http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Die Otters is nog‘n jeugreeks geskryf deur Cor Dirks. Cor Dirks was ook veral bekend vir sy ander jeugreeks boeke oor die Uile van Kranskop. Die wat Die Uile reeks geniet kan ook egter nog ‘n jeugreeks van hom lees, naamlik Joof en sy maats
Die Otters Gits! Dis ‘n spul vriendelike mense! Die een wil jou laat vuis ruik en die ander wil op jou koekblik spring. Die Otters besluit dis ‘n tyd in hulle lewe dat hulle moet saamstaan, want ‘n koshuiskind het nou maar eenmaal sy plesier en ellendes. Buks gaan toe mos en sê vir ou Biltong sy vingers ruik na nikotien — wat ‘n ellende! Toe dra hy vir ‘n meisie kind ‘n blink gepoetste appel aan — en dit was ook nie juis ‘n plesier nie! Buks, Kassie en Litte sit buitendien in ‘n verskriklike verknorsing. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle die koshuisspens besteel het. ‘n Mens kan jou nie indink dat die Otters sal steel nie, opsetlik sal wil inbreek nie…dis wat die kinders sê. En meneer Knoetze kners op sy tande!
Die Otters se veldskoolavonture Die Otters - Buks, Litte en Kassie - gaan veldskool toe... Daar wag al die gewone veldskoolverrassings op hulle, maar ook veel meer. Weggesteek in die digte bosveldwêreld is tekens van ‘n ou beskawing. ‘n Onskuldige bosbokkie lei die seuns na geheimsinnige, verbode plekke: ‘n donker tonnel, ‘n gevaarlike grot en ‘n vervalle kasteel. Heel moontlik was die plekke lank gelede met mekaar verbind. Maar wat is die uiteinde? Wat soek Fiel en Kat in die grot? Is die ou kasteel regtig so verlate as wat dit van ver af lyk?
Die Otters op die Bosveldplaas
Die Otters en die huis op die krans Die Otters hou by die see vakansie. Maar soos dit nou maar met die drie maats gaan, bly dit nie net by visvang en swem nie. Sommer gou maak die fris, vreemde knape dit duidelik dat hulle daarop uit is om die lewe vir die Ottertjies behoorlik moeilik te maak. Sonder rede. En nogal met onmoontlike name van Biefstuk, Peper en Fielies!. Dit neem die Otters nie lank om ‘n verband tussen Biefstuk sy makkers en die geheimsinnige huis op die krans te vermoed nie.Die huis word agter ‘n elektronies beheerde hek bewaak. Nuuskierig soos ons maats is, stel hulle ondersoek in. Hulle word summier weggejaag, en met ‘n tweede probeerslag kom die Ottertjies agter dat daar mense is wat bitter min of geen respek vir ‘n ander persoon se lewe het nie... Koop die boeke
Die Otters in die Okovango-moeras Vir die Otters was Botswana en die Okavango-moeras nog altyd ‘n stukkie droomlandskap. Nou gaan dit werklikheid word. Saam met hul pa’s en Gerrie-huller vertrek hulle op ‘n kampeervakansie na Moremi, ‘n wildreservaat in die oostelike gedeelte van die Okavango-delta. Maar die pad soontoe loop lang draaie deur vreemde plekke. Van Warmbad tot by Francistown, die Makgadikgadipanne en ‘n doolhof van waterkanale by Matlapaneng tot in die woestynstreek waar net die Boesmans kan oorleef. Die droom verander in ‘n nagmerrie toe Giel en sy wrede trawante op die toneel verskyn. Vir Buks en sy maats lyk dit of die pad doodloop. Sal hulle ooit by Moremi uitkom? Sal hulle ooit weer iewers uitkom? Lees Die Otters in die Okavango-moeras en beleef ‘n angsvolle avontuur in die onbekende dieptes van Botswana. Lees ook die Uile deur Cor Dirks Lees ook Die Hardy Boys in Afrikaans Lees ook “Kies-jou-eie avonture” Lees ook die ATO-reeks” Lees ook ide Grillers reeks (Die Goosbumps in Afrikaans)
|