http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Annerkant die longdrop - Anoeschka von Meck Sy wag. Vir ‘n lift wat stadig genoeg verby kom . Vir die son om haar te ontvries. Vir die regte woorde. Vir die regte dag, dat haar kop kan inhaak. Vir hom. Sy soek. Sy reis deur drie selwe, drie susters wat saam op Stellenbosch studeer. Na ver lande: Suid-Amerika, Indië en Afrika. En na die verlede, daar waar ouma en oupa, ‘n sagte pa en wonderlike, aweregse ma, en haar eie kinderlewe, ‘n tyd vul wat nog heel was. Dis na die heelwording dat sy op pad terug is. Deur die narkotiese tonnel van die spuitnaald. Annerkant die dodelike drop. Waar hy haar kan vind. Wat ook Hy is. ‘n Ruie romanwat die eiesinnige koers inslaan van dsy treurige, snaakse oer-aardse priesteres van ‘n heldin.
|