|
Deon Meyer is nog ‘n Suid-Afrikaanse skrywer met internasionale status. Sy lys van boeke sluit in:
- Bottervisse in die jêm - boek geskryf deur Deon Meyer
- Dertien uur - boek geskryf deur Deon Meyer
- Feniks - boek geskryf deur Deon Meyer
- Infanta - boek geskryf deur Deon Meyer
- Karoonag en ander verhale - boek geskryf deur Deon Meyer
- Onsigbaar - boek geskryf deur Deon Meyer
- Orion - boek geskryf deur Deon Meyer
- Proteus - boek geskryf deur Deon Meyer
- Spoor - boek geskryf deur Deon Meyer
- Wie met vuur speel - boek geskryf deur Deon Meyer
Engelse titles sluit in:
- The heart of the hunter
- Devil’s peak


Wie met vuur speel Boek geskryf deur Deon Meyer


Bottervisse in die jêm Boek geskryf deur Deon Meyer
DEON MEYER se verstommende skrywerskap is aanvanklik gevestig as skrywer van ligte, lekkerlees verhale, en hierdie versameling is ‘n monument vir die reikwydte van sy talent. Van die eerste tot die laaste verhaal krul die leser se tone van pure leesgenot. Elke verhaal ontlok ‘n gevoel van deernis met die karakters, of ‘n uitbundige skaterlag. En die romantiek, hoewel onkonvensioneel, bly nie agterweë nie.


Feniks boek deur Deon Meyer
Op 34 is kaptein Mat Joubert oorgewig en hy rook en drink te veel. So sê Bart de Wit, Moord en Roof se nuwe politiek korrekte bevelvoerder. Mat is moeg gelewe. Lara is twee jaar dood. Soms wil hy die donker bek van die Z88 teen sy lippe druk.
Daar is nog één kans vir die óú Joubert om uit die as van die verlede op te staan. Maar maklik is dit nie – nie tussen al die vals leidrade en De Wit se onmoontlike eise nie.
Mat moet ’n sjarmante rower vastrek wat die een bank ná die ander teister, elke keer in ’n ander mondering. En in tandem daarmee: die bloedspoor volg van ’n laksman wat prooi vir prooi afmaai. Sonder patroon en met ’n monstervuurwapen. Soos weerlig wat vêr of naby tref. Dalk té naby? Want Mat is ook maar mens.
Nogtans: hy moet die mauser-moordenaar keer voor hy wie weet waar wéér toeslaan.


Spoor boek deur Deon Meyer
Dit was die rumour. Hulle wil weapons inbring. Vir ’n attack, hier. Vir die eerste keer.
’n Muslim attack? In Suid-Afrika?
Ja,. Hie’. Cape Town. Die mooiste Kaap.
Net ’n gerug. Onwaarskynlik.
Maar waarom skarrel die Presidensiële Intelligensie-agentskap dan so om die besending te onderskep? Waarom bring die CIA hul groot kanonne in?
Waarom trap dit alles so ’n wye bloedspoor? Deur die lewens van Milla Strachan, verloopte huisvrou, wat net so ’n bietjie gevaarlik wil leef; Lemmer, die lyfwag – belieg, bedrieg, besteel, vasbeslote om wraak te neem; en Mat Joubert, wat die onmoontlike moet vermag, die ondersoek na ’n vermiste moet afhandel voor die geld opraak en die leidrade verdwyn.
Dalk is dit méér as net ’n gerug.


Infanta roman / boek geskryf deur Deon Meyer
“My naam is Bennie Griessel en ek is ’n alkoholis.”
“Hallo, Bennie,” sê die twee en dertig stemme in ’n blymoedige koor.
“Ek het gisteraand ’n bottel Jack Daniels uitgesuip en my vrou geslaan. Sy het my vanoggend uit die huis uit gesit. Ek is nou een dag sonder drank. Ek is hier omdat ek nie my drinkery kan beheer nie. Ek is hier omdat ek my vrou en my kinders en my lewe wil terughê.” Terwyl hy die desperate vasberadenheid in sy eie stem hoor, begin iemand hande klap en dawer dit in die afgeleefde kerksaaltjie.
Maar om sy lewe terug te kry, moet speurder-inspekteur Griessel van die Ernstige en Geweldsmisdaadeenheid eers vir Artemis keer: die vigilante wat die doodstraf teruggebring het, wat besig is om misdaad teen kinder met ’n lang lem en ’n skrikwekkende meedoënloosheid te wreek.
En met die media wat skree, die politici wat druk toepas, ’n span onbeholpe jong speurders en verskeie kollegas wat hom in die rug steek, stel Bennie Griessel ’n lokval. Maar hy het nie rekening gehou met die liefde van ’n sekswerker vir haar ken, die haat van die Sangrenegro-dwelmkartel en sy eie smagting na die helende kragte van die bottel nie.
Doen Meyer het die ATKV-Prosaprys reeds twee keer gewen. Hy was ook die afgelope twee jaar ontvanger van prestigeryke internasionale literêre pryse (vir die Franse vertalings van sy romans Feniks en Orion). Infanta is sy vyfde roman.

Proteus boek geskryf deur Deon Meyer
Hoe moeilike kan dit wees om ’n middeljarige arbeider aan te keer?
Jy het die mag. En die tegnologie. En die arbeidskrag/werkkrag. En as dinge regtig begin neuk, is daar nog Tiger Mazibuko en sy oorgehaal-en-slaggereed Reaksie-eenheid met meer wapentuig en opleiding as die meeste Afrika-lande se weermagte saam.
Hoe moeilik kan dit wees om ’n werkwinkelhandlanger wat sy vuil hande op ’n hardeskyf vol staatstinligting gelê het, aan die kraag van sy oorpak te gaan vat en in die ondervragingskamer in te sleep?
Dalk moeiliker as wat jy dink.
Want moontlik is die veertigjarige Xhosa nie wie jy dink hy is nie. Miskien is hy Umzingeli. Die Jagter. Die een met die beweerde KGB- en STASI-agtergrond. En toevallig wil hy nie ingebring word nie. Want as hy eers die pad gevat het op ’n brutale groot motorfiets, bruis die krygersbloed vir die eerste keer in vyftien jaar weer dik en sterk deur sy are. En nou begin hy dié speletjie geniet.
Hoe moeilik kan dit wees?
Palmsweet, hartbeklemmend, skrikwekkend moeilik. Dís hoe.

13 Uur Boek deur Deon Meyer Bennie Griessel is terug - maar sy tyd is min...
Om 05:36 hardloop die vrou teen die hang van Leeukop. Sy is jonk, beeldskoon, Amerikaans, beangs. Want sy word soos ’n dier gejag.
Om 05:37 bel hulle vir speurder-inspekteur Bennie Griessel wakker. Hy moet kom, ’n jong meisie se lyk lê langs St Martini, die Lutherse kerk bo in Langstraat.
Om 07:02 ontdek die drankbenewelde voormalige sangsensasie Alexa Barnard haar man se lyk langs haar – en die moordpistool net sentimeters van haar hand af.
Teen 09:00 begin Griessel vermoed sy nuwe rol as mentor van die volgende geslag wetstoepassers is dalk ietwat meer gekompliseerd as wat hy gedink het.
Anderkant twaalfuur is hy in ’n wedloop teen tyd om die mooi jong toeris se lewe te red.
En laat in die middag skiet hulle vir Bennie Griessel. Reg in die hart.
Redelik normale dag, jou tipiese 13 uur van Suid-Afrikaanse wetstoepassing.

Heart of the hunter Written by Deon Meyer

Boeke gelys volgens jaar van uitgawe:
- Bottervisse in die jêm - boek geskryf deur Deon Meyer
- 1994 - Wie met vuur speel - boek geskryf deur Deon Meyer
- 1996 - Fenniks - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2000 - Orion - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2002 - Proteus - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2004 - Infanta - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2007 - Onsigbaar - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2008 - 13 uur - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2009 - Karoonag en ander verhale - boek geskryf deur Deon Meyer
- 2010 - Spoor - boek geskryf deur Deon Meyer


Lees ook speurverhale deur Derick Jacobs
Lees ook speurverhale deur I.D. Lampbrecht
Lees ook speurverhale in die KLUB 707 reeks
Lees ook verhale deur Leon van Nierop


|