|
Die Karoo avonture reeks
In die sewentigerjare van die negentiende eeu was die Karoo so wild soos die Weste nooit kon droom om te wees nie. Gaos het hoogty gevier en wet en orde was ver te soek. Bendes veediewe het ’n skrikbewind gevoer, selfs die dorpe het weinig of geen veiligheid nie gebied nie want te dikwels het die kerkklok alarm gemaak om aan te kondig dat vlamme van ’n brandende huis die donker nag verlig. Omdat ’n perd is meer werd as ’n menselewe en ’n koeël die enigste prys, reis niemand hier alleen nie ...
Dit is die wêreld van vrybuiter van die vlaktes, Lang Henning . Met perd en roer en sy vuiste voer hy die stryd teen die boewe en skurke wat skuil in die ruigtes van die Groot Karoo. Aan sy sy is Jakobus Johannes Delport, ofwel Boet, weeskind gemaak deur ’n moordende bende Koranas en grootgeword op ’n sendingstasie by Kaptein Jesaja. Hy en sy hond vergesel Lang Henning waar hy gaan, en saam vertroos hulle die jong weduwees en hul sussies wat hulle pad kruis.
Wie is Lang Henning? Blykbaar weet net die magistraat op Beaufort dit en hy praat nie....
Boeke in die Karoo avonture reeks sluit in:
- Karoo avonture reeks no 1 : Lang Henning en die Moordplaas
- Karoo avonture reeks no 2 : Lang Henning en die Rebelle
- Karoo avonture reeks no 3 : Lang Henning en die Poskoetsrowers
- Karoo avonture reeks no 4 : Lang Henning en die Oujongnooi
- Karoo avonture reeks no 5 : Lang Henning en die Spookruiter
- Karoo avonture reeks no 6 : Lang Henning en die Toekomsmense
- Karoo avonture reeks no 7 : Lang Henning en die Skaapdiewe
- Karoo avonture reeks no 8 : Boet-Alleen
- Karoo avonture reeks no 9 : Lang Henning en die Nuwejaarsvoël
- Karoo avonture reeks no 10 : Lang Henning en die Perdesmous
- Karoo avonture reeks no 11 : Kersfees in die Kaap
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lang Henning en die Moordplaas deel van die Karoo avonture reeks
Dis 1875 in die Groot Karoo. Lang Henning, avonturier van die vlaktes, word teen sy sin betrek by ’n grusame plaasmoord. Sonder veel hulp van Beaufort se magistraat, met slegs ’n wraaksugtige jong seun en dié se brandsiek hond as metgesel, gaan dit maar broekskeur om die skuldiges vas te trek...

Lang Henning en die Rebelle deel van die Karoo avonture reeks
’n Dorp kom in opstand teen die Kaapse regering en hou hul amptenare gyselaar in die plaaslike tronk. Lang Henning kan nie help om in te meng nie, hoe dan anders as die rebelle dreig om ’n onskuldige man tereg te stel?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lang Henning en die Poskoetsrowers deel van die Karoo avonture reeks
Omdat sy perd kruppel is ry Boet met die poskoets Kimberley se kant toe, maar dan word die koets beroof en ’n beseerde boer en sy gesin bedreig deur die boewe. Lang Henning en Boet voel dis hulle plig om die poskoetsrowers aan die man te bring en die verlore geld op te spoor.

Lang Henning en die Oujongnooi deel van die Karoo avonture reeks
Koekie Koffeman soek dringend man—en Lang Henning is die ideale kandidaat. Almal span saam om hom voor die kansel te kry en hy self in nie ongeneë nie... Is dit die einde van Lang Henning se vrye lewe op die vlaktes?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lang Henning en die Spookruiter deel van die Karoo avonture reeks
Spooksekop se spook het weer opgestaan en ry klokslag elke volmaan deur die kloof. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke en kom agter dat hier meer aangaan as net ’n spookruiter wat nie sy rus kan kry nie.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lang Henning en die Toekomsmense deel van die Karoo avonture reeks
Toe Lang Henning weer sien, verskyn daar twee wesens in die pad, wesens soos hy nog nooit eers van gedroom het nie. Wie en wat is hulle en waar kom hulle vandaan? Al gou kom hy en Boet egter te staan voor die uitdaging om hulle weer weg te help—maar nie sonder om ’n smakie te kry van die lewe in die toekoms nie.
Lees ander wetenskapfiksie-boeke - kliek hier
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Lang Henning en die Skaapdiewe deel van die Karoo avonture reeks
Kruis en dwars deur die Groot Karoo agtervolg Lang Henning en Boet ’n bende skaapdiewe. Die spoor lei na ’n verlate opstal—maar dan word Henning geskiet... en moet Boet alleen die skurke vastrek.

Boet-Alleen deel van die Karoo avonture reeks
Met die polisie op sy spoor en die boewe wat op hom toesak, moet Boet man-alleen by die magistraat op Beaufort uitkom met die bewyse om die skaapdiewe finaal vas te trek. Maar dan loop alles skeef en verloor hy sy perd en hond...
Lang Henning en die Nuwejaarsvoël deel van die Karoo avonture reeks
Lang Henning en Boet word deur ’n neef gevra om die gouddelwery op 'n buurplaas te kom ondersoek. Gou vind hulle uit wie daar agter sit—Abbot! Maar wat is die storie met die bene?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Lang Henning en die Perdesmous deel van die Karoo avonture reeks
Die oomblik toe hy die wilde voshings sien, begeer Boet hom. Hy oorreed Lang Henning om hom te help die perd vang, maar vind al gou dat hy nie die enigste een is wat hom soek nie. Sake begin lelik lyk toe skietgevegte uitbreek en die hings vir die soveelste keer ontsnap.
Kersfees in die Kaap deel van die Karoo avonture reeks
Lang Henning en Boet kuier in die Kaap, waar Kersfees nie so rustig gevier word as wat hulle gedink het nie. In die Kasteel se Donker Gat spook dit, terwyl Tafelberg sy eie geheime het. Lang Henning en Boet raak onvermydelik betrokke by die intriges van die Britse bewind.
En kan Duncan die Kaapse resiesperde in ’n wedren klop?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
|