|
Uit Dricky Beukes se pen het daar meer as 100 boeke gevloei. Haar lys van boeke sluit in:
- Al lê die berge nog so blou...- geskryf deur Dricky Beukes
- Alles net vir jou- geskryf deur Dricky Beukes
- Alsace en Lorraine , 1974- geskryf deur Dricky Beukes
- Altyd jou eie- 1953 - geskryf deur Dricky Beukes
- Anderkant die rante , 1981- geskryf deur Dricky Beukes
- Anderkant die verste ster, 1978 - geskryf deur Dricky Beukes
- Antwoord van ‘n geslag (waarskynlik 1960 uitgegee)- geskryf deur Dricky Beukes
- Belydenis. - geskryf deur Dricky Beukes
- Blinkwater. - geskryf deur Dricky Beukes
- Brandglas van die tyd, 1975 - geskryf deur Dricky Beukes
- Die boeteling, 1961
- Die blomme bloei weer- geskryf deur Dricky Beukes
- Die groot chirurg, 1974.
- Die hande van my moeder - geskryf deur Dricky Beukes
- Die hoë muur, 1969. Roman deur Dricky Beukes
- Die indringer- geskryf deur Dricky Beukes
- Die jare roep.
- Die jare van leed- geskryf deur Dricky Beukes
- Die jare van ons herfs.

- Die korhaan roep ver, 1985 - geskryf deur Dricky Beukes
- Die liefde loop ‘n ompad- geskryf deur Dricky Beukes
- Die pad vorentoe.
- Die smaad van Kroondal
- Die son sal weer skyn , 1986 - geskryf deur Dricky Beukes
- Die vaal valk- geskryf deur Dricky Beukes
- Die wind waai waar hy wil. - geskryf deur Dricky Beukes
- Dis lente in die Boland, 1975 - geskryf deur Dricky Beukes
- Dokter Karenien (ook as radioverhaal uitgesaai) - geskryf deur Dricky Beukes.
- Duinepad , 1967- geskryf deur Dricky Beukes
- Eendag... miskien, 1971
- Een van la Rhone.
- Een wat 'n muur afbreek - (vervolg op meetsnoere) - geskryf deur Dricky Beukes
- Eendag... miskien
- Ek was die vreemdeling, 1972 - geskryf deur Dricky Beukes.
- Ek het die wind gejaag, 1974 - geskryf deur Dricky Beukes
- En more is nuut - Die wind waai waar hy wil, Waar die winde gaan rus het. - geskryf deur Dricky Beukes
- Gebaande weë, 1958
- Gebarste mure,1954- geskryf deur Dricky Beukes
- Grense, 1973
- Grenslyne, 1957 - geskryf deur Dricky Beukes
- Jare van leed, 1951
- Kamberg se mense- geskryf deur Dricky Beukes
- Kamberg se wêreld.
- Karola
- Ken jy die vrou -deel I- geskryf deur Dricky Beukes
- Ken jy die vrou -deel II- geskryf deur Dricky Beukes
- Ken jy die vrou -deel III.

- Laat lente
- Langs ‘n ompad
- Lente
- Liefde op Kanetberg
- Liefde van gister, 1976. - roman deur Dricky Beukes
- Maar die grootste hiervan. - geskryf deur Dricky Beukes
- Madelief.
- Meetsnoere, 1967.
- Mevrou van Secunda, 1978 - roman deur Dricky Beukes
- More lê ver.
- ‘n Nuwe begin, 1975
- ‘n Seun vir Nebe.
- ‘n Tyd vir stilstaan, 1980 - geskryf deur Dricky Beukes
- Nes tussen die sterre
- Om die reënboog se goud te soek- geskryf deur Dricky Beukes
- Onbekende weë.
- Onbetaalde rekening.
- Pad van verlange.
- R Nella Eksteen- geskryf deur Dricky Beukes
- Roep van die Sonskynwoud- geskryf deur Dricky Beukes
- Ryp vrugte.
- Salome.
- Siel, jy het baie goed.
- Skoenlappernooi.
- So diep in my hart
- So mooi is die liefde.
- Tollenaar, Fariseer, Sondaar- geskryf deur Dricky Beukes
- Twee paaie
- Vaarwel ou Driefonteintjie.

- Velde van offergawes
- Verbode paradys
- Vir ewig en altyd- geskryf deur Dricky Beukes (Waterlelie-reeks)
- Waar die liefde woon.
- Waar die winde gaan rus het.- geskryf deur Dricky Beukes
- Waar is Ver, Tanja
- Waarmee sal ek versoening doen- geskryf deur Dricky Beukes
- Wie die liefde erf.
- Wie is my naaste.
- Winter kom later.- geskryf deur Dricky Beukes

Omnibusse :
- Omnibus : R Nella Eksteen; Wie is my naaste; Die hoë muur.
Verbode Paradys- geskryf deur Dricky Beukes
Met Verbode paradys gee Dricky Beukes haar negende Afrikaanse Roman uit. Dit is ‘n boek vol van spanning en botsings, van liefde wat soek en paaie wat oor mekaar kruis, van inkeer en erkenning, berou en belydenis. Dit is ‘n verhaal van gemengde geluk wat gesuiwerde geluk geword het.
Hier en daar herinner die atmosfeer in haar nuwe roman aan haar roman “Jare van Leed” (1951), wat as een van haar beste boeke beskou word. Haar boeke word soms deur ‘n heimweestemming gekenmerk. Dit is moontlik deurdat sy net na die dood van haar moeder in 1945 begin skryf het, toe daar ‘n groot gevoel van verlange na iemand wat skielik weggeneem is, ontstaan het.
Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmar.co.za of kontak ons by 012 345 4040



Alsace en Lorraine geskryf deur Dricky Beukes
Op die rugkant van die boek....Soms raak ‘n bekende skryfster so begeesterd dat sy selfs ‘n beter verhaal skryf as die waarvoor sy bekend geword het. Dit is wat met die gewilde Dricky Beukes gebeur het toe sy “Alsace en Lorraine” spesiaal vanjaar vir DIE BRANDWAG geskryf het.



Nes tussen die sterre - Dricky Beukes 1978 uitgegee - In die kol boekklub

Die korhaan roep ver - geskryf deur Dricky Beukes 1985 - Treffer boekklub
Hulle sê dat elke jong mens wat na Witvlei kom, ‘n verlore liefde in sy verlede het, en hierdie stelling word telkens waar bewys.
Johanni Muller aanvaar die pos as onderwyseres en orreliste op Witvlei om weg te kom uit die stad en te vergeet van haar verloofde se ontrou. Sy ontmoet dominee Fritz Venter wat ook op pad is Witvlei toe, en van die staanspoor af onstaan ‘n hegte gevoel tussen hulle. Fritz het egter sy eie hartseer oor sy hopelose liefde vir Cecilia wat glad nie glo in dit wat vir hom heilig is nie. Johanni raak ook goed bevriend met Zirk Blom, die konstabel wat by tant Maatjie loseer.
Ook Zirk probeer vergeet van die meisie met wie hy wou trou...
Gou raak almal so betrokke by die swaarkry van die mense van die Witvleidistrik wat geknel is in die wurggreep van ‘n vreeslike droogte, en daar is nie kans om te treur nie. Maar dan daag Cecilia op, net om Fritz weer van voor af seer te maak....
Wanneer Cecilia se ouers, die hoogmoedige tant Narina en die dierbare oom Niklaas, kort daarna op Witvlei aankom, bars ‘n hewige storm los en gou is die Witvleidistrik afgesny van die buitewêreld. Hierdie omstandighede oefen so ‘n sterk invloed uit op elkeen, dat hulle lewens ingrypend verander en niks ooit weer dieselfde kan wees nie....



Grenslyne - geskryf deur Dricky Beukes Die tweede druk was in 1957
Hierdie is ‘n buitengewone spanningsverhaal. Wat die verhaal so aangrypend maak, is dat mens van die begin af vermoed dat die vriend van die heldin ‘n opperste skurk is, maar dat sy, ‘n skrander meisie wat egter as kind baie aan bande gelê en beskerm is, dit nie merk nie. Nes haar mense (maar dan is dit ‘n hele ruk later) voel mens dat jy haar sou wil waarsku om versigtig te wees. Sy volg egter haar eie kop. Hierdeur word die dramatiese element verhoog en hou dit die aandag van die leser in spanning tot die einde.

‘n Nuwe begin - geskryf deur Dricky Beukes



Die hoë muur roman geskryf deur Dricky Beukes
Toe Johan in die jare wat verby is so baie lief vir Erika was, was Marietie maar net die stout jong sussie. Maar Erika was een van daardie mense wat net ken ontvang en nie gee nie, en Johan was in daardie tyd nie in staat om enigiets te gee nie — niks nie, behalwe ‘n oorvloed liefde. Dit was egter nie genoeg vir Erika nie en sy het ‘n ander, wat haar materieel ook kon vertroetel, bo Johan verkies.
Maar nou is Johan nie meer die ‘n student nie, en Marietie nie meer die stout jong sussie nie. Johan het van die buiteland teruggekeer as vooraanstaande internis en Marietie het intussen groot geword, haar graad ontvang en as verslaggeefster begin werk. En na hulle twee het die Iiefde gekom: stil, ongevraag, onselfsugtig. .. en baie sterk.
Tussen hulle was egter steeds die beeld van Erika. . . Erika wat nog steeds net wou inpalm. Aan haar het dit geen saak gemaak dat sy ‘n getroude vrou met drie kinders was nie. Johan was terug, hy was bekend . . en sy wou hom vir haarself hê. Soos ‘n hoë muur het sy tussen Marietie en Johan kom staan . .. ‘n muur wat nie afgebreek kon word nie, wat vir altyd daar sou wees.
Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmar.co.za of kontak ons by 012 345 4040

Een wat 'n muur afbreek roman geskryf deur Dricky Beukes
Een wat ‘n muur Afbreek is die vervolg op Meetsnoere wat in 1967 verskyn het, ‘n roman wat op ‘n nuwe rigting in hierdie bekende skryfster se werk dui. Hier het Dricky Beukes tot tema gekies die heldhaftige stryd wat die oewerboere aan die Oranjerivier ‘n geslag gelede gevoer het, ‘n stryd nie net om daaglikse brood nie, maar ook om geestelike self behoud. Van hierdie roman is gesê dat dit ,,‘n stewige stuk werk is, sober realisties en betekenisvol” en dat dit goed is dat hierdie dinge in ‘n roman verwerk is.
Een wat ‘n Muur Afbreek beeld nou die verdere verloop van die lotgevalle van hierdie mense uit — die mense van Kochmas: Plankie Moolman en sy vrou Ria en sy suster Heleen, Soois en oom Jors en die kind Salie. Dit is die verhaal van mense se stryd teen hul eie beperkinge, teen magte waarteen hulle nie kan staan nie. Maar dit is ook die verhaal van menslike deernis en lojaliteit. Die werklikheid wat hier uitgebeeld word, is hard, tragies, soms selfs skokkend, maar altyd met ontroering gesien en met begrip geteken.




Dis lente in die Boland - geskryf deur Dricky Beukes
Toe Christiaan Boshof vir Donni Malan gevra het om met hom te trou omdat hy ‘n vrou nodig het op sy Bolandse plaas, Soetedal, het sy ingestem, want sy wou vir Nico Pelser vergeet. Nico wat haar in die steek gelaat en met ‘n ander vrou getrou het. Maar Donni het ontuis gevoel op Soetedal. Sy het die gevoel gehad dat daar onreëlmatige dinge aan die gang was. Mia, die huishoudster, wat vir Christiaan grootgemaak het en die enigste ma was wat hy ooit geken het, wou haar nie op die plaas hê nie. Hoekom nie?
Christiaan se neef het kom kuier en op haar verlief geraak. Tot oormaat van ‘n ramp het dit geblyk dat een van die mense op die plaas ‘n moordenaar was... Maar nadat Donni baie lief en leed op Soetedal deurgemaak het, was dit weer lente in die Boland - en lente in haar hart.



Gebaande weë ‘n Roman geskryf deur Dricky Beukes
Sommige mense kom groot terugslae makliker te bowe as ander. Daar is mense wat teleurstelling soms in hul harte bly koester totdat dit tot weergalose bitterheid aanwas. In stede van die terugslag te probeer vergeet, trek hulle die martelaarskleed aan en versuur sover moontlik die lewe van ‘n ieder en ‘n elk met wie hulle in aanraking kom.
So ‘n mens was Hester. Nege jaar tevore het ds. Ernie Bosman, aan wie sy verloof was, die liefdesverhouding verbreek en met ‘n ander meisie in die huwelik getree. Dit het Hester verbitterd gemaak. Sy het die onderwys gelos, en na haar opleiding as verpleegster, dit spoedig gebring tot assistent-matrone. En toe tref die tweede ramp haar: in haar verbittering moet sy die siek vroutjie van ds. Bosman verpleeg
Maar die goeie in die mens tree steeds tydens loutering na vore. Toe Maatjie Bosman sterf, het Hester — verdwaasd in haar teleurstelling — na die platteland uitgewyk, waar sy weer die lewe in sy volheid, sy innigheid en sy opregtheid op ‘n klein plattelandse dorpie leer ken het. Toe sy weer na die stad terugkeer, was sy gereinig van haar bitterheid en kon sy die ware liefde smaak ...

Mevrou van Secunda ‘n Roman geskryf deur Dricky Beukes
Na ‘n lang afwesigheid keer Dettie terug na haar geboorteplaas, Kraankuil. Maar Kraankuil sal nooit weer dieselfde wees nie. Haar moeder is oorlede en haar vader is met ‘n bloedjong vrou, met wie Dettie vanuit die staanspoor nie oor die weg kan kom nie, getroud.
Om haar hartseer te vererger, loop Dettie vir Steyn Gericke, haar ou jeugliefde. weer raak — maar hy is getroud met die beeldskone Andore. Kraankuil se buurplaas, Secunda, kry egter onverwags ‘n nuwe baas, die uiters aantreklike Fritz Neethling — rnaar ook op Secunda is daar ‘n mevrou wat die septer swaai...
Steyn, wat sy huwelik met Andore as ‘n groot flater beskou, begin weer kliphard na Dettie vry maar Dettie het intussen met Fritz kennis gemaak en terselfdertyd ook ‘n baie interessante ontdekking gedoen.
Intussen beland ‘n seldsame, dodelike gif in Dettie se broer, Ouboet, se wyn. Dettie is net betyds om ‘n ramp af te weer. Maar was die gif in Ouboet se wyn blote toeval? En indien nie, wie wil hom vermoor, en waarom?
Mevrou van Secunda is ‘n splinternuwe verhaal uit die vaardige pen van ‘n baie gewilde skryfster, Dricky Beukes.


Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmar.co.za of kontak ons by 012 345 4040
Liefde van Gister ‘n Roman geskryf deur Dricky Beukes
Maddie en Jankoos — hul liefde vir mekaar was jonk en sterk, dit sou vir ewig duur. Of sou dit?
Op universiteit ontmoet Maddie vir James — ryk, wêreldwyse James wat ‘n groot hartseer in hom omdra omdat ‘n liefde van gister nie meer daar is nie. Sy eie niggie waarsku Maddie teen James, maar ten spyte daarvan groei haar liefde vir hom al sterker. Maar wat van Jankoos? Hoe kan sy haar belofte van ewige trou aan hom ongedaan rnaak?
Jankoos is in Pretoria, besig met sy militêre opleiding. In sy verlange na Maddie, die enigste meisie vir wie hy ooit lief sal wees, is dit die treurigste tydperk in sy lewe en hy tel die dae af totdat hy haar weer gedurende die wintervakansie sal sien. Maar Maddie is nie meer die Maddie wat hy geken het nie, nie meer die matriekmeisie wat haar liefde so spontaan aan hom gegee het nie. Hartseer gaan hy terug, oortuig dat by haar reeds verloor het.
Dricky Beukes skets hier met ‘n rneesterspen die verloop van twee jong mense se liefde: die vreugde daarvan .. en die hartseer.

‘n Tyd vir stilstaan - Dricky Beukes
Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmar.co.za of kontak ons by 012 345 4040

Lees meer van die skryfster- Dricky Beukes



ALTYD JOU EIE ‘n Roman geskryf deur Dricky Beukes vakansie-uitgawe
HIERDIE jong skryfster van Kaapland het in die afgelope jare ‘n warm plekkie in baie harte van die jong garde in Transvaal verower. Haar werk is lig, met tye intens dramaties en gevoelvol, maar deurgaans samehangend en oortuigend. Hierdie keer het sy ‘n pragtige roman gelewer — ALTYD JOU EIE. Dis die verhaal van ‘n beeldskone verpleegster wat met haar mooi blou oë nader en nader aan die man gekom het, wat mettertyd vir haar totaal onweerstaanbaar was. Hierdie boek gaan nie slegs die jong garde van Transvaal, maar beslis ook baie duisendes in die ander provinsies aangryp. Soos haar vader eenmaal, het Nelia altyd vuriglik na liefde gesoek en gehunker. Dog toe sy eindelik daardie groot liefde vind, was dit haar nie gegun nie. Tog het sy daardie verbode vrug gepluk, die heerlikheid daarvan gesmaak… en daarna was daar die prys… wat bitter duur was. Maar Nelia het in ‘n ruime mate die stale wil van haar moeder geërf, van die vermoë om byna soos ‘n dier te veg, om die laste van die lewe te dra en bo die steiltes van die lewe uit te styg. Daarom kon sy tot tweemaal toe opnuut die lewensweg aandurf en haar lewe volkome op die onderbreekte patroon van ouds voort borduur. Die vuur wat die bloed deur die mens se are laat bruis, moes haar eers brand voor dit kon louter sodat sy die hoogste vreugde kon smaak. Die skryfster het hier beslis ‘n geslaagde roman gelewer — ‘n verhaal wat baie lesers graag tweemaal sal wil lees.
Lees ook verhale deur Stella Blakemore
Lees ook Ela Spence se Florence Nightingale reeks

Duinepad roman deur Dricky Beukes
Toe Hanri die dag as Arnoldus se mooi jong bruid op Summerdown, een van sy prag-plase in Suidwes, aankom, het sy vol verwagting uitgesien na ’n skoon, nuwe toekoms saam met die man wat sy liefhet. Baie gou, egter, besef sy dat sy Arnoldus nie so goed ken as wat sy gedink het nie en dat sy verlede in baie donkerheid gehul is. Hul huwelik was haastig – miskien oorhaastig?
Die wilde Lyda Junius is een van die eerste mense wat Hanri ontmoet – en uit die staanspoor is dit duidelik dat hier moeilikheid kom… Arnoldus se huwelik met Hanri kom vir haar ooglopend as ’n skok en dat sy Hanri wil wegwerk, word baie duidelik toe sy haar intrek neem in die mooi ou opstal op Summerdown, onder voorwendsel dat Arnoldus ’n sekretaresse nodig het. Ook Kalahari, Arnoldus se huishulp, is nie van plan om Hanri te duld in “sy huis” nie.
In Dawie Greyling, ’n oujongkêrelboer van die omgewing, vind Hanri onverwags iemand wat haar vreemde en vyandige situasie verstaan. Ook oom Neno en tant Kattie van die buurplaas doen hul bes om Hanri te beskerm.
Maar Lyda Junius is ’n driftige, wanhopige vrou en sy hou nie op veg vir dit wat sy wil hê nie. Arnoldus staan self op die kruispad tussen die twee vroue. Die breekpunt vir almal kom as Hanri en Lyda een middag alleen op Summerdown is…
Lees ook Sarah du Pisanie se Suid-wes liefdesverhale


Let daarop dat Springbokboeke slegs inligting verskaf. Ons verkoop wel boeke - aanlyn sowel as in ons winkels in Pretoria. Bestel gerus van die boeke by www.lizmar.co.za of kontak ons by 012 345 4040
Lees ook ander radio-vervolgverhale deur C.F. Beyers- Boshoff
Lees ook ander radio-vervolgverhale deur Mike Heine


|