|
Basil Stols se temas was altyd interessant en het wyd getref. Of hy nou 'n aangrypende liefdesverhaal vertel het of 'n polsende speurverhaal of ‘n spanningsverhaal was, Basil Stols het die kuns verstaan om sy lesers se aandag vas te vang en enduit te hou.
Hy het ook verskeie kortverhale vir tydskrifte asook vervolgverhale onder die name Leoni van Graan, Helene Groskopff en Naomi Weideman geskryf, terwyl van sy speurverhale ook deel van die KLUB 707 speurreeks is. Van die boeke was ook onlangs weer uitgegee. Hieronder is ‘n lys van Basil Stols se 20 boeke wat insluit:
- Bedrieg my nie, my beminde, 1975 - Basil Stols
- Die oortreders, 1979 - Basil Stols
- Die verwoester - Basil Stols
- Gevaarlik is jou hartstog,1979 - Basil Stols
- Kulspel van die hart,1992 - Basil Stols
- My seun sonder naam, 1967 - Basil Stols
- `n Bruid vir Skuilhoek, 1969 - Basil Stols
- Ook die naguil swyg, 1967 - Basil Stols
- So lank hierdie nag - Basil Stols
- Soek die donker man, 1967 - Basil Stols
- Twee dokters, 1967 - Basil Stols
- Vrees en die valsheid, 1978 (klub 707 speurverhaal) - Basil Stols
- Vrou van skande - Basil Stols
- Die leë wieg, 1980 - Basil Stols

Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Vrees en die valsheid Speurverhaal deur Basil Stols deel van die KLUB 707 speurreeks
Hy trek sy skoene uit, rol sy broekspype hoog op, strooi ‘n hele pak skuimvlokkies uit op die water en klim in die bad om die mat skoon te trap.
Sweet slaan op sy voorkop uit en loop langs sy slape af en steeds bly die donker kol duidelik sigbaar. Uiteindelik gee by moed op, laat die water uitloop en tap omtrent tien keer skoon spoelwater in. Aan die einde van sy poging is die kol steeds sigbaar.
Hy gaan haal dieselfde handdoek waarmee by vroeër die dolk gehanteer het in die kombuis, gaan na die studeerkamer en werk die volgende twee uur om alle tekens van bloed in die vertrek te verwyder.
Toe Lou Jurgens die lyk van ‘n aantreklike vrou in sy studeerkamer ontdek, is dit net die begin van ‘n nagmerrieondervinding wat elke oomblik ingewikkelder en gevaarliker word.
Basil Stols verstaan die kuns om sy leser se belangstelling enduit te behou.

Bedrieg my nie, my beminde verhaal deur Basil Stols voorblad van die nuutstste uitgawe

Voorblad van die eertste uitgawe in 1975 Bedrieg my nie, my beminde liefdes /spanningsverhaal deur Basil Stols
‘n Dreigende rewolusie in Suid-Amerika en ‘n aartreklike Boerenooi wat op ongewone en avontuurlike wyse daarby betrokke raak, vorm die interessante en spannende elemente van Basil Stols se aangrypende verhaal.
Vir Leandra Potgieter word haar verblyf in Suid-Amerika nie net ‘n blye weersiens van ou en geliefde vriende nie, maar ‘n angswekkende intrige waaruit sy nie weer kan ontsnap nie. As sy haar weer kom kry, is sy besig met ‘n gevaarlike dubbelspel — ‘n spel wat duisende mense se lewens in die weegskaal plaas.
Leandra gee haar trou aan hierdie mense en haar hart aan hulle blonde nasionale sokkerheld — Eduardo de la Covas. Saam beplan hulle, saam veg hulle vir die nuwe Argentinië. In sy sterk arms vergeet sy van haar beeldskone vriendin, Tia Melendez... Tia wat op sy liefde geregtig is. Vergeet sy dat die uur van rekening met elke hartklop onvermydelik nader kom.
‘n Liefdesverhaal vol aksie en spanning soos net Basil Stols dit kan vertel.


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

In So lank hierdie nag word 'n onskuldige man verdink van die moord op sy vrou en haar minnaar. Hy vlug in ‘n poging om sy onskuld te bewys, maar die polisienet trek onverbiddelik nouer om hom toe.


Die verwoester handel oor 'n aspirant skrywer wat terugkeer na die dorp van sy jeug. Intussen het alles hier verander. Hy en sy mooi vrou word vasgevang in 'n boosheid wat hulle kan vernietig.
Basil Stols sorg dat die spanning in albei verhale snaarstyf gespan bly.



Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Lees ook Drif (deur Lindeque de Beer saamgestel ) vir kort spookstories deur Basil Stols - "Man sonder hart"

Die leë wieg - Basil Stols 1980 uitgegee deur Fiësta films (Edms) Bpk
“Daar staan Simon se wieg nog steeds,” sê Hester de la Guerre, “die wieg van Mon Repos.” Ek sal my kamer aan hom en Naomi afgee sodra hulle getroud is.” Tertius en Fleur kyk gelyktydig na die wieg. Daar is afguns en woede in hul oë. “Vyf geslagte van die De la Guerre’s is in daardie wieg grootgemaak,” vervolg Hester. “Vyf Simons, sy erfgename van Mon Repos. Die volgende Simon sal dieselfde wees ...” Hulle kyk na die ouer vrou, en besef meteens geskok dat sy hulle doelbewus na hierdie vertrek met sy leë wieg gebring het.... met watter doel?


Die oortreders - Basil Stols
Lys van boeke in jaar van uitgawe:
- 1967 - My seun sonder naam - Basil Stols
- 1967 - Ook die naguil swyg - Basil Stols
- 1967 - Soek die donker man - Basil Stols
- 1967 - Twee dokters, - Basil Stols
- 1969 - `n Bruid vir Skuilhoek - Basil Stols
- 1975 - Bedrieg my nie, my beminde - Basil Stols
- 1978 - Vrees en die valsheid, (klub 707 speurverhaal) - Basil Stols
- 1979 - Die oortreders - Basil Stols
- 1979 - Gevaarlik is jou hartstog- Basil Stols
- 1980 - Die leë wieg, - Basil Stols
- 1992 - Kulspel van die hart- Basil Stols
- Die verwoester - Basil Stols
- So lank hierdie nag - Basil Stols
- Vrou van skande - Basil Stols



Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

|