|
Dwalers - Deur Lindeque de Beer saamgestel en uitgegee in 1997
Dwalers is verhale oor spoke en ander dwaalgeeste
Dwaalwoord
Stories oor die bonatuurlike en die skrikwekkende hou ‘n vreemde bekoring in vir baie mense. In hierdie bundel is 34 verhale en artikels versamel oor gru- en onverklaarbare gebeure.
Sommige van die bydraes, soos die van Thys Sadie, is op persoonlike ervaring en waarneming gebaseer. Die meeste vertellinge is egter suiwer fiksie - skeppinge van verbeeldingryke skrywers. Maar feit of verdigsel, geloofwaardig of ongeloofwaardig, hier is vertellinge wat die laataandleser onrustig sal stem.
Wat is verdigsel en wat is feit? Is jy hier waar jy knus sit en lees veilig teen die dwalers van die nag? Wanneer die lig afgeskakel is, bring die duisternis dalk die antwoord.

- Spookstories- Willie Loots
- Padvalk - Paul C Venter
- Partyaande - Mauritz Preller
- Kainsteken - Annico van Vuuren
- Sandgathuise - Johan van Lill
- Onsigbare besoekers - Thys Sadie
- Herontmoeting - Johan Steenkamp
- Die begin - Rabie Visser
- Die naald se oog - Peet Venter
- Die ou storie van vossie en die prêm - Gerhard Burger
- Die moorddadige motorspook - Sue van Waart
- Uniondale se spookmeisie - Sue van Waart
- Beeldende kuns - Martin Jansen
- Shongwe se storie - Dolf van Coller
- Doodloopstraat - Mike Oberholzer
- Die dertiende - Johan Lemmer
- Die knip van ‘n oog - Francois Bloemhof
- Nag van die eerste liefde - M.E. Schoeman
- Die hand - Peet venter
- Die huis van die dowe - Estelle Marais
- Steeds saggies kleppend soos stilte - Tom Gous
- Die lorrie is weg! - Elsie Brown
- Amper volmaak - Chris Kamp
- Die grafskender - Lou Bekker
- Groenvlei - B.F. van Vreeden
- Die tuinroete se Bosspoke - Sue van Waart
- Fancourt se spook - Sue van Waart
- Die babakwela - Sue du Preez
- Derde oog - Kas van den Bergh
- Dwangbuis - Johan Steenkamp
- Skemerkind - Morees Meiring
- Die spook van Tokai - Leandré Hanekom
- Wittebrood - Martin Jansen
- Wolf - Rabie Visser

|