|
Hier volg ‘n lys van boeke geskryf deur Elizabeth Vermeulen
- Vlinderita - 1949 (Elizabeth Vermeulen)
- Die hoogste troef (vervolg op Vlinderita) - 1950 (Elizabeth Vermeulen)
- DEEL I Temmers van die Noordweste (1833 - 1876)
- DEEL II Stormlaagte (1880 - 1916)
- DEEL III Elsa (1916 - 1934)
- Geluksoord - 1945 (Elizabeth Vermeulen)
- Vlaktes en Sterre 1932 / 1945
- Kringloop
- Waters van betowering -1966 (vervolg op Kringloop)



Daar is al meermale gesê dat hoe armer ‘n landstreek is, hoe groter is die houvas wat daardie bodem op sy kinders het.
Soos sy vader (Neels Lindeman - in Fata Morgana) het Diepfontein ook ‘n grenslose liefde by Marius Lindeman gewek. Diepfontein, die plaas in die Noordweste, wat reeds drie geslagte lank in die familie is, moet ook in die vierde geslag in besit van ‘n Lindeman bly.
Maar die pynlike huwelikservaring van sy vader het hom banggemaak vir die egband - totdat hy vir Estelle ontmoet het; die teer-fyne en sagte Estelle. Wonderlik mooi was hul huweliksgeluk en hul twee seuns was waaragtig ‘n bron van vreugde.

Reënboog in die skemering is geskryf deur Elizabeth Vermeulen en in November 1958
Soos sy vader voor hom sou ook Marius aanvanklik diep uit die geluksbeker drink as kontras teen die eiendelose reeks rampe wat daarna die eienaar van Diepfontein sou tref. Met meeslepende innigheid en tere aanvoeling skets Elizabeth Vermeulen die weergalose selfloosheid en onoortreflike offervaardighede waartoe die ware liefde in staat is.
Reënboog in die skemering is ‘n voortreflike en leersame roman wat op dieselfde vlak beweeg as sy twee voorgangers, Towergoud en Fata Morgana, waarop dit ‘n vervolg is.


Die Lugspieëling 1971 uitgawe Geskryf deur Elizabeth Vermeulen ‘n heruitgawe van Fata Morgana
Geluk is soos ‘n lugspieëling wat verdwyn as mens dit wil vasgryp. Dit het Linda en Neels albei langs verkillende weë uitgevind. Linda — fyn opgevoed en delikaat, gewoond aan die goeie dinge van die lewe maar wreed geskok in haar eerste liefde; Neels, wat deur die moeilike leerskool van swaarkry en gebrek sy weg tot welvarendheid oopgeveg het... die twee verskillende persoonlikhede beland bymekaar met die opregte strewe na gesamentlike geluk.
Maar ten spyte van haar voornemens, ten spyte van worsteling met haarself, ten spyte van haar liefde vir haar kinders en waardering vir haar man se goedheid, kan Linda nie daardie eerste Liefde vergeet nie, en toe hy weer opdaag — die wêreldwyse, gesofistikeerde, sjarmante minnaar... kan sy hom nie weerstaan nie.
Lees in hierdie pakkende verhaal deur Elisabeth Vermeulen van ‘n vrou se worsteling met haarself, van ‘n man se bitterheid...die verhaal van onreg en berou.
Emosies en die handelinge wat daaruft voortspruit teen die agtergrond van die veelbewoë jare van die Boere-Republieke se vryheidstryd voer na ‘n treffende klimaks.
Hierdie heruitgawe van Fata Morgana, die gewilde verhaal deur Elisabeth Vermeulen in ‘n volkome nuwe kleed, is eintlik ‘n nuwe verhaal. Soos die baasskryfster dit alleen kan doen, is outentieke geskiedkundige atmosfeer intiem met die handeling verweef. LUGSPIELING dra die onmiskenbare stempel van literêre kwaliteit.


Foto : Elizabeth Vermeulen



|