http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Ela Spence is op 23 September 1909 gebore. Byna 50 jaar gelede begin sy skryf - aanvanklik boeke vir kleuters en kinderverhale. Wyle meneer J P van der Walt, stigter van J.P. van der Walt en Seun het haar egter aangemoedig om ‘n roman aan te pak en in 1945 het haar eerste roman verskyn. Van die ongeveer 300 romans, kleuterverhale en kleutergediggies, kinderboeke en jeugboeke, wat sy oor ‘n tydperk van 40 jaar geskryf het, is die oorgrote meerderheid deur J.P. van der Walt en Seun gepubliseer. Ela Spence het dikwels oorsee gereis en het eenkeer van haar skryfwerk gesê: Die skryf-gogga is net soos die reis-gogga. As dit jou eers gebyt het, raak jy nie weer daarvan ontslae nie!
Foto : Ela Spence Klik hier vir ‘n lys van boeke deur Ela Spence Klik hier vir die Soekie-kinderreeks boeke deur Ela Spence
Foto van Ela Spence.
|