http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die tienerboeke, die Bergarend-reeks, is deur deur Frieda de Villiers geskryf en sluit die volgende titels in:
Ander publikasies deur Frieda de Villiers sluit in:
Koop van haar boeke... Kliek hier
Bergarend in die vallei van die spinnekop - deur Frieda de Villiers
Moord in dennegeur - deur Frieda de Villiers Marthinus de Hart was een van die loseerders wat Ma ná Pa se dood moes inneem omdat my inkomste as distriksverpleegster nie genoeg was om die enorme ou erfhuis Dennegeur, in stand te hou nie. Die ander loseerders was die twee Schonkens, die Du Pont-egpaar en die beeldskone Valerie Stuart. Saam met die loseerders het daar egter iets onheiligs tussen die mure van die trotse ou Dennegeur ingekom. Geheimsinnige nagtelike besoekers het gekom en gegaan. En een aand het ek en Marthinus op ‘n spiritistiese séance in die Du Ponts se kamerstel afgekom, wat deur al die ander loseerders bygewoon is. Maar die ergste was Valerie se ooglopende pogings om Marthinus, aan wie ek toe reeds met hart en siel behoort het, met haar sjarme en sprankelende geaardheid vir haarself te probeer verower. En Marthinus het skynbaar nie koud gestaan teenoor haar attensies nie — veral nie nadat hy daardie aand op die séance ontdek het dat Valerie en die Du Ponts iets weet van sy broer, Conrad, wat reeds drie jaar gelede spoorloos verdwyn het nie. Van daardie oomblik af het my Marthinus net oë gehad vir Valerie, en ek was vaagweg daarvan bewus dat hy at dieper ingetrek word in ‘n onheilige komplot. En toe breek die aand van Du Pont se verjaardagpartytjie aan. Marthinus het my geheel en al geignoreer totdat ek later die aand — genadiglik — dringend na ‘n bevalling uitgeroep is. Maar toe ek in die vroeë oggendure terugkeer, was daar ‘n briefie van Marthinus wat sé dat hy dringend na Johannesburg moes gaan — en ‘n moord in Dennegeur. Al die getuienis het op Marthinus gedui. Maar ek het geweet, so seker as wat ek leef, dat my Marthinus nie ‘n moordenaar kan wees nie. Ek moes net die bewyse vir sy onskuld vind. Maar hoe? waar? as almal teen hom saamspan ...
Koop van Frieda de Villiers se boeke... Kliek hier Queen van die Overberg- deur Frieda de Villiers Jana, 'n eenvoudige togryer se dogter, wil nie haar lewe in die Overberg slyt nie maar die wêreld sien. Hoewel sy deernis het vir die rykmanseun Martienus, is sy nie verlief op hom nie. Met die stranding van die Queen, ontmoet sy die Australiese seeman Samuel. Dit verander haar lewe so ingrypend dat sy later ook aan haarself as "gestrand" dink. Tragiek besorg haar die insig om tog 'n gelukkige einde aan hierdie liefdesverhaal te bring. Die karakters is fiktief maar die stranding van die Australiese stoomskip, Queen of the Thames, by Ryspunt op 18 Maart 1871, berus op historiese gebeure.
Debora se dogter- deur Frieda de Villiers Twee en twintig jaar gelede het ‘n twee en twintigjarige verpleegster, Debora Cronjé, die wildplaas van die Du Préz’s, Fleur de Lis, besoek. Sy het by haar ouer broer, Hans, jarelange voorman op Fleur de Lis, gaan kuier. Al twee die Du Préz-broers het tot oor hulle ore toe op haar verlief geraak en dit het groot onmin in die familie veroorsaak. Boonop was die een broer, Herc, reeds ‘n getroude man. Dobora was egter nie goed genoeg vir die ander broer, Marius, nie, want om met ‘n Du Préz te kon trou, moes ‘n meisie skatryk wees en uit ‘n baie gesiene familie kom. Dobora beland op ‘n onverklaarbare wyse in die leeuhok en kom op ‘n grusame manier aan haar einde. Geen gemene spel word vermoed nie, en die polisiedossier oor die saak word gesluit. Dobora was van toe af ‘n verbode onderwerp op Fleur de Lis,.. totdat ‘n’familielid van Hans Cronjé skielik vir hom kom kuier. . . en sy op ‘n druppel water soos Dobora lyk! Fleur so koms jaag al die ou spoke uit die verlede op on ‘n paar van die trotse Du Préz’s slaap snags skielik baie onrustig... Debora se dogter sorg vir volgehoue, boeiende leesgenot en Frieda de Villiers bewys net weer eens dat sy ‘n storie kan vertel!
Roosmaryn en katjiepiering - deur Frieda de Villiers Janetta Pinard was in diens van die goewerneur van die Kaap die Goeie Hoop sodat hy haar kon ,,verkoop’ aan die ryk jong boer van Berg-en-DaI in ruil vir geldelike hulp met die aanlê van sy nuwe plaas. Maar háár hart het behoort aan die onbekende, gemaskerde swaardvegter wat haar met sy swaard gewen het toe hy en die kaptein Wells om haar hand geveg het. Maar die gemaskerde man kon haar nie dadelik as prys opeis nie omdat hy eers al die onreg wat die goewerneur andere aan die Kaap aangedoen het, ongedaan wou maak. En om Janetta te kon sien, moes hy dit tot in dit Kasteel waag, waar elke wag op hom gelê en wag het. Tot die dag toe hy gehoor het dat Janetta op die goewerneur se instruksies aan die galg sou sterf tensy hy homself uitlewer. Hy was manmoedig genoeg om homself uit te lewer, maar nadat die deur van die kerker agter hom toegeklap het, het hy gehoor dat dit ‘n leuen was... net om hom in die hande te kry. ‘n Boek uit die romantiese tydperk in ons vroeë geskiedenis met al die swier, intrige en blitsige swaardkuns wat ‘n kenmerk van daardie tydperk was ...
Lees ook die Buiter-reeks van Gerrie Radlof Lees ook verhale van die ou Kaap deur Elmar Steyn Lees ook verhale van die ou Kaap Ena Murray
Koop van Frieda de Villiers se boeke... Kliek hier
Lees ook Leon van Nierop (boeke ook vervolgverhale gewees) Lees ook Dricky Beukes (boek as vervolgverhaal op radio gewees)
Wie die wind saai - deur Frieda de Villiers Mart Marais se pa, Dave, bel haar tien dae voor sy noodlottige ongeluk op sy plaas, Maanlig, om haar te vertel dat sy die plaas en indien by iets sou oorkom. Sy droom dat iemand hom by die waterval afstamp, en sy is oortuig sy dood was nie ‘n ongeluk nie. Sy woon die begrafnis by, waar ‘n ou liefde, Brink Retief, haar inlig dat haar pa voor sy dood ‘n psigiater gaan spreek het. Sy veneem ook van Monique, haar pa se wulpse tweede jong vrou, dat daar ‘n testament is wat bepaal dat sy die plaas erf en nie Mart nie. En kort voor lank bevestig die prokureur se klerk dat hy vermoed daar is met die testament gekonkel. Dan ontvang ‘n paar mense ‘n naamlose telefoonoproep van ‘n manstem wat sê: “Wie die wind saai, sal die stormwind maai .“ En diegene wat hom goed geken het, weet dit is ‘n stem uit die graf, die stem van Dave Marais ... Wie die wind saai is’n romantiese spanningsverhaal.
Die boskraai roep - deur Frieda de Villiers
Die kermis-komper - deur Frieda de Villiers Vir Zoon Ahiers, die jarelange hekwagter by ‘n plofstoffabriek, is die kinders van die fabriekswerkers soos sy eie. Hy sien alles raak en wéet van die wedywering tussen Peet en Paul om die eerste plek in die naderende Wiskundeolimpiade. Hy merk dat Joggie, die voetbalheld en vriend van Paul, besig is met iets verdags. Peet gedra hom ook vreemd en hy raak bekommerd. Wanneer die ambisieuse hóofbestuurder van die konsortium fabrieke op besoek aan die plaaslike fabriek kom, raak. die atmosfeer gespanne. Die hoofbestuurder beplan die installeering van ‘n kompe wat ‘n hele aantal werkers sal vervang. Hierin het hy die hulp van Peet se pa, die werksvoorman, nodig. Hy weier omdat dit werkloosheid sal meebring. Sy weiering kan sy eie ontslag beteken en ook die toekoms van die skrander Peet belemmer. In die lig van die groot krisis waarin hulle ouers verkeer, word die kleiner probleme tussen die kinders opgelos. Die kinders neemsake in hulle hande. Die komper moet gekeer word. Dorette, die mooi dogter van die bestuurder, en haar vindingryke maat, Janie, vat die voortou. Hulle betrek al die kinders en bedink ‘n plan. Daar is probleme en hulle hoop word gevestig op Janie en Peet se kanse in die kermiskompetisie. Zoon help hulle en leer in die proses vir Joggle die reëls van die grootstespel - ‘n lewe waar eerlikheid, opregtheid en persoonlike integriteit die belangrikste reëls is.
|