereik van elke gelowige is.

Nie my wil nie - geskryf deur dr Andrew Murray Die saligheid van ’n lewe in die wil van God Boek in Afrikaans vertaal / oorgesit deur Timo Kriel
In die wil van God alleen lê die oorsprong, die bestaan, die krag, die saligheid, die heerlikheid van die genadelewe van elkeen van Sy kinders. Mag die Here hierdie boekie heilig om Sy kinders te help om te verstaan wat die wil van God is, om die heerlikheid daarvan te begryp, die wil lief te hê, te kies en te volbring as hulle hoogste begeerte.





Die ware wynstok - Dr Andrew Murray
Nie lank na die publikasie van Bly in Christus, het ek die versoek ontvang om ‘n korter en eenvoudiger uitgawe gereed te maak vir die gebruik van kinders wat die Here Jesus ken en liefhet. Ek was egter nie in staat om dit te doen nie. Van daardie tyd af het die wonder- like gelykènis, wat die teks van daardie boek was, met sy Goddelike eenvoud en onuitputtelike rykdomme vir my nog dierbaarder as ooit geword. Ek voel asof daar geen ander gedeelte in die Woord van God is waarin ons vereniging met Christus Jesus, met sy oproep tot algehele toewyding, sy voorreg van onbegrensde vertroue, sy krag van oorvloedige vreugde, ryke vrugbaarheid en oorwinnende gebed, gestel word met soveel helderheid of krag nie. En ek het my gedwonge gevoel om te probeer skrywe wat jong Christene maklik kan begryp, om hulle te help om daardie posisie in te neem waarin die Christelike lewe ‘n sukses moet wees.
Dit is asof daar nie een van die vernaamste versoekinge en mislukkinge van die Christelike lewe is wat hier nie behandel word nie. Die nabyheid, die algenoegsaamheid, die getrouheid van die Here Jesus, die natuurlikheid, die vrugbaarheid van ‘n lewe van geloof word so blootgelê, dat dit is asof ‘n mens met vertroue kan Sê: Laat die gelykenis in die hart ingaan, en alles sal wel wees.
Mag die Here Sy seën gee. Mag Hy ons leer om die verborgenheid van die wynstok te bestudeer in die gees van aanbidding, terwyl ons wag op die onderwys van God self. Ds Andrew Murray, 18 November 1897.




Die Goddelike geheim ‘n Geestelike boek deur dr Andrew Murray Boek in Afrikaans vertaal deur Timo Kriel en J.P Strumpfer



Krag van die bloed 1993 uitgegee en geskryf deur dr Andrew Murray
Christene besef nie aldag watter ontsaglike betekenis die bloed van Christus vir hulle het nie. Daarom beleef hulle ook nie altyd die seën en krag wat daar in die bloed opgesluit is nie.
Dr. Andrew Murray laat die klem in hierdie werk op al die verskillende aspekte van die bloed val. Die feit dat hy deurgaans met ‘n diepe insig maar ook ‘n wye perspektief na hierdie saak kyk en dit sistematies en op ‘n eenvoudige manier aan die leser oordra, dra beslis by tot die waarde van Krag van die bloed.
Met dié boek sluit hy nie net aan by al sy ander werke oor ‘n Geesvervulde Christelike lewe nie, maar belig hy ‘n onderwerp wat ongelukkig vandag te dikwels na die agtergrond geskuif word.

Ontdek die geesvervulde lewe! geskryf deur dr Andrew Murray
GEESTELIKE UITNEMENDHEID / DIE HOOGSTE GEESTELIKE DEUG /
- ‘n GEESVERVULDE LEWE
- ‘n krag
- ‘n belofte
- ‘n moontlikheid
IS U GEESTELIKE LEWE SAAI EN DOODGEWOON? VOEL U DAT IETS IN U CHRISTELIKE ERVARING SKORT?
SOEK U NA MEER? Delf in hierdie klassieke werk saam met Andrew Murray in die Skrif, dan sal u soektog oor wees. U sal: * die bron van geestelike krag ontdek, sodat u volgens God se wil kan leef; * vreugde kan put uit God se beloftes van ‘n wonderlike lewe vol verwagting en die vervulling van daardie verwagtinge; * besef dat die hoogste geestelike deug vir elke gelowige in Jesus Christus moontlik is.
U kan nuwe hoogtes in u Christelike lewe bereik; u kan geestelik volwasse word — lees TITEL.



Die volheid van die Heilige Gees geskryf deur dr Andrew Murray In Afrikaans oorgesit deur Lucia Wels
Troos en Blydskap!
Dr. Andrew Murray gee duidelike riglyne oor hoe die kind van God toegang kan kry tot sy oorvloedige seën.
In hierdie bespreking oor die rol van die Heilige Gees in die Christen se lewe, raak hy aan onderwerpe soos: + die krag van die Gees + voorwaardes vir die volheid van die Gees + aanbidding in die Gees…
… en natuurlik ook vervulling met die Gees van God.
Die waarheid van God, wat hier deur sy dienaar oorgedra word, gryp in die lewe van elke gelowige in en maak dit nuut!




Die volle Pinksterseen geskryf deur dr Andrew Murray
Dit is God se wil dat elkeen van sy kinders met die Heilige Gees vervul sal word.
Geen Christen, geen gemeente en geen kerk kan lewe en werk soos God dit wil hê tensy hulle hierdie hemelse ervaring gehad het nie.
Hierdie seën is deur God self vir ons berei en tot beskikking van al sy kinders.
Daarom mag ons dit van harte glo en met die grootste vrymoedigheid verwag.
Daar is egter ‘n belangrike struikelblok op ons pad…

Die werk van die Heilige Gees geskryf deur dr Andrew Murray
DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES. Ná ‘n tyd van besondere geestelike herlewing gebeur dit dikwels dat gelowiges terugval in ‘n lewe van vrugtelose inspanning en droewige mislukkings. Hoe moet hierdie wisselvalligheid verklaar word? In sy bekende DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES wat weer ’n nuwe uitgawe beleef, bespreek dr. Andrew Murray hierdie probleem uitvoerig. Hy gee ‘n duidelike uiteensetting van die plek wat die Heilige Gees in die gelowige se lewe moet inneem. Hy verduidelik wat dit beteken om werklik met die Gees van God vervul te wees en wat dit prakties vir die kind van God inhou. DIE WERK VAN DIE HEILIGE GEES is ’n boek vir elke mens wat verlang na ware verdieping in sy geestelike lewe.






Die hartklop van God geskryf deur ds Andrew Murray
In Die hartklop van God verwoord Andrew Murray wat hy beskou as die basiese seën wat God die Vader deur Jesus Christus vir sy kinders gee en hoe dit in die krag van die Heilige Gees ‘n daaglikse werklikheid word. In hierdie jaardagboek kry ons ook ‘n beeld van Andrew Murray se hartklop van persoonlike toewyding en oorgawe aan die Here.
* Daar is niks wat ons nader aan God bring of ons dieper in sy liefde inlei as voorbidding nie. * Daar is niks wat ons die wese van God inniger laat ervaar as die krag waarmee on sons hart voor God oopmaak vir mense om ons nie. * Daar is niks wat ons inniger aan Christus kan verbind as die oorgawe waarmee ons die verlossingboodskap bring in die lewe van mense nie. * Daar is niks waarby ons die werk van die Heilige Gees met groter krag ervaar nie as deur gebed. * Daar is niks wat meer bydra tot die eenheid van die liggaam van Christus nie as die gemeenskap van gelowiges in volhardende gebed tot God om sy genade, ook vir dié wat nog in die duisternis is.



|