|
Deon Joubert het verskeie boeke geskryf wat die volgende titels insluit:
- Smeekroep uit die kelders (1962) - deur Deon Joubert,
- Sleutel tot die geheim (1962) - deur Deon Joubert,
- Onheil uit die see (1962) - deur Deon Joubert,
- Kasteel van onheil (1962) - deur Deon Joubert,
- Dissipels van Satan (1962) - deur Deon Joubert,
- Die vermiste vennoot (1963) - deur Deon Joubert,
- Dans van waansin (1967) - deur Deon Joubert,
- Die Vloek van Tarnak (1969) - deur Deon Joubert.

Die vloek van die Tarnak geskryf deur Deon joubert Lees meer oor ander boeke wat in Egipte met die magiese piramides en sy heersers afspeel
Die spanning in hierdie verhaal bly deurgaans snaarstyf. Mariet Vosloo, ‘n jong argeoloog, sluit by dr. Barto Viviers aan om hom te help met die klassifisering van Egiptiese oudhede wat afkomstig is uit ‘n grafkelder langs die Nyl. Maar in en om die kasteelagtige woning op ‘n eiland naby Mombassa gebeur daar dinge wat Mariet se senuwees tot breekpunt beproef.
Daar is gerugte van ,,wandelende geeste” op die eiland; die huishoudster sluip snags in die huis rond; Mariet sien mense en hoor stemme op die eiland, hoewel dr. Viviers haar verseker dat daar niemand is nie; in die sitkamer staan ‘n foto van dr. Viviers se verloofde ,,wat hy vermoor het”, en agter die groot kelderdeur met die stewige slot, skuil iets wat Mariet nooit mag sien nie.
Dis ‘n verhaal wat wemel van verrassings en die skielike wendinge dreig om die leser se asem weg te slaan. Dis ‘n verhaal wat die leser noodsaak om dit klaar te lees wanneer daar begin lees is . . . en ‘n verhaal verkieslik vir diegene met senuwees van staal.
Lees ook Boek deur Jan Combrink
Lees ook boek deur Ena Murray
Lees ook die Rooi Masker-reeks
|