http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Breyten Breytenbach is gebore op 16 September 1939 in Bonnievale in (Wes Kaap) ongeveer 100km van Kaap Agulhas. Hy matrikuleer by die Hoërskool Hugenoot in 1957 en studeer Kunste aan die Universiteit van Kaapstad. Hier word hy ‘n toegewyde opponent teen die apartheidbeleid. Om die rede verlaat hy ook in die vroeë 1960’s Suid-Afrika en verstig hom in Parys. Hy ontmoet toe ‘n Franse meisie van Vietnamese afkoms, Yolande Ngo Thi Hoang Lien, en trou later met haar. A.g.v. die Wet van Gemengde huwelike van 1949, word hy dan verbied om weer Suid-Afrika te besoek. In Frankryk is hy die atigterslid van die Okhela weerstandsbeweging wat hulle wedywer om teen apatheid te veg. Tydens sy onwettige besoek aan Suid-Afrika in 1975, word hy verraai en gearresteer. Hy kry sewe jaar tronkstraf vir Hoogverraad. In sy boek “he True Confessions of an Albino Terrorist ‘ beskryf hy gedeelte van sy dae in die tronk. Na grootskaalse Internasionale ingryping, word hy in 1982 vrygelaat, waarna hy terugkeer na Frankryk en ook later bugerskap verkry. Huidiglik is hy betrokke as dosent by drie universiteite, naamlik die universiteit van Kaapstad, Sedert 2000 ‘n besoekende professor, die Goreé Institute in Dakar (Senegal) en in Amerika by die New York universiteit waar hy betrokke is by die kreatiewe skryfprogram. Sy werke sluit in verskeie bundels poësie, verhale en stories. Daar is ook verskeie van sy werke vertaal, van Afrikaans na Engels en Engels na Afrikaans. Hy is ook ‘n verf kunstenaar en het sy skikderye al in verskeie lande uitgestal, o.a in Hong Kong, Amsterdam, Stockholm, Parys, Brussels, Edinburgh, New York en Kaapstad. Sy werke vertoon talle male mens figure en diere in aanhouding Breyten Breytenbach is die broer van Kol Jan Breytenbach, die stigter van die Suid-Afrikaanse spesiale magte-eenheid en Cloete Breytenbach, ‘n gerespekteerde oorlog korrespondent. Lys van Breyten Brytenbach se werke:
Kliek hier vir ‘n boeklys van Breyten Breytenbach
|