|
Bertrand Retief het boeke oor die grensoorlog en grensstories geskryf - selfs in ligterluim ook. Hier volg ‘n lys van boeke deur Bertrand Retief geskryf:



Drietal langs die wildekus - Bertrand Retief Lees meer oor die Drietal reeks
Stofpaaie, geweergeknetter, barre klowe en handgranate. Dit is die storie van kaptein Verster, Christo en Kobus, op soek na die geheim van die wildekus.
Daar het kort-kort n duikboot by die Transkeise kus opgedaag wat wapens afIaai om êrens na die binneland vervoer te word. Sake was beslis nie in die haak nie.
‘n Vooraanstiande Xhosa van die Transkei kan aan die polisie vertel waar die wapens vandaan kom. Maar waar dit heengaan, is nog ‘n geheim. Wanneer gaan die saboteurs toeslaan en is daar nog tyd om hulle planne te fnuik?
Dit is net manne van staal wat vertrou sal kan word op die gevaarlike sending om hierdie geheime te onthul en indien nodig self op te tree. So ‘n man is kaptein Verster, wat die vernuf het om te uitoorlê en die durf om tot in die hoofkwartier deur te dring. En aan sy sy is die twee boesemvriende Christo van Greunen en Kobus Roux, manne met ewe veel durf en ‘n humorsin wat hulle selfs in die grootste gevaar nie in die steek laat nie.

Half boom, half mens deur Bertrand Retief
Onder die groot ou kiaatboom in die middel van die mahango-Iandjie het Kallie op sy linkersy gelê, met sy linkerbeen onder en dit wat oor was van sy regterbeen bo-oor. Die klein anti-personeelmyntjie het alles weggevat tot net onder sy knie. Dit was die lelikste iets wat die korporaal ooit gesien het.
In die Dakota het die kolonel die jong man se blou-wit gesig dopgehou. Hy’t sy lippe sien beweeg. Die motore het gedreun en hy het afgebuig om beter te hoor. Hy kon die woorde net-net uitmaak: “Ons het altyd so lekker saamgedans.
Soos in sy vorige bundel grensverhale, Tweede prys is ‘n houtjas, bring Bertrand Retief met hierdie agtiental grensstories weer die voortslepende bosoorlog in die noorde van Suidwes tot binne-in ons huise. Al die stories is gegrond op werklike gebeurtenisse. Daar is dramaties-realistiese weergawes van spanningsvolle ondernemings, maar ook humoristiese stories oor rare voorvalle wat ‘n mens nooit aan die grens sou verwag nie.
Die skrywer vertel van stemmingsvolle en rou oomblikke, maar skets ook die klein storietjies in die lewe van ‘n gewone soldaat: sy verlange, sy stryd teen vrees en moeg, die kameraadskap van ‘n vriend wanneer dit saak maak. En in al die stories staan verhoudinge sentraal: verhoudinge tussen range, tussen soldate en hul families, tussen moediges en halfhartiges, tussen wit en swart.
In Half boom, half mens bewys Bertrand Retief weer sy natuurlike vertellertalent met stories ult ons tyd, in die taal van gewone troepies, oor ‘n oorlog wat niemand koud laat nie.


Tweede prys is ´n houtjas grensstories uit Wamboland Bertrand Retief
Hy’s negentien. Pas terug van die grens. Hy’s nog lief vir sy pa en ma en sussies. Sy ma sê hy maak nog die yskas leeg met net een probeerslag, en hy wil nog nie vir haar sê watter een van die meisies nou eintlik die een is nie. Hy leen nog sy pa se hemde, en sy ma se motor. Stefaan is nog Stefaan.
En tog ook nie. Hy het té veel dinge gesien daar bo. Die boslewe het hom bale dinge geleer, maar veral één: ‘As jy oorlog maak, maak jy oorlog. Jy poer-poer nie, Daar’s net eerste prys op die grens. Tweede prys is ‘n houtjas.”
Tweedeprys is ‘n houtjas is ‘n versameling vertellings, gegrond op die werklikheid, oor die grenslewe in Wamboland waar duisende jong manne soos Stefaan jaarliks hul lewe waag vir ons veiligheid. Self Burgermagoffisier wat grensdiens ken, vertel Bertrand Retief van die swaar en die lekker van soldaat-wees in die verre noorde van Suidwes. Hy probeer nie die grensstryd letterkundig tooi nie, hy vertel in die taal van die gewone “troepie” van die lewe in die bos —van die stof en die hitte en die sweet, van die moeg en die vrees en die moed, van die lewe en, alte dikwels, die dood, die ‘‘houtjas”. Hy bring die oorlogsgevoel en die werklikhede van die stryd so ‘n bietjie nader aan die grensmanne se mense tuis; hulle wat altyd maar wonder, en wag.
Tweede prys is ‘n houtjas is ‘n bundel komiese en tragiese vertellings wat min mense onbetrokke sal laat; daárvoor duur die stryd al té lank en het té veel jong manne al die vragvliegtuie moes bestyg — Noorde toe.

Lees ook Johan Coetzee se boek “Verby die wit brug”

Lees meer oor die Drietal reeks

Lees ook meer van grensstories deur Pieter Pieterse
Lees ook Boeke deur C.F. Beyers-Boshoff



|