http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Christine le roux alias Eleanor Baker

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

.Christine le Roux

Haar lys van boeke sluit in:

  1. Bewys van liefde - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  2. Bitter hartstog, 1996
  3. Bosnimf, 1998
  4. Deel van die pakket, 1993 geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  5. Diana - verwarde liefde, 1996 geskryf as Chritine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  6. Die blou uur - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  7. Die glasappel, 1997 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  8. Die groen maan, 1995.
  9. Die honger hart, 1995
  10. Die lente kom weer, 1982
  11. Die ontbrekende helfte, 1995
  12. Geskenk uit die hemel
  13. Kosbaar soos die lewe, 1981
  14. Liefdesvallei, 1995
  15. Liefde uit die stormnag, 1993 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  16. Liewe onskuld, 1997.
  17. ‘n Hele nuwe mens
  18. ‘n Kwessie van tegniek
  19. ‘n Vonk van liefde, 1992.
  20. n Velige hawe, 1980
  21. ‘n Wêreld sonder hom, 1995 - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)
  22. Om lief te hê,
  23. Skynglans van geluk, 1981
  24. Teësinnige erfgenaam
  25. Tot in ewigheid (Tydskrifverhaal)
  26. Tweede beste
  27. Uitdraai na Ukhuthula (Tydskrifverhaal)             koop 'n boek 4
  28. Verborge liefde, 1997.
  29. Verskuilde liefde, 1996.
  30. Verlore dekade - geskryf as Christine le Roux (skuilnaam van Eleanor Baker)

Liefde uit die stormnag - Christine le roux

.

 

koop 'n boek 4

 

 

 

christineleroux-die ontbrekende helfte  chritineleroux-ontbrekebehelfde

Die ontbrekende helfte - 1991
uitgegee asook die grootdruk uitgawe wat 1995 /2006 deur LAPA uitgegee was en geskryf deur Christine le Roux

“Ek is lief vir jou, Yvette. Niks kan dit verander nie. Ek het nooiit daaraan gedink dat ons.... samesyn kon lei tot die verwekking van - “

“Hou op!” waarsku sy, haar stem hoog.

“Al wat ek as verweer kan aanbied, is dat ek jou met soveel intensitiet liefgehad het dat ek blind en doof was vir die praktiese aspekte.”

Christine le Roux skryf ‘n sensitiewe verhaal oor twee mense wie se liefde op ‘n vreemde kontinent begin. Deur ‘n ou, intieme ritueeltjie en in ‘n rasegte Suid-Afrikaanse spinnekop se teenwoordigheid, herken die ontbrekende helftes mekaar op eie bodem...

 

koop 'n boek 4

Bo

Christine le Roux-nveiligehawe

‘n Veilige hawe deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Madelein en Johan, goeie ou Johan, gaan al drie jaar lank saam uit toe Madelein uit verveling eendag besluit om ‘n naweek in Durban te gaan deurbring. Daar ontmoet sy die ouer, aantreklike Colin Viljoen. Maar ... een aand op ‘n uitstappie word hulle in die donker aangeval. Na haar ontslag uit die hospitaal, probeer sy vergeefs met Colin in aanraking kom. Sy sien hom nie weer nie - tot veertien dae voor haar troue .. en toe weer tydens haar wittebroodsreis ....

Sy verskyning laat die poppe behoorlik dans en krap almal se sake goed deurmekaar. ’n Veilige hawe” was Christine le Roux se eerstelingverhaal.

 

koop 'n boek 4

Bo

Christine le Roux-diana verwarde liefde

Diana - verwarde liefde van Christine le Roux het in 1996 die erste keer verskyn.

“Eendag gaan jy die regte man ontmoet.”

Nicky kan maar net sug, ‘n grap onderdruk en dink : miskien.

Wie is hierdie man in elk geval om vir haar oor liefde te preek? Hy leef soos ‘n priester en hy beweer siy is onvolwasse en dat sy dom dinge aanvang...

En hy sal nooit van haar hou as sy aanhoudend soos ‘n histeriese tiener uitbars nie. Maar sy kan dit nie help nie. Hy maak haar irrassioneel. Andrew, haar voog, die man wat binnekort van haar ontslae sal wees wanneer sy mondig word...

 

koop 'n boek 4

Bo

 

christineleroux-bitterhartstog

Bitter hartstog - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Hy buk oor haar, tel haar vinger op en bekyk die punt. “My ma het altyd gesê jy lek dit sommer skoon,” sê hy en voor sy hom kan keer, sit hy die vingerpunt in sy mond en suig liggies daaraan.

Sy voel heeltemal duiselig. Haar bene word lam, ‘n vreemde warmte brand deur haar lyf, maar sy ruk nie haar vinger weg soos haar verstand vir haar sê nie.

Sy kyk net na hom met gesperde oë. Dit voel asof sy uit die stoel oprys, asof sy haar hele liggan en siel wil oorgee aan daardie mond.

“Mm,” sê hy en los haar hand. “Jy smaak na komkommer.”

 

koop 'n boek 4

Bo

christineleroux-liefdesappel

Liedesvallei - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Sy staan onder die waterval, haar hande uitgestrek bo haar kop, haar oë toe. Sy staan op haar tone. Hy sien haar lang spiere wat uitgestrek afgeteken staan, van haar enkels tot bo by haar dye. Dit lyk of sy van marmer gemaak is, gladde, ligbruin marmer, gepoleer en volmaak. Sy keel is droon en hy sluk swaar.
Ordentlikheid vereis dat hy omdraai en weggaan, maar hy kan dit nie doen nie. Hy kan sy oë nie van die toneel voor hom wegskeur nie. Die plat, ferm maag, die ronde borste, opgelig en sag, die lang nek agteroorgetrek, haar profiel, en die nat donker hare - deel van die water wat oor haar rug stroom. Wanneer sy in die water induik, roer iets in hom en hy weet:
niks sal ooit weer dieselfde wees nie....

 

koop 'n boek 4

Bo

christineleroux-verborge liefde

Verborge liefde- Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Dit sou slegs ‘n huwelik in naam wees, het Roland Meyer haar verseker en vir Victoria was dié ooreenkoms die ideale uitweg. Na al haar teleurstellings, kon sy haar nie ‘n beter reëling voorstel nie.

Maar kitsoplossings kan ‘n mens osms duur te staan kom en die liefde laat hom nie bind deur kontrakte nie. Dit sou Roland en Victoria weldra uitvind...

 

koop 'n boek 4

Bo

christineleroux-die honger hart

Die honger hart deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Julia Naudé wil niks meer weet van mans nie. Nadat haar verloofde haar verkul en teleurgestel het, begin sy ‘n nuwe lewe - ‘n lewe waar sy op haarself staatmaak, waar alles onder beheer en beplan is; ‘n lewe sonder omwentelinge en herries, ‘n lewe sonder mans ...

Maar dan word daar onberispelike bestaan heeltemal ontwrig deur haar peetpa, oom Septimus, se testament. Hy bemaak die helfde van sy plaas, Ouderus, aan haar, en die ander helfde aan André Malan, die plaasbestuurder. Daar is egter ‘n uiter onortodokse voorwaarde aan die erflating gekoppel; sy en André moet trou en vir ‘n jaar lank saam op die plaas bly....

Weereens trek mans die toutjies in Julia se lewe. Die honger hart deur Christine le Roux is ‘n liefdesverhaal wat die leser enduit sal boei.

 

koop 'n boek 4

Bo


christineleroux-verskuildeliefde

Verskuilde liefde - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Dokter Edmund Wiese kom na twee jaar in Amerika weer terug na Suid-Afrika en na sy praktyk as pediater. Hy is egter vol gemengde gevoelens - daar is blydskap om terug te wees, maar ook hartseer omdat sy jonger broer nie meer daar is nie.

Uit pligsgevoel gaan besoek hy sy skoonsuster en moet tot sy skok en verbasing uitvind dat sy in omstandighede leef waarvan nie een van hulle bewus was nie.

Verskuilde liefde deur Christine le Roux is ‘n verhaal vol begrip en deernis oor mense se behoeftes en beperkings, trots en lojalitiet.

 

koop 'n boek 4

Bo

christineleroux-die glasappel

Die glasappel - geskryf as Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

‘n Hele rits mooi meisies was al aan suksesvolle argitek Theo Senekal se sy. En nie een van hulle het hom al so kwaad gemaak en geirriteer soos die vreemde meisie wat nou in sy lewe ingestap het nie. ‘n Eksentrieke meisie wat sy geboue kritiseer en verstrooid na hom as ‘n messelaar verwys. Wat ongenooid ‘n nag op sy rusbank kom slaap en hom ‘n glasappel gee as dankie-sê geskenk. Wat hom heeltemal deurmekaar maak met haar anderse kyk op dinge.

 Die glasappel is ‘n heerlike roman waarin humor en eksentrieke sjarmant verweef is. En waar ons vir ‘n verandering na die liefde deur die man se oë kyk.

“Dit het alles met die appel begin”

 

 

koop 'n boek 4

Bo

christineleroux-die lente kom weert

Die lente kom weer - Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

 

christineleroux-skynglansvangeluk

Skynglans van geluk - geskryf deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

 

koop 'n boek 4

Bo

 

christineleroux-kosbaarsoosdielewe

Kosbaar soos die lewe - geskryf deur Christine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Senutergende dinge het met Elizabeth gebeur nadat sy dokter Richard Nel se huishoudster en oppasser van sy seuntjie Fransie geword het - die klein rakker wat die ander applikante met kluite gegooi en haar ernstig vertel het van sy monster, Bees, met wie hy speel.

Toe sy na haar onderhoud met dokter Nel teruggery het na haar woonstel toe, het sy ‘n handjie op haar skouer gevoel, en dit was Fransie wat ewe kordaat sommer agter in haar motor igeklim het.

Elizabeth het ‘n verhouding met haar werkgewer gehad, maar dinge het verkeerd geloop, en daarom het sy by dokter Nel gaan werk, maar Richard Nel was ‘n moeilike man.

Richard het siek geword en sy het hom verpleeg, en toe het Marie Swart, die meisie wat hy vroeër gehad het, onverwags daar opgedaag, en tot oormaat van ramp het Fransie verdwyn, en sy hondjie Wollie het verlate op die stoep getjank...

 

koop 'n boek 4

Bo

 

christineleroux-teesinnige efrgenaam-

Teësinnige erfgenaam - Chritine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Melissa van Eeden is agt en twintig jaar oud, maar sy het nog nooit in ‘n restaurant geëet of ‘n rolprent gesien nie. Sy het vasgekeer grootgeword saam met ‘n verbitterde, hartvogtige, ou vrou. Die vrou was haar ma wat haar nooit vertel het van haar pa nie. Hy is dood, het sy gesê. Haar ma het haar geleer om nie mooi te lyk nie, want dit skep onrealistiese verwagtinge by mans. Melissa het grootgeword teen die droë bors van ‘n ontgogelde vrou.

Toe sterf die vrou. Melissa is alleen met ‘n wêreld om haar wat sy nog nie toegelaat is om te ontdek nie. Uit hierdie wêreld kom daar ‘n oproep van ‘n vreemde man wat haar meedeel dat sy die erfgenaam van ‘n skatryk man is. Die skatryk man is haar pa. Met soveel geld en haar nuwe vryheid lê die wêreld vir Melissa oop, maar die jare van afgesonderde bestaan het haar van haar lewenslus en ondernemingsgees ontneem.

Maar dan is daar Chris, die prokureur, wat aangestel is as haar trustee. Hy moet vie een jaar na haar saka omsien. Gedurende hierdie jaar besef hy dat hy na meer wil omsien as net haar sake - geldsake. Terwyl Melissa uit die dop van haar papiebestaan kruip, besef Chris dat hy hiedie skoenlapper meisie deel van sy lewe wil maak - dat hy haar wil koester. Melissa glo egter dat Chris aan Alicia, sy vaste meisie, behoort, en daarby is daar baie ander mans wat haar wil uitneem en wil bederf. Sy is te naief vir Chris, dink sy. Haar wêreld is ligjare verwyderd van syne.

 

 

koop 'n boek 4

Bo

 

deel van die pakket -Christine le Roux gr  n wereld sonder home christine le roux- eleanor baker

 

christineleroux-Verlore dekade

Verlore dekade - Chritine le Roux (Alias vir Eleanor Baker)

Alexandra Nel het weggestap van die man af vir wie sy liewer as die lewe self was; die helfte wat haar heel gemaak het; die man aan wie sy behoort het — en wát hare was, Sy moes. Daar was té veel hartstog, té veel passie. Soos ‘n slang wat hom van sy stert af begin opvreet, het hulle hulleself en mekaar vernietig.

Tien jaar lank het sy aan ‘n rotsvaste skans gebou om die leegheid, die pyn uit te hou. Maar dan gooi die lewe hulle weer met ‘n sweepslag saam en haar skuilplek word ‘n kaartehuis, wat begin tuimel.

Verlore dekade vertel ‘n verhaal wat ruk: nie net oor die roekeloosheid van jonkwees nie, maar ook oor hoe diep die draadheinings wat ‘n mens span om ander uit te hou, jouself kan kerf. Christine le Roux span hiermee ‘n manjifleke kroon op haar reputasie as een van ons heel beste skrywers.

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Omnibusse

Christine le Roux omnibus 1

Omnibus 1

  • Die honger hart
  • Deel van die pakket
  • Verskuilde liefde

 

Christine le Roux omnibus 7

Omnibus 7

  • Geskenk uit die hemel
  • Die lente kom weer
  • Kosbaar soos die lewe

 

Lees ook van Eleanor Baker se speurverhale. Sy het die speurverhale van Adriaan Kruger onder die skuilnaam van Alex Muller geskryf

 

  1. Bloedbande, 2000
  2. Die rooi angelier, 1999
  3. Die 5 susters, 1998.
  4. Drie Misdade in ‘n knoop, 2001
  5. Hotel Bergsig, 2002.

 

mulleralex-drie susters -adriaan krugerspeurverhaal   mulleralex-die rooi angelier -adriaan krugerspeurverhaal 

Die Vyf susters en Die rooi angelier albei geskryf deur Alex Muller is deel van die Adriaan Kruger speurreeks

Die skrywer Alex Muller, is ‘n alias van Eleanor Baker

 mulleralex-Drie misdade in n knoop-derde Adriaan Kruer speurverhaal

Drie misdade in ‘n knoop is ‘n boeiende spanningsverhaal deur die gewilde skrywer Alex Muller en die derde in die reeks

 

koop 'n boek 4

Bo

 

Klik hier vir ‘n beknopte biografie van Eleanor Baker

 

koop 'n boek 4

Bo

 

koop 'n boek 4

Bo