|
Bollie-Blaps se boekreeks is geskryf deur Frank Muir en illustrasies is deur Joseph Wright behartig. Die reeks sluit in :

Bollie-Blaps in die winter geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright
Wie is Kersfees? Kry soet hondjies ook geskenke? Mag ‘n hondjie vra wat hy wil hę vir Kersfees? Bollie-Blaps, bobaasbrak, wonder oor al hierdie dinge en begin toe ‘n lysie vir Kersvader opstel :
- hondelekkers vir sy ma
- ‘n mandjie wat na lewer ruik
- ‘n yslike beesstert
- ‘n plantjie waarvan die buurkat sal hou sodat die nare dierasie skoon jaloers sal wees omdat sy nie ook een het nie.
Bollie-Blaps se lys word so lank dat hy van uitputting aan die slaap val.

Bollie-Blaps gaan skool toe geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright

Bollie-Blaps in die lente geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright

Bollie-Blaps se middagkoffie geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright
Bollie-Blaps moet vir sy straf alleen tuis bly. Sy middagkoffie word ewe ordentlik vir hom uitgesit. Natuurlik is daar teen koffietyd nie meer ‘n krieseltjie kos in sy bak nie en begin die hongerige hondjie alweer soek na kos...
BOLLIE-BLAPS die deurmekaar-hondjie is terug geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright
Die boekie volg op die heerlike vorige Bollie Blaps in die herfs en die illustrasies is ewe goed en dus ewe gewild onder kleintjies.

BOLLIE-BLAPS se ontbyt geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright
Bollie-Blaps, daardie beminlike klein ingeluksvoël, word alleen agtergelaat by sy mense se huis, sy ontbyt netjies uitgesit. Maar wat wou, voor die motor nog by die hek uit is, het die rakker alles opgeslurp en is hy klaar weer honger...

BOLLIE-BLAPS se aandete geskryf deur Frank Muir illustrasies deur Joseph Wright
Bollie-Blaps, daardie onversadigbare brak, wat eintlik ‘n raserige dier is, word alleen by die huis gelaat, sy aandete mooi in sy bak. Natuurlik wag die klein vraat nie tot etenstyd nie ...
|