http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Braam le Roux sal veral onthou word vir die skryf van sommige van die Swart Luiperd boeke. Uit sy pen het ook boeke asook ander reekse gevloei soos S.A. Polisie en Swerwer -reeks. Braam le Roux se lys van boeke sluit in :
Fiskale van Zimbabwe Die bobbejaangeroep kom van alle kante. Dit klink skel en laat die hele omgewing daarvan weergalm. Maar daardie ander gil? Dit is eintlik dit wat my dubbel haastig na bo laat klouter. Ek hoor nouliks die aanstormende voetgeklap uit die grot hier agrer my. Vaagweg dink ek dat dit maar seker die aanvaller is wat ek katswink geslaan het en wat nou weer bygekom het. Weer deurklief daardie gil die nagstilte. Dit is angswekkend en verraai die ontsettende vrees waarin die persoon verkeer. Dit is die stem van ‘n vrou. In ‘n oogwenk is my gedagtes by Elna. Ek is bo-uit. Agter my hoor ek ‘n blafgeluid en dan kom daardie afgryslike kop van ‘n bobbejaanman te voorskyn. Voor my is die aanstormende voetegeklap steeds nader. Ek weet dit is die bobbejaanmanne wat na hierdie opening storm ... Braam le Roux span die spanning snaarstyf in hierdie aksiebelaaide riller wat afspeel teen die spookagtige ruinnes van Zimbabwe .
Die geheim van Njabela Hierdie verhaal is gebaseer op die geskiedenis van die Amandbele stam in Oos-Transvaal (deesdae Mpumalanga). Hul reënfeeste word nog jaarliks op die kruine van die Bothasberge gehou. Gedurende die feestye waag geen vreemde stam hulle in die nabyheid nie en sells die blankes in die omgewing is baie lugtig om die feesterrein te besoek. Die sogenaamde stat van Njabela is op ‘n koppie in die voue van die Bothasberge gebou. Volkekundiges meen dat die klipmurasies oorblyfsels is van ‘n hoër kultuur, miskien, opgerig deur dieselfde volk wat die Zimbabwe-ruines gebou het. Die terrein waar die verhaal afspeel, is dus in alle besonderhede waar geteken, maar die inhoud is andersins blote versinsel. Die name van die karakters in die boek is denkbeeldig en het geen verband met lewende persone nie. Inhoud:
Haat dan die mens Hierdie verhaal word afgespeel op een van die groot eilande êrens in een van die groot riviere van suidelike Afrika. Die mense van die eiland wat hierdie verhaal lees, sal alleen weet watter rivier bedoel word. Die ander lesers sal nie weet nie en behoort ook nie te weet nie. Die boek word opgedra aan die eksentrieke ou oom van die eiland, van wie ek ‘n verhaal verneem het en waarop hierdie boek gebaseer is
|