http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
In Bertand Retief se boeke word daar nie ‘n denkbeeldige tipe wapen geskiet nie. Die skrywer ken die militêre lewe op die punte van sy vingers. Hy was lid van die kommando en sedertien het hy nog altyd kontak met die jongste ontwikkelings op millitêre gebied gehou. Indien hy sy lewe van vooraf kom begin, sê hy, sou hy sekerlik ‘n militêre loopbaan gevolg het. Bertrand R Retief is in 1936 in die destydse Njassaland gebore en hy het sy skoolloopbaan in Umtata in die Transkei, ontvang. Dit is hier waar hy die Wildekus leer ken het. In die 1960’s het hy hom in Engeland bevind waar hy vir meer as vier jaar lank die Suid-Afrikaanse Toerisme Korporasie verteenwoordig het. Hy is getroud met Naudeen du Toit en die egpaar het drie kinders. Bertrand Retief het sy debuut as skrywer in 1964 gemaak met sy jeugboek “Drietal langs die Okavango” wat later deur “Drietal langs die Wildekus” en “Drietal in die Kalahari” opgevolg was. Hy het ook sotries oor die grensoorlog geskryf soos onder andere Tweede prys is ‘n houtjas. Hy is ook bekens ad draaiboekskrywer, en was onder meer die regisseur en draaiboekeskrywer van die films Mirage Eskader en Ses soldate. Hy het ook in verskeie produksies saam met Paul C. Venter gewerk.
B R Retief - skrywer van die jeugreeks :Drietal
Lees meer oor die Drietal-reeks Kliek hier om meer te lees van al sy boeke wat hy geskryf het Lees meer oor Drietal langs die wildekus
Kliek hier vir ‘n lys van boeke deur Bertrand Retief
|