http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Elmar Steyn se boeke sluit onder andere die volgende in:
Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale
Omnibus 2 (Elmar Steyn)
Omnibus 4 (Elmar Steyn
Omnibus 6 - (Elmar Steyn
Omnibus 7 (Elmar Steyn)
Wie is hy? Is hy Aleiman, die vryman wat toesig hou oor die slawe by die kaai? Is hy die seun van Ali Ben Samat, die Arabier? Is hy Robert de Villon, die seun uit ‘n Franse adelhuis? Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Soen my swaard - Elmar Steyn Toe Antoine la Mont, die seun van die Franssprekende boer van agter die Hottentots-Hollandberge, hom daardie sonnige dag na die Kaap begeef het, het hy beslis nie geweet watter avonture op hom wag nie. Hoe sou hy ooit kon droom dat hy in sy pogings om geld te verdien om sy plaas te bly behou, hom midde-in die Franse Revolusies sou laat beland? Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Kaapse weer - Elmar Steyn Skiereiland is vandag nog net so mooi as in die dae toe die skalkse Hollandse nooientjies die Franse matrose se harte in die dae van die Ou Kompanje gesteel het - die ou Skiereiland is nog net so verruklik mooi en die Kaapse Weer in die winter is nog net so guur. En dit in die gure Kaapse winterweer dat die onbeteuelbare Wyn Wenning sy flikkers by die skalkse Monique Marchand begin gooi het. Maar dit was maklike gesê as gedaan; hy moes nog eers vir Niels Westerhuysen uit sy pad kry, asook daardie kwasterige oubaas wat die voorreg gehad het om die vader van die skone Monique te wees. Weliswaar het Wyn ‘n hele paar keer byna met sy lewe geboet - maar soos die slot van hierdie tipiese Elmar Steyn-verhaal ook toon, was dit alles die moeite werd! Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Ilse Fourier - Elmar Steyn Armand du Pré, kom in die Kaap aan om besit te neem van sy ryk erfenis wat hom toegeval het. Maar armand kan hom maar nie by die geblomde krawatte, die satynbaadjies en die geborduurde sysakdoeke van die Kaapse heertjies aanpas nie. En die gevolg is dat hy ‘n bloutjie loop by Ilse Fourier, die dametjie wat sy hart gesteel het. Daar sou baie water in die see loop voordat sake uiteindelik regkom; daar sou eers ‘n hele paar swaardgevegte plaasvind, waaghalsige skermutselings met Boesmans en spannende intriges van die kant van Coenraad Bierman, wat ook om die hand van die beelskone Ilse Fourier meeding, maar Ilse se hart behoort aan haarself, tot sy die onelegante vryboer uit die Swelendam distrik ontmoet.... Ilse Fourier is ‘n heerlike, tipiese Elmar Steyn verhaal wat in die vroeë dae van die Kaap afspeel.
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Die gif van die adder - Elmar Steyn Lizette van Dyk, een van die mooiste meisies aan die Kaap en oogappel van die goeweneur, ontmoet Jacques de Renier op ‘n bal aan ‘n Kaapse woning - en maak tot die groot vermaak van haar vriende ‘n bespotting van Jacques. Sy kan dit bekostig, want is haar pa dan nie die beste vriend van die Goeweneur en waarskynlik die rykste man in die hele Kaap nie? En dit is die begin van ‘n reeks waaghalsige avonture vir Jacques - ‘n reeks avonture waarin sy moed en durf tot die uiterste beproef word en hy met ‘n gedugte vyand te doen kry. Die gif van die adder is ‘n spannende ou-Kaapse verhaal uit die pen van Elmar Steyn Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale
Die huis van St. Germain - geskryf deur Elmar Steyn Soos ‘n smarag lê die groen eiland daar, skiet Madagaskar uit die blou see op. Dis ‘n pragtige eiland - maar die hoofkwatier van die seerowers. In hierdie seerowersnes word ‘n vreemde groepie mense saamgegooi: die rowerskaptein Der Alte, die dwergedelman Etienne, die sluwe Yves Montpatre, die skone vrou Francine en die vreemdeling uit Djakarta wat stry om die eer van St. Germains.
Die goue droom - geskryf deur Elmar Steyn In die tagtigerjare van die 18de eeu het die nuus soos ‘n veldbrand dwarsdeur die wêreld versprei dat daar ongekende goudrykdomme wag op fortuinsoekers in die “Kaap Vallei” - Barberton vandag. En in duisendtalle het fortuinsoekers van oor die hele aarbol soos aasvoëls op hierdie onbekende afgeleë kom toegesak. Binne enkele maande het die “Kaap Vallei” gewemel van dobbelaars, moordenaars, rowers, skurke, straatvroue en ... eerlike goudsoekers! ‘n Lewe was in daardie skouspelagtige en stormagtige goudstormloop nie veel werd nie .... en talle van diegene wat nie ‘n geweldadige dood gesterf het nie, is deur die koors afgemaai.
Lees ook werke oor Baberton en die goudstormloop deur onder andere Mike Heine Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Taverne by die kaai - geskryf deur Elmar Steyn In hierdie verhaal.... Hy soen haar hartstogtelik en stoot haar van hom af weg. Hy lag. In sy hand hou hy ‘n pistool wat op my gerig is. “Kom uit, Martel.” Die woorde is kalm en spottend en ek besef dat die flenter gordyn my nie bedek nie. Ek tree vorentoe en onthou dat my pistool nie gelaai is nie. Teen sy vuurwapen is my swaard nutteloos.
Die swier van die Franse aristokratiese, die verskrikking van die revolusionêre oproere lewe weer in hierdie tintelende verhaal van haat en moed en trou....’n verhaal van die ou Kaap en Frankryk soos net Elmar Steyn dit kan vertel
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Die vlug van Francois du Buis- geskryf deur Elmar Steyn Francois du Buis en sy kneg, Pepin, keer vreugdevol terug na Frankryk, na ‘n paar jaar op die oop see en in vreemde hawens. Hier bemerk hulle ‘n vreemde spanning. Die geloofstryd tussen Rooms-Katoliek en Protesrant is besig om Frankryk in twee te skeur. Francois verneem met skok dat die Comté Du Buis nie sy vader is nie. Hy sweer sy titel af en sluit by ‘n toneelgeselskap aan. Hy ontmoet ook vir Racine, die meisie vir wie hy die gevaarlike lewe van Protestant aanneem. Maar wie is die groenoogmeisie wat amper as heks op die brandstapel sterf? En wat is die oorsaak van die vyandskap tussen die Comté Du Buis en die Chevalier Du Mornay, Francois-hulle se buurman? Hierdie tragiese verhaal van ‘n jong man wat sonder identiteit, tot die vlak van ‘n galeislaaf moes daal, om die sin in die lewe, en die ware liefde, te ontdek. Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Vrug van wraak (1980 uitgawe) - geskryf deur Elmar Steyn Wraak is soet, lui die spreekwoord, maar vir René du Plessis is die vrug van wraak aanvanklik bitter, want een na die ander sterf sy vyande. Almal behalwe die aanvallige Angelique de Savoye, dogter van die markies de Savoye, wat René eers onverdiend laat gesel en toe laat ontvoer het... Vervloek is die aristokrate! skreeu René saam met die gepeupel in Parys tydens die eerste dae van die Franse Rewolusie. Na die guilotine met die edelliede! Maar toe hy self vir Angelique na die guilotine moet bring, twyfel hy skielik of haar dood die haat, woede en nyd in sy binneste sal kan stil, want dis slegs wanneer sy by hom is, dat hy weer mens voel.... Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Die mense van Bergdal - geskryf deur Elmar Steyn Ignatius Tyse keer na ses jaar van ‘n swerwersbestaan terug na die Kaap - en wel onder ‘n skuilnaam. Een angsvolle nag, ses jaar tevore, het hy sy vaderland in twyfelagtige omstandighede verlaat. Nou is hy terug, om sy naam, en die van sy boesemvriend Marius van Reyden, in ere te herstel. Gou vind hy hom te midde van ‘n raaiselagtige komplot, waar dit duidelik gaan om die besit van die spogplaas Bergdal. Wie is die geheimsinnige nagtelike besoeker op Bergdal en waarheen het Charl du Clas, die eienaar van Bergdal, so skielik verdwyn? Is Anton Vermaak, die gewese voorman, wie hy voorgee om te wees. En waarom word Ignatius Tyse van moord verdink? Dan is daar ook nog die pragtige Eline du Clas, Anton se verloofde. Sal sy slegs as ‘n herinnering voortbestaan wanneer Ignatius Tyse sy swerwersbestaan hervat? Hierdie is ‘n spanningsverhaal, fyn geweef met liefde, in eg Kaapse styl, soos slegs Elmar Steyn dit kan vertel.
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Trek jou swaard M’seur- geskryf deur Elmar Steyn ‘n Verhaal van ‘n jong edelman met ‘n hart vol wraak. Mauritz van der Heiden het geweet, presies geweet, wie die mense is wat sy vader vermoor en hom nou van sy graafskap beroof het. Dieslfde mens wat ook ‘n koelbloedige aanslag op sy lewe gemaak het. Die soektog na die man op wie hy die dodelike punt van sy swaardlem gerig het, bring hom uiteindelik op ‘n skip - dieselfde skip waarop sy niksvermoedende prooi hom bevind. Maar ook op dieselfde skip waarop Margarette van Alkmaar is, die beeldskone, wonder-sagte dogter van die man wat Mauritz van der Heiden haat soos hy geen ander mens op aarde haat nie. Hy vind sy prooi uiteiendelik voor die punt van sy swaard, maar nie voordat hy teenoor homself moet erken dat hy Margarette liefhet nie. En dan neem die lewe sy eie loop. Mauritz se vyand word voor sy swaardpunt weggeraap. Daar breek ‘n dodelike siekte op die skip uit en hulle loop hulle in seerowers en seestorms vas. Mauritz leer ontberinge ken, waarva hy in sy wildste drome nie geweet het nie. En deur dit alles bly sy liefde vir Margarette brandend. ‘n Liefde waaraan hy nie wil toegee nie, omdat sy die dogter van sy vyand is. Elmar Steyn kry dit reg om verhale te skryf wat aksiebelaai is, maar tog is daardie heerlike Ou Kaapse romantiek fyn en kunstig deur alles gevleg. Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Die Kaapse vlinder - geskryf deur Elmar Steyn Vir Estienne Bruwer is die lewe aan die Kaap besig om onuithoubaar te word. Tussen Ouma Belle, sy moeder, en sy lewenslustige, pragtige dogters, glo hy, word die goeie naam van die Bruwers stukkie vir stukkie vernieitg. Veral, besluit hy, lê die knoop by Francoise, verreweg die mooiste en gewildste van sy dogters - en verreweg die een oor ie die meeste gepraat en geskinder word tussen die adel van die Kaap. En nog is dit nie die einde van Estienne se smarte nie. Die dag toe hy aankondig dat Francoise reeds lank gelede aan ‘n man, Rudolf de Hoogh, belowe is as vrou, het hy gemeen dat hy die losbandigheid van sy dogter gaan beperk. Maar helaas, hy is totaal verkeerd. Dan kom die skip in die hawe aan, te midde van die gebruiklike rumoer en opgewondenheid van die inwoners, en die twee manne wat aan wal stap, en dadelik die meeste aandag trek, is Tinus de Hoogh en Lof Ryke. Lof Ryke wat heel gou net ‘n skuilnaam te wees vir Rudolf de Hoogh, die man met wie Francoise verplig is om te trou. Francoise is nie bewus daarvan dat Rudolf de Hoogh en Lof Ryke dieslfde mens is nie, eweneens is Lof aanvanklik nie bewus van die onheilige verbintenis tussen Francoise en haar goeie vriend Pieter de Ryp nie. Wat hy wel weet, en waaroor hy gereeld aan die Goeweneur verslag doen, is die feit dat geheime inligting oor die beweging van skepe om die Kaap, uitlek. En namate Lof die kwessie ondersoek, stuur die verhouding tussen hom en Pieter de Ryp onvermydelik op ‘n konflik af - een wat net deur swaarde of pistole besleg kan word. ‘n Kaapseverhaal soos net Elmar Steyn kan! Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Opdrag Hiang-Kiang - geskryf deur Elmar Steyn Pierre Terblanch - geheime agent X-0-30 - is op die spoor van Suid-Afrika se grootste vyande. ‘n Duiwelse plan is bedink om Suid-Afrika aan te val. Pierre kry net die geheimsinnige boodskap..... OPDRAG HIANG-KIANG Dan is daar natuurlik die listige en beeldskone vroue - Jeanne, Rhoda, Micelle en Dana Chiba (laasgenoemde van Opdrag Suyaki) .... almal verleidelik en gevaarlik. Daar is die spannende motorwedren in Monaco, ‘n episode wat met gevaar en krag belaai is. Opdrag Hiang-Kiang is vol intrige, avontuur en spanning! Lees ook spionasieverhale deur Karel Kielblock Lees ook spionasieverhale deur Eugene Naudé
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale
Hilgar se helde - geskryf deur Elmar Steyn
Die kinders van Sengeti - geskryf deur Elmar Steyn Dit is die opvolg op die verhaal van “Die wit hings van Sengeti”. Albei is jeugverhale wat deur seuns en dogters geniet kan word.
Elmar Steyn se eerste boek oor die geheimsinnige wit perd wat sy verskyning op Sengeti gemaak het nl. Die Wilde Hings van Sengeti, was van meet af ’n treffer. Van oral het jong lesers gevra: “Wanneer kom die volgende Sengeti-boek?”
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za DIE KRUIS OP DIE KLIP deur Elmar Steyn “Hardloop! Hardloop, kinders!” skreeu die onderwyseres en help die kleinste dogtertjies en seuntjies om weg te kom.
KAAPSE KAVALIER Afgesien van die Boesmans en die roofdiere was heersugtige en geldgierige amptenare stellig die grootste probleem waarmee die eerste vryburgers in die vroeë dae van die Kaapse volksplanting te doen gekry het. Telkens kon die burgers nie hul produkte aan die skepe verkoop nie, omdat die Goewerneur daardie reg eerste vir homself en sy produkte opgeëis het. Lees ook Gerrie Radloff se DIE BUITER- reeks Lees ook ander ou Kaapse verhale
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Lees meer oor Elmar Steyn (kort biografie) of van Elmar Steyn se verskeie gewilde Kaapse verhale
Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Lees ook Kaapse verhale deur Annelize Morgan Lees ook verhale deur Naomi Maree Lees ook Kaapseverhale deur Wille Martin Lees ook Kaapse verhale deur Karl Kielblock Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
|