http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Duine boeke: Die boek is geskryf deur Jan J van der Post en die sketse in die boeke is deur Francois Krige of deur die skrywer self gedoen
Meer inligting aangaande die boeke Agarob- kind van die duine (Jan J van der Post) - 1963
Agarob - Kind van die duine geskryf deur Jan J van der Post Jagters van die Duine (Jan J van der Post)
Koop die boeke: Klik hier Tjeb, Die spoorsnyer (Jan J van der Post) - 1967
Vonk - Vondeling van die Duine (Jan J van der Post) - 1964 Vonk - Vondeling van die duine (deur Jan . van der Post) Vonk, trou aan ‘n Boesmangebruik, pleeg ‘n misdaad in die waan dat dit ‘n weldaad was. Hy, die jagter, word gejag, in die onherbergsame duineveld ingehaal en teruggebring om tereg te staan. Maar die natuur beslis anders en die wit jagter word uitgelewer aan sy gevangene. Wanneer Vonk hom oor sy agtervolger ontferm, word ‘n sonderlinge vriendskap gesmee...
,,Tji ! Witman, jy vra na ‘n man met ‘n seer hand maar jy weet nie watter naam die Maan gesê het dat hy moet vat nie? Hoekom wil jy hierdie man hê?” ,,Daardie man het verkeerd gemaak in die oog van die witmense, hy het nie verkeerd gemaak in die oog van die Maan nie.” ,,‘l’ji! Ek weet van hierdie dinge wat in jou bors brand. Jy moet onthou dat dinge wat in ‘n mens se bors brand, net vir jou brand. Ander mense kan vir jou jammer wees, maar hulle voel nie daardie brand nie. As jy nie hout op daardie brand gooi nie, dan sal by nie vir jou so seermaak nie.” Net voor sononder kom Mhoen weer op spore af. Nadat by die spore baie goed bekyk bet, strek hy hom tot sy volle drie voet ses duim uit en kyk na Kobus. ,,Ons het die man gekry.” Inhoud:
Kwai, Vegter van die Duine (Jan J van der Post) 1966 Lees meer oor Kwai, vegter van die duine...
Agter die rooi lyn (Jan J van der Post) 1970 Al om Suidwes se bewoonde dele loop die Rooi Lyn. Vir sy mense is dit ‘n defnitiewe grens asof dit afgebaken is; aan die ander kant lê die sogenaamde spergebied. Daar is bonderde verhale van fortuinsoekers wat met hul lewens gedobbel het teen die genadeloosheid van die woestyn en die waaksaamheid van die Suidwes-Afrikaanse Polisie ter wille van die skatte wat hier te vinde is. Daarom, toe konstabel Hunter hoor dat ‘n verdagte geselskap op pad is na die woestyn, kan hy net aan een ding dink: diamante. Met ‘n Damara-konstabel en Njerab, ‘n Boesman-spoorsnyer, sit by die groep agterna. Ten spyte van Njerab se uitmuntende veldkennis,wat hom in staat stel om op die onwaarskynlikste plekke in die Kalahari water te vind, word dit ‘n martelende tog. Die optrede van die mense wat hulle agtervolg, raak ook al vreemder. Waarom sou hulle hul Boesmangids vermoor het ? En wat beteken die stapeltjie Engelse boeke wat hul saarn met ander goed versteek het? Die konstabel begin selfs twyfel of by hoegenaamd die reg het om met die agtervolging voort te gaan. Die skrywer bied hier ‘n spanningsverhaal met ‘n egtheid van atmosfeer wat moeilik oortref kan word. Hy skilder die woestyn met sy skrille kontraste—ná versengende hitte die neerstortende reën wat dit moeilik maak om selfs asem te haal — sy legendes oor ‘n stad wat die mense van die maan gebou het, die brulsand wat die stemme van die dooies bewaar. En dan is daar die mense, Boesman, Bantoe en geharde Suidwes-konstabel, almal net so onafskeidbaar deel van die gebied soos die bruin gespikkelde Kalaharileeu.
Njarabeb die ratel (Jan J van der Post) Waarom moes die mooi Tamarie na die onbekende land van die maan toe loop? En waarorn moes die ou vrou wat Njarabeb op die veld neergesit het, met haar bloed betaal? En die onskuldige musiekmaker? Hy wat geen plek op die veld het nie en van die een vuur na die ander swerf om vir die mense van die veld nuus van ander vure oor te dra.
Ngno, Renoster van die Duine (1971 deur Jan . van der Post)
Lees meer oor die boek : Ngno, Renoster van die duine
Jan J van der Post het verskeie boeke oor Boemans geskryf, hy het hulle geken, saam hulle gebly en in sy duine reeks boek deel hy die wêreld van die klein mensies- boesmans van die Namib, met ons.
Lees ook boeke deur die Hobson broers Lees ook boeke van doc Immelman
|