|
Hier volg ‘n lys van boeke wat handel oor woestyne asook Egipte en natuurlik is dit nie verbasend om die Piramides en die misterie daarvan ook in hierdie stories te vind nie....
- Die prins van Atlan - Jan Combrink
- Die vloek van Tarnak - Deon Joubert
- Lelie van die Nyl - Heinz G Konsalik
- Merk van die Skarabee - Ena Murray
- Samaritaan van die Sahara - liefdesroman deur Marie Warder
- Sluiers van wierook - Ena Murray
- Woestynliefde- Chanette Paul

Die vloek van Tarnak - Deon Joubert
Die spanning in hierdie verhaal bly deurgaans snaarstyf. Mariet Vosloo, ‘n jong argeoloog, sluit by dr. Barto Viviers aan om hom te help met die klassifisering van Egiptiese oudhede wat afkomstig is uit ‘n grafkelder langs die Nyl. Maar in en om die kasteelagtige woning op ‘n eiland naby Mombassa gebeur daar dinge wat Mariet se senuwees tot breekpunt beprķef.
Daar is gerugte van ,,wandelende geeste” op die eiland; die huishoudster sluip snags in die huis rond; Mariet sien mense en hoor stemme op die eiland, hoewel dr. Viviers haar verseker dat daar niemand is nie; in die sitkamer staan ‘n foto van dr. Viviers se verloofde ,,wat hy vermoor het”, en agter die groot kelderdeur met die stewige slot, skuil iets wat Mariet nooit mag sien nie.
Dis ‘n verhaal wat wemel van verrassings en die skielike wendinge dreig om die leser se asem weg te slaan. Dis ‘n verhaal wat die loser noodsaak om dit klaar te lees wanneer daar begin lees is . . . en ‘n verhaal verkieslik vir diegene met senuwees van staal.

Woestynliefde deur Chanette Paul

Kliek hier vir ‘n lys van Konsalik se boeke in Afrikaans

Samaritaan van die Sahara liefdesroman deur Marie Warder
|