http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Breyten Breytenbach is ook van die skrywers wat bekend staan as die Sestigers. Sy lys van boeke en drama’s en gedigte sluit onder andere in:
Die huis van die dowe In die huis van die dowe is die blinde koning
Lees ook boeke deur nog ‘n Sestiger - André P. Brink
Boklied
Om te vlieg
Woordwerk ‘n Handvol vere
Die beginsel van stof Breyten Breytenbach se nuwe bundel is in ’n sekere sin ’n terugskouing op die lewe en die digkuns van die digter en het sterk outobiografiese elemente. Die tema van verganklikheid en oud-word loop sentraal, en daarmee saam die wisseling van plek en landskap. Die deernis en empatie met die mens en sy vreemde lewensverlope is aangrypend. Nog selde by hierdie digter het die landskap so ’n primêre en so ’n verhelderende rol gespeel as in hierdie bundel.
Ysterkoei-Blues Hierdie eerste Versamelbundel van Breyten Breytenbach se werk sluit in alle digbundels en ongepubliseerde verse tot net voor sy gevangenskap vir sy betrokkenheid by anti-apartheid aktiwiteite in die sewentigerjare, sowel as die bundel prosagedigte Katastrofes. Die bundels is: Die ysterkoei moet sweet (1964) Katastrofes (1964) Die huis van die dowe (1967) Kouevuur (1969) Lotus (1970) Oorblyfsels uit ’n pelgrim se verse na die tydelike (1970) Skryt. om ’n sinkende skip blou te verf (1972) Met ander woorde / Vrugte van die droom van stilte (1973) Plakboek (het in 1994 verskyn, maar die gedigte dateer uit 1975) ’n Seisoen in die paradys – die gedigte daarin (1976, maar voor 1975 geskryf)
|