|
C.S. Badenhorst ken kinders - net soos Topsy Smith (Trompie en Saartjie- faam) en Hester Heese was sy self onderwyseres - en daarom is dit nie verbasend om te weet dat haar boeke deur kinders geniet word nie. Sy is ook vir verskeie van haar boeke beloon met pryse. Haar lys van boeke sluit in:
- Beeldjie nommer 4 (1978) - C.S. Badenhorst
- By die dam (1972) - C.S. Badenhorst
- Die Bangbroek (1982) - C.S. Badenhorst
- Die eerste prys (1961) - C.S. Badenhorst
- Die geleende jaar (1980) - C.S. Badenhorst
- Die kodeboodskap (1980) - C.S. Badenhorst
- Die laaste vanggat (1984) C.S. Badenhorst
- Die prinshond (1983) - C.S. Badenhorst (Lees ook Roman en Robyn)
- Die swart motor - C.S. Badenhorst
- Eerste afspraak (1985) - C.S. Badenhorst
- Jannie Jammer, 1976 - C.S. Badenhorst
- Kruppelpootjies, 1965 - C.S. Badenhorst
- Lewenslange gevangene (1987) - C.S. Badenhorst
- Mariet van Kroondorp (1983) - C.S. Badenhorst
- 'n Seun en 'n kano (1983) - C.S. Badenhorst
- Nienkie verstaan (1981) - C.S. Badenhorst
- Nonna se geheim - C.S. Badenhorst
- Rugbystewels van glas (1985) C.S. Badenhorst
- Speuder Proppie (1973) / (1976) - C.S. Badenhorst
- Twee spoke, 1984 - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel een - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Twee - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Drie - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Vier - C.S. Badenhorst
- Wat geld nie kan koop nie, 1981 - C.S. Badenhorst

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Uit my storietrommel een C.S. Badenhorst 79 bladsye vol lekker stories vir kinders
Hierdie versameling pragtige kinderverhaaltjies is spesiaal so geskryf dat die jonger lesertjies van ongeveer nege jaar oud en wat in standerd een (deesdae graad 3) is, dit self kan lees en verstaan.
Dit is ook by uitstek geskik vir voorlesing deur die ouer of onderwyser en is ewe interessant vir seuns en dogters.
C. S. Badenhorst is baie bekend as ‘n skryfster van kinderverhale en ‘n groot aantal van haar verhale is reeds in Afrikaanse jeugtydskrifte gepubliseer. Ook het verskeie boeke uit haar pen reeds verskyn, en sy het wye ondervinding as onderwyseres... wat haar ‘n goeie insig in die belangstellings van haar jong lesers gee. . .. .
Inhoud
- Nellie koop wortels
- Dirkie gaan saam
- Ouma se plan
- Bygeloof
- Die groot huis
- Kaloeloe
- Tiekie
- Sproetjie leer ‘n les
- Wie sal weet?
- Die sontertjies
- So stil soos ‘n muis
- Oubaas sal nie verklap
- Goeie medesyne
- Snaakse skoene
- Goeie raad
- Die herfsmannetjies
- Raai-raai
- Oom koos se kafee
- Die appel en die piesang
- Die goeie wegkruipplek
- Wolfie raak weg
- Mieliepitte
- Padkos
- Ou Vinkel se skoen
- Hondekos
- Die spook van vir Krisjan
- ‘n Maat vir Marie
- Ou Knoets

Uit my storietrommel twee - C.S. Badenhorst
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Jannie jammer - C.S. Badenhorst

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Wat geld nie kan koop nie - C.S. Badenhorst
Nerina het alles: ryk ouers, status, geld, ‘n mool talent, goeie maats. en elke keer wanneer sy iets begeer kan sy maar net haar vingers klap en sy sal dit kry. Alles wat sy wil hê — behalwe geluk in haarself.
Haar goele vriendin Katryn sien dit raak en besluit om haar te help. Maar dit gaan moeilik, want Nerina is koppig en sy wil nie altyd na goeie raad luister nie. Katryn, wat gereeld haar ele poppespelvertonings hou — en brandend ‘n nuwe poppekas begeer, maar dit weens ‘n gebrek aan geld nie kan kry nie — skryf ‘n nuwe poppespel. Hierdie poppespel, weet sy, moet die sleutel wees tot Nerina se toekomstige geluk — maar gaan dit werk?
Wat geld nIe kan koop nie is ‘n boeiende en ulters leesbare jeugverhaal.

Die swart motor - boek uit die pen van C.S. Badenhorst
Ernst se gedagtes is besig met Miems, die mooiste meisie in standerd ses, toe hy niksvermoedend by die Midas Bank verbystap.
Minute later bevind hy homself egter in die hande van ‘n klomp bankrowers. Geslepe, wrede boewe wat hulle deur niks sal laat stuit nie.
Alleen toegesluit in ‘n donker sinkkamertjie het Ernst volop tyd om na te dink: Is hierdie die end van sy paadjie, of sal hy weer die geleentheid kry om sy boksloopbaan voort te sit? Sal Miems besef iets ernstig het met hom gebeur of sal sy sommer net glo dat hy nie hul afspraak wou nakom nie? En bowenal. . . is hy werklik die volwasse en selfstandige tiener wat hy geglo het hy is?
Die swart motor is ‘n spannende jeugverhaal deur die alombekende en gewilde skryfster C.S. Badenhorst.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Kruppelpootjies - C.S. Badenhorst
Kinderboek oor 'n hondjie wat kruppel gebore is en vrolikheid bring in die lewe van 'n dogtertjie wat polio gehad het. Geïllustreer deur Nan Rowley.

Nonna se geheim - C.S. Badenhorst

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Eerste afspraak - C.S. Badenhorst
Hannes Jordaan en sy groep maats is in Matriek en soos dinge maar gebeur, begin van sy maats met meisies sleep. Hannes neem hom egter voor dat hy niks met meisies te doen wil hê nie, want hulle is net lastig en mors ‘n man se geld. Sy maats probeer hom oorhaal om afsprake met meisies te maak, maar Hannes steek viervoet vas — ook tot sy suster Susan se ontsteltenis!
Susan begin planne beraam om Hannes bewus te maak van meisies, maar hy gaan onverstoor sy gang, want sy motorfiets moet reg wees vir Jan Spies se verjaarsdagpartytjie oor twee weke. Hy wil die eerste een wees wat met ‘n ysterperd ‘n draai of twee kan maak!
Daar wag egter ‘n groot skok op Hannes toe hy sy uitnodigingskaartjie oopmaak, want toe hoor hy weer Susan se woorde: “Een of ander tyd sal omstandighede vereis dat jy saam met ‘n meisiemaat by ‘n funksie moet opdaag .. . Jy sal nie eens weet hoe om ‘n afspraak te maak of haar aandag op jou te vestig nie...
Hannes wil so graag vir Linda Hanekom vra, maar sy stel nie in seuns belang nie. Willem en Andries, wat meisies ken, het reeds in die stof gebyt, want Linda wou nie saam met een van hulle na die partytjie gaan nie. Hannes kan net nie die moed bymekaarskraap om haar te vra nie en die dae gaan verby. Maar torre en erdwurms sorg vir ‘n paar verrassings ...
Eerste afspraak is nog ‘n trefferverhaal uit die vaardige pen van C.S. Badenhorst wat seuns en dogters sal geniet.

‘n Seun en ‘n kano - boek deur C.S. Badenhorst

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


Speurder Proppie - boek deur C.S. Badenhorst
Die elfjarige Johannes Slabbert — Proppie, noem almal hom omdat hy so klein is — het ‘n groot probleem. Hy wiI graag aansluit by Mooirivierdorp se beste seunsbende, maar hy is ‘n hele jaar te jonk. ,,Die Vier Fris Boere” stel darem ‘n voorwaarde: As Proppie ‘n knap stuk speurwerk of ‘n groot heldedaad kan verrig mag hy ‘n volbloed-lid van die bende word.
Proppie aanvaar die uitdaging. Hy besluit om die polisie te help om ‘n gevaarlike span inbrekers op die dorp aan te keer. Maar hy doen op die ou end selfs meer as dit. Die geslepe skurke word betrap, hy red ‘n speurder se lewe en verdien ‘n sak vol geld vir sy bende!
Speurder Proppie is ‘n verhaal wat ‘n seun se hart sommer warm sal laat klop van pure genot.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lewenslange gevangene - boek deur C.S. Badenhorst
Faansie en Susan word op buurplase groot, en van kleins af doen hulle alles saam. Hy is vir haar soos ‘n ouboet wat slim en sterk is en alles weet, en sy is die kleinsus wat by moet beskerm en leer. En om Susan se ouboet te wees, is maar moeilik, want sy het nie ‘n bang haar op haar kop nie en by moet baiekeer sy vrese sluk en saamdoen. Hy kan haar mos nie teleurstel nie.
Maar mens bly nie altyd kinders nie, en dit kom vir Faansie as ‘n groot skok. Soos die dag toe by op haar afkom terwyl sy haar duiwedans oefen.. . en sy hart onverwags aan die klop gaan.
Toe breek die dag aan dat hulle besef hul paadjies gaan skei. Hy moet na ‘n ander skool om sy boksloopbaan voort te sit, en ter wille van haar ballet moet sy agterbly.
Eers weier Susan om die feite te aanvaar, maar lewenslesse word soms op die eienaardigste plekke geleer — soos om Stumpie, die afvlerkduif, en haar rooipootmannetjie dop te hou. Lewenslange gevangene is ‘n sensitiewe jeugverhaal oor twee ontluikende jongmense en hul liefde vir die natuur.

Beeldjie nommer 4 - C.S. Badenhorst
Die Nigrini-gesin het van Kranskop na Brakfontein verhuis en vir die twaaifjarige Minini beteken dit net een ding: Op hierdie nuwe plek sal daar geen plek vir katte wees nie. Haar pa het haar dit belet, want katte veroorsaak allerhande ongewenste dinge. Was dit nie dat Minini so besonder lief vir katte was nie, sou haar pa se besluit seker nie so erg gewees het nie — maar hoe maak sy nou as sy katte absoluut onweerstaanbaar vind?
Op ‘n vindingryke manier kom sy aan Siamie, ‘n Siamese katjie met ‘n rondloper-ma . . . en sy slaag selfs daarin om Siamie met behuip van ‘n simpatieke vriend te versteek — maar hoe lank kan sy daarmee volhou, en wat gaan gebeur wanneer Siamie ook begin rondloop?
Te midde van haar kommer oor Siamie en haar stryd met haar pa, weet Minin: Binnekort gaan daar ‘n groot ramp wees. Selfs Bendie, die gesin se doofstom tuinier wat die pragtigste beeldjies uit hout kerf, voel dit aan, maar ook hy kan nilks vermag nie.
Beeldjie nommer 4 is nie net ‘n sprankelende jeugverhaal deur ‘n bekende skryfster nie dit is ook die verhaal van ‘n klein dogtertjie se hartseer en geluk, ‘n verhaal wat end-uit boei.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Die prinshond - C.S. Badenhorst
Die Prinshond is die verhaal waarin ons leer van honde-lojaliteit. Die prinshond se naam is eintlik Kaptein — en soos ‘n regte kaptein waak ons hondeheld oor die belange van sy nôi, Elani. En net soos ‘n mens ‘n prins sal vertrou om die regte besluit op die regte tyd te neem, so vertrou Elani op Kaptein.
In Die Prinshond lees ons nie net van werklike gevare waarteen Kaptein vir Elani beskerm nie. Nee, hy het sy eie unieke manier om haar ook teen mense wat haar nie goedgesind is nie, te beskerm. So wys hy Linda, Elani se kwaadwillige niggie, ‘n ding of twee.
Dis nogal van Linda dat hy die prinshond-benaming gekry het, ‘n skeldnaam. Dan gebeur daar iets drasties, iets wat Linda laat besef dat sy met’n regte prinshond te doen het, nie met ‘n hierjy stadsjapiehond nie.
Kaptein, held van almal in Die Prinshond, is ‘n dier met ‘n eie, sterk wil, n gesonde hondeverstand, en hy is in murg, been en pels werd om ‘n prins te wees!
Lees ook Roman en Robyn - verhaal van twee S.A. Polisie honde - geskryf deur H S van Blerk

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Nienkie verstaan - C.S. Badenhorst
Nienkie was die enigste kind totdat sy elf was — maar toe het Braampie gekom. Sy het voorheen alles gekry wat haar hart begeer het, maar nou moes sy haar ouers se liefde en aandag met haar boetie deel.
Braampie het siek geword en hulle kon nie meer gedurende die Desembervakansie strand toe gaan nie. ,,Verstaan tog, Nienkie,” het haar ma gepleit, ,,Braampie het ons nou baie nodig; ons is al wat hy het. Jy is mos al ‘n groot nooi van twaalf. Dink aan jou boetie wat ure lank sonder ons in die groot hospitaalbed sal lê en moontlik baie pyn verduur.”
Maar Nienkie was lus om te skreeu sy sal nooit, nooit verstaan nie . Braampie is hospitaal toe en haar ouers sou in ‘n hotel tuis gaan om naby aan hom te wees. Hulle het gereël dat sy na oom Braam en tant Ela toe sou gaan op Bosbokrant. Sy was bitter ontevrede. Maar op Bosbokrant het sy geleer om ‘n beter Nienkie te wees, ‘n Nienkie wat eindelik verstaan het. ..
Nienkie verstaan is die.hartroerende verhaal van elke Nienkie wat sukkel om te verstaan waarom die nuwe boetie of sussie soveel aandag kry
Kliek hier om meer te lees van ander spookstories en grillers

Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Die laaste vanggat kinderverhaal deur C.S. Badenhorst
Die Laaste Vanggat is ‘n interessante verhaal oor ‘n plaasvakansie wat so byna-byna kortgeknip is deur die nagtelike strooptogte van die geheimsinnige en gevaarlike Nagslagter.
Vir Doret Pienaar, haar twee broers Fanie en Adrie, was die jaarlikse vakansie op hulle oupa se plaas Duikerfontein, iets waarna daar die hele jaar uitgesien is. Roelfie van Aswegen van die buurplaas het dan ook op hete kole gewag op die besoek van sy drie stadsmaats. Hierdie keer het die koms van die berugte misdadiger na Heidestad en omgewing al hulle vakansieplanne in die wiele kom ry. En asof dit nie genoeg is nie, maak oom Koot se ‘beroemde’ spookluiperd weer sy verskyning. Bestaan die luiperd werklik of is dit net ‘n hersenskim van oom Koot?
Voordat die drietal egter moes terugkeer stad toe, word Doret ‘n geheim meegedeel. Hierdie gehelm Iei tot verdere avonture en ‘n verrassende ontknoping.
CS Badenhorst verstaan die kuns om ‘n alledaagse gebeure vol aksie en spanning vir die jong leser te laai.


Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
lees ook die Vrolike vyf-reeks
Lees ook van die avonture van Wikus en Werner
Lees ook kortvrhale van die Silwerboom-reeks
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Lees ook die Groen heuwels-reeks
Lees ook boom, bomer boomste - Elsabie Steenberg
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Boeke deur C.S. Badenhorst volgens jaar van uitgawe:
- 1961 - Die eerste prys (1961) - C.S. Badenhorst
- 1965 - Kruppelpootjies, 1965 - C.S. Badenhorst
- 1972 - By die dam (1972) - C.S. Badenhorst
- 1973 - Speuder Proppie (1973) / (1976) - C.S. Badenhorst
- 1976 - Jannie Jammer, 1976 - C.S. Badenhorst
- 1978 - Beeldjie nommer 4 (1978) - C.S. Badenhorst
- 1980 - Die geleende jaar (1980) - C.S. Badenhorst
- 1980 - Die kodeboodskap (1980) - C.S. Badenhorst
- 1981 - Wat geld nie kan koop nie, 1981 - C.S. Badenhorst
- 1981 - Nienkie verstaan (1981) - C.S. Badenhorst
- 1982 - Die Bangbroek (1982) - C.S. Badenhorst
- 1983 - Die prinshond (1983) - C.S. Badenhorst (Lees ook Roman en Robyn)
- 1983 - Mariet van Kroondorp (1983) - C.S. Badenhorst
- 1983 - 'n Seun en 'n kano (1983) - C.S. Badenhorst
- 1984 - Die laaste vanggat (1984) C.S. Badenhorst
- 1984 - Twee spoke, 1984 - C.S. Badenhorst
- 1985 - Eerste afspraak (1985) - C.S. Badenhorst
- 1987 - Lewenslange gevangene (1987) - C.S. Badenhorst
- 1985 - Rugbystewels van glas (1985) C.S. Badenhorst
- Die swart motor - C.S. Badenhorst
- Nonna se geheim - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel een - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Twee - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Drie - C.S. Badenhorst
- Uit my storietrommel Vier - C.S. Badenhorst
|