http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php Ena Murray

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Volgens ‘n vriendin van Ena Murray het sy altesame 131 boeke geskryf. Hier volg ‘n alfabetiese lys van haar boeke (Boeke in blou dui aan dat daar nog meer inligting oor die boek beskikbaar is):

  1. Agter die masker (1974) Ena Murray
  2. Altaarvure op Kanadavu - Ena Murray
  3. Anderkant die horison (1974) - Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
  4. Appelbloeisels en jasmyn (1990) Ena Murray
  5. As die lied verstil (1984) Ena Murray
  6. As die wiel draai - Ena Murray
  7. As die wind daaroor gaan (1985) Ena Murray
  8. Baas van Babilon - Ena Murray
  9. Bergwind oor Karma Ena Murray
  10. Bloeisels in die ryp, 1968 Ena Murray
  11. Boeie van goud - Ena Murray
  12. Bring dan jou offer (1972) Ena Murray
  13. Bruid uit die vreemde
  14. Bruid van Heerengracht - Ena Murray
  15. Daaglikse gesprekke deur Ena Murray,(Byblese dagstukkies)
  16. Die dae van ons nietigheid - Ena Murray
  17. Die despoot van Duiwelskloof (1978) Ena Murray              koop 'n boek 4
  18. Die dieper droom - Ena Murray
  19. Die Droster van Doringbaai - Ena Murray
  20. Die Geheim van Hercule Cordier (ou Kaapse verhaal)
  21. Die geleende bruid
  22. Die gesin Verduin (1983) Ena Murray
  23. Die glimmende simitar (1969) Ena Murray (woestyn verhaal)
  24. Die kleine kring - Ena Murray
  25. Die klippe sal uitroep
  26. Die Kluisenaar van Abendruhe (1971) Ena Murray
  27. Die man met die geel oë (1985)
  28. Die meisie van Klaradynstraat
  29. Die Meissner-kliniek Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
  30. Die mense van Keerboomstraat (1985) Ena Murray
  31. Die merk van die skarabee, (1975) Ena Murray
  32. Die ongebore uur (1992) Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
  33. Die oujongnooi van Polkadraai (1990) Ena Murray
  34. Die pad terug huis toe (1977) Ena Murray
  35. Die reëngod Tlaloc
  36. Die ryper jare (1976) Ena Murray
  37. Die spookvrou van Santa Catalina - Ena Murray
  38. Die tonnel
  39. Die uurglas loop leeg (1986) Ena Murray
  40. Die vrou in die spieël (1992) Ena Murray
  41. Die wewenaar van groene weivelde (1975) Ena Murray
  42. Die Wit Koningin (1984) Ena Murray
  43. Diena van Die Eike
  44. Dieplood - Ena Murray
  45. Dokter Julene (1991) Ena Murray (Meissner-kliniek) - Omnibus 37
  46. Eensaam op Wegdraai (1978) Ena Murray
  47. Eiland in die son - Ena Murray
  48. En die klippe sal uitroep (1993) Ena Murray
  49. En die verlange bly
  50. En die wind het gaan lê
  51. Ena Murray op die lewenspad
  52. Ena Murray se verjaarsdagboek (1986)
  53. Erf dan my drome(1989) - Ena Murray
  54. Gasheer van Drakeneiland
  55. Groter liefde as dit (1979
  56. Haar grootste offer (1975) - Ena Murray
  57. Hartklop van Hawaii - Ena Murray
  58. Heerser van die Quinta - Ena Murray
  59. Helder is die nag - Ena Murray
  60. Huise van klei
  61. Junior In Saal 7
  62. Kaalvoet Katryntjie (1980) - Ena Murray
  63. Keerkring van die Hart (1974) - Ena Murray                      koop 'n boek 4
  64. Kinders van Kis
  65. Koning van die Kanaku - Ena Murray
  66. Koninkryk van Ricardo (1967) - Ena Murray
  67. Lied van die Campino's
  68. Lisé (1960) - Ena Murray
  69. Luidende simbale - Ena Murray
  70. Maanlig Oor Die Amasone (1979) - Ena Murray
  71. Maddie
  72. Martelmars van die noodlot (1974) - Ena Murray
  73. Meisie van Klaradynstraat
  74. Merk van die Skarabee - Ena Murray
  75. More lê Ver
  76. My afgemete deel
  77. 'n Bruid vir graaf Debussy - Ena Murray
  78. 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
  79. 'n Eiland in die son
  80. ‘n Malva in Vinkelstraat
  81. ‘n Stil oomblik saam met Ena Murray
  82. 'n Tyd om te ween - Ena Murray
  83. ‘n vrou soos Salome - Ena Murray
  84. Net na middernag - Ena Murray
  85. Nuwe Horison
  86. Oase van geluk (1991) Ena Murray
  87. Ontsluit die grendels (1974) Ena Murray
  88. Onrus op Oshakati
  89. Oos na die son (1976) - Ena Murray
  90. Op die pad na Kanaän - Ena Murray
  91. Paspoort na gevaar - Ena Murray
  92. Plekkie in die Son
  93. Rabbedoe van Rietkuil (1975) Ena Murray
  94. Reënboog van koraal (1972) Ena Murray
  95. Regters oor gister - Ena Murray
  96. Roep van die Naguil - Ena Murray
  97. Satan van Zimbabwe (1972) Ena Murray
  98. Sê groete vir pappa (1990) Ena Murray
  99. Seile op die horison (1972) Ena Murray(ou Kaapse verhaal)
  100. Senor die seerower (1987) Ena Murray
  101. Skaduwees van gister (1974) Ena Murray
  102. Skynglans van die maan (1973) Ena Murray
  103. Sluiers van die Nag (1976) Ena Murray
  104. Sluiers van wierook (1984) Ena Murray (woestyn verhaal)
  105. So leeg die moederhart
  106. Soekers na die son (1988) Ena Murray
  107. Sondes van die vaders (1986) Ena Murray
  108. Soos Ons Ook Vergewe
  109. Soveel blye dae (1972) Ena Murray
  110. Tahiti, verre land - Ena Murray
  111. Ter wille van ons drome (1987) Ena Murray
  112. Terug na Kolkbaai (1983)
  113. Tonge Van Vuur Ena Murray
  114. Tromme van Onheil (1984) Ena Murray
  115. Twee paaie na Khuana
  116. Tweestryd op Blye Vooruitsig (1971) Ena Murray
  117. Verwonde Jare - Ena Murray
  118. Verworpe silwer (1983) Ena Murray
  119. Vlug van die albatros
  120. Vreemdeling in Eden - Ena Murray
  121. Vrou uit die nag (1973) Ena Murray
  122. Vyf vir vreugde Ena Murray
  123. Waar die nagtegaal sing (1974) Ena Murray
  124. Waar die wilde besembos bloei
  125. Wag-’n-bietjiebos van die liefde (1995) Ena Murray              koop 'n boek 4
  126. Wanneer die nuwe dag breek (1991) Ena Murray
  127. Waters van Siloa (1980) Ena Murray
  128. Weerklank van die liefde
  129. Zuleka Bordeau

Merk Van Die Skarabee

Die merk van die skarabee - geskryf deur Ena Murray
 Marcel Wiid, ‘n lugwaardin koop ‘n hangertjie by ‘n snuistery-stalletjie in Kairo. Die hangertjie is ‘n replika van die skarabee, ‘n Egiptiese kewer wat as heilig beskou word en as ‘n gelukbringer vir die draer daarvan dien. Marcel stuur die hangertjie aan haar suster, Elmarie, in Suid-Afrika, maar kort daarna kry die Wiids die skokkende tyding dat Marcel spoorloos verdwyn het in Kairo.

Marcel se verloofde, Deon Retief, en Elmarie vertrek uit Suid-Afrika na Kairo om self aan die soektog na Marcel deel te neem. Reeds tydens hulle rit vanaf die lughawe na hul hotel word hulle bewus van ‘n aantreklike, geheimsinnige Egiptenaar wat hulle agtervolg en word dieselfde donker Egiptenaar ook later die aand by hul hotel opgemerk. Dieselfde aand reeds word Elmarie se hotelkamer geplunder en word ‘n afbeelding van die skarabee op haar bedkassie gelaat.

Van hierdie oomblik af word die leser bladsy vir bladsy vol spanning deur die woestyn gelei tot in die hart van die Rooi See-berge waar aanhangers van die geheimsinnige skarabee-kultus hul hoofkwartier het. Aan die hoof van hierdie kultus staan ‘n vrou, ‘n murnmie wat asemhaal, wat met at die oosterse geheimsinnigheid haar volgelinge regeer.

Sou Elmarie en Deon ooit weer vir Marcel lewend vind? En watter rot speel die geheimsinnige maar gesiene en hooggeagte Hussein Ahd-el-Rahman in die gebeure?

Diep in die donker hart van die Rooi Seeberge het Elnarie dikwels onder benouende omstandighede gewonder oor die geluk wat die skarabee-hangertjie dan kwansuis aan die draer sou bring.

Ena Murray ken die kuns om die leser se hare te Iaat regop staan en te laat sweet van spanning. Merk van die Skarabee sal nie teleurstel nie.

 

Lees ook ander Egiptiese verhale...kliek hier

 

enamurray- sluiersvanwierook

Sluiers van wierook - geskryf deur Ena Murray (1984)

Ida Herbst gaan saam met haar pa na die woestynstad Rijaad, vasbeslote om hom en ‘n span geoloë te vergesel as hulle in die groot woestyn van Saodi-Arabië, die Roeb-al-Chali, na water gaan soek.

Georg Bolger. alias Al-Amin, enigmatiese vertroueling van die sjeiks, het egter ander planne. So ook die aantreklike prins Ibrahim Hazik al Yaman ibn Ahmed in sy weelderige sprokiespaleis.

Wanneer haar vriendin ontvoer word, beland Ida in ‘n maalstroom van ongelofflike avonture. Kort voor lank is sy in ‘n verbete stryd om selfbehoud gewikkel. Sy weet nie meer wie sy kan vertrou nie, en haar eie hart verwar haar nog meer. Want hoewel sy wéét Georg Bolger ‘n koelbloedige barbaar is, trek hy haar soos ‘n magneet. Dan is daar ook nog Dick Wilcocks, wat sê dat hy haar saam met hom wil terugneem na Amerika toe...

Die heldin se pad loop van Oosterse mark in Rijaad na die woestyn met sy oases en harems, sy honger woestynwolwe en rowerbendes.

Die vurige liefdesintriges en spammemde gebeure laat ‘n mens asem ophou tot by die laaste meesleurende bladsy. Sluiers van wierook is ‘n opwindende verhaal, vol vreemde misterie - ‘n verhaal van liefde en avontuur uit die pen van Ena Murray

Lees ook nog woestyn romanse deur Wille Martin

Lees ook nog woestyn romanse deur Chanette Paul

Lees ook nog woestyn romanse deur Annelize Morgan

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Tuis 2

    koop 'n boek 4

    enamurray- die glimmende simitar

Die glimmende simitar - geskryf deur Ena Murray

By haar moeder se sterfbed belowe Rianne van Biljon dat sy nogeens ‘n poging sal aanwend om haar broer Herman op te spoor. Herman en ‘n doktersvriend Gerhard van Dyk, het agt jaar tevore ‘n toer deur Arabië onderneem en sedertdien is nog geen tyding of spoor weer van hulle verneem nie.

Ten spyte van sterk teenkanting van die kant van die owerhede in Kairo, gaan Rianne die Arabiese woestyn binne. Heel spoedig maak sy kennis met een van die magtigste sjeiks in Arabië, die jong sjeik Ahmed el Hadab. Maar dit is nie net sjeik Ahmed wat hierdie pragtige meisie in die ongerepte woestyn opgemerk het nie. Ook sjeik Hassan el Halem, bekend vir sy wreedheid, het Rianne se skoonlieid aanskou en haar vir sy harem begeer.

Tussen hierdie twee woestynmanne sou ‘n genadelose stryd ontstaan, waarin die onskuldige Rianne magteloos heen en weer geslinger sou word. Wie sou die stryd wen? Die wrede Hassan el Halem met sy sluwe ogies, of sjeik Ahmed wat met koue, donker oë en besliste optrede, die ontsag van al sy volgelinge afdwing? En sou Rianne in hierdie stryd haar broer ooit vind?

Deel twee van hierdie boeiende en treffende verhaal, is die verhaal van Henriëtte, die dogter van Rianne. Henriëtte wat van kleins af reeds ‘n onverklaarbare maar onbedwingbare begeerte in haar aanvoel na die geheimsinnige Saudi-Arabië, hoewel sy op ‘n plaas in Rhodesië (Zimbabwe) opgegroei bet.

Wanneer sy haar mediese graad behaal, besluit sy om eers te gaan reis alvorens sy met ‘n praktyk begin. Dit is op hierdie reis dat Arabië haar soos ‘n magneet trek, en Henriëtte besluit om sonder haar ouers se medewete ‘n besoek aan hierdie land van deinende wit sandduine en duistere geheimenisse te bring.

Watter gevolge sou hierdie impulsiewe daad van Henriëtte nie nog vir haar inhou nie? Waarom het die ou Arabier met soveel onverbloemde vrees na die ring aan haar vinger gestaar? Die ring met die gekruisde sabels wat die letter M vorm. En wat het die ou Arabier bedoel toe hy gesê het dat dit die merk van Marko is?

Maar toe het Henriëtte nog nie geweet van Marko, die Rowerprins, heerser van die duine; wat op sy vurige hings die verskrikking van die woestyn geword het nie.

Lees ook nog woestyn romanse deur Wille Martin

Lees ook nog woestyn romanse deur Chanette Paul

Lees ook nog woestyn romanse deur Annelize Morgan

 

 

EnaMurray-Tromme van onheil boek liefdesverhaal

Tromme van onheil - verhaal deur Ena Murray

Deur die skemer van ‘n reënwoud in Papoea Nieu-Guinee stap ‘n groepie mense moeisaam voort, terwyl doodsgevaar hulle elke oomblik omring.

Langs vreemde weë het die lede van die ekspedisie by mekaar uitgekom. Aan die hoof is Verona, die verleidelike antropoloog. Vir haar is ‘n belangrike lid van die span Christo, met wie sy jare vantevore byna getrou het, maar wat sy vir sy boesem vriend Laurence verlaat het. Laurence het egter kort daarna in die groen hart van die woud verdwyn. Cristo glo dat Laurence aI die jare nog lewe en gevind moét word; daarom het hy op hierdie “studiereis” van Verona saamgekom. En Tom, knap hanteerder van vuurwapens, en Barney, kenner van edelstene — waarom is hulle op die tog? Watter houvas het Verona op hierdie geharde manne?

Daar is ook Anka, die sekretaresse wat uit verre Suid-Afrika moes kom om te sorg dat Cristo sy eer behou. Haar tante, Cristo se stiefmoeder, het naamlik die leuen dat Cristo getroud is die wêreld ingestuur in die hoop dat dit Verona uit sy lewe sou verdryf. Om te verhoed dat hul blufspel aan die kaak gestel word, moet Anka nou die rol van Cristo se vrou speel, ook op hierdie tog... in die nagte wanneer Verona hul skadu’s teen die dun tentseile kan sien.

lewers agter die digte plantegroei wat hulle soos groen mure omsluit, is daar oë wat hul gang noukeurig volg, die donker oë van kannibale. Dan begin die tromme hol en dof te dreun, soos ‘n bose siddering wat oor die oerwoud trek.

Tromme van onheil sal elke bewonderaar van Ena Murray meer as tevrede stel.

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Tuis 2

    koop 'n boek 4

 

EnaMurray-Soekers na die son liefdesverhaal

Soekers na die son - verhaal deur Ena Murray
Die verhaal begin eintlik by “Huise van klei”

Vir klein Nols Retief het daar ‘n mooi toekoms voorgelê: hy sou eendag die spogplaas Paradys erf. Hier sou hy en Hantie Hefer ná hul huwelik vir hulle ‘n lewe saam opbou. En die Retief-geslag sou voortgaan.

Maar toe, ná oupa Nols se dood, kom daar die skokkende onthulling: Die erfplaas kom die jonger kleinseun Janneman toe, want klein Nols is nie werklik ‘n Retief nie. Hy is ‘n aangenorne kind, ‘n buite-egtelike kind - en hulle weet nie eens wie of wat sy pa was nie.

Helgard en Elsa Retief was bereid om hom te aanvaar. Vir hulle was hy deel van die gesin, soos ‘n eie kind. En op die ander plaas, Ou Werwe, kan hy tog ook vir hom ‘n mooi toekoms bou.

Maar die Hefers sien nie meer kans vir die verbintenis nie. Hulle verbied die huwelik, en toe Hantie haar teen hulle verset, verbied hulle haar die huis.

Alhoewel sy in jeugdige oormoed haar lot by Nols op Ou Werwe wil gaan inwerp, is so ‘n toekoms vir hom óók nie meer moontlik nie. Sy wêreld lê aan stukke — en op ‘n dag verdwyn hy net spoorloos.

‘n Paar weke later kom die volgende skok: Hantie is swanger. En Janneman neem ‘n eed: As hy sy gewese broer kan opspoor, sal hy hom vermoor.

Vir die mense van Paradys breek daar ‘n hartseertyd aan, ‘n tyd van spanning en worstelling. Hul enigste troos is hul dogter Isabé. Sy het vir pa Helgard en stiefma Elsa nog nooit ‘n oomblik se leed besorg nie. Van háár lewe het sy ‘n sukses gemaak. By die privaathospitaal in Durban staan sy bekend as die beste operasiesuster wat hulle nog ooit daar gehad het.

Min wis die Retiefs van die probleem waarrnee sy worstel en dat sy ‘n besluit geneem het wat hul lewe nog verder uitmekaar uit sou ruk.

Soekers na die son is ‘n meeslepende verhaal oor die lotgevalle van mense op soek na geluk en vastigheid. Ena Murray skroom ook nie om hier die problematiek van ons Suid-Afrikaanse samelewing oop te vlek nie. Dit is ‘n verhaal wat jou dwing om opnuut te besin oor waardes wat dikwels so vanselfsprekend aanvaar word.

 

Afrikaanse boeke

Die Retiefs van Paradys
se verhaal begin by Ena Murray se
Huise van klei
Elsa se ma was nie tevrede om die vrou van ‘n plaasbestuurder te wees nie. Hoekom kon sy nie ook in weelde leef soos die baas van Paradys en sy kinders nie? Dáarom skei sy van sukkelaar Jan Vermaak en trek die voordeur van die eenvoudige huisie vir altyd agter haar toe. Sy en Elsa verruil die plaas vir Kaapstad. Dalk bied die stad alles wat die hart begeer.

Eers lok die disko’s en nagklubs Elsa. Later die skepe in die hawe. In skemer kajuite verkoop sy haar jong liefde aan seeman na seeman. Ses jaar lank doen sy dit. Totdat die jong mense wat snags hul lewens op die spel plaas om ander te red — straatwerkers soos Elske en Vegter — haar help om tot bekering te kom.

Nou sterf haar moeder en keer Elsa terug na Paradys - om dit spoedig weer te verlaat. Dreigend het Nols Retief, gevreesde eienaar van die spogplaas, in Jan Vermaak se voordeur gestaan en haar weggejaag. Want sy het dit gewaag om sy seun van haar verlede te vertel, Helgard wat met haar wou trou.

Elsa is egter bestem om terug te kom. Hierdie keer wit en móét sy die mense wat haar verwerp het, help. Die Retiefs, hulle wat in marmerpaleise woon, het haar oneindig nodig. Hulle is vasgevang deur ontrouheid, alkoholisme en dwelmmisbruik. Liefde en geluk ken hulle nie, wel afpersing en selfmoord.

Mater Elsa is ook maar net n swakke mens...

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Tuis 2

    koop 'n boek 4

EnaMurray-Seile op die horison kaapseverhaal

Seile op die Horison
verhaal deur Ena Murray
(ou Kaapse verhaal)

Die geheimsinnige markies Claud le Grand kom in die romantiese Kaap van die laaste helfte van die sewentiende eeu aan met sy ewe geheimsinnige skip, die Borsenburg; Hier in hierdie jong land waar maar kort te vore ‘n nedersetting tot stand gekom het, wil hy ‘n vrou soek wat aan hom bestendigheid sal gee na sy rustelose lewe en omswerwinge.

Dan ontstaan die onstuimige liefdeslewe van ‘n paar jong mense.

Op aandrang van die markies reël die goewerneur ‘n bal waarna al die jong meisies van die Kaap uitgenooi word sodat Claud vir hom ‘n vrou kan soek. Onder die gaste op die bal is die beeldskone diensmeisie, Angelique Viret, wat haar jong meesteres, Jeanette du Val, verteenwoordig om sodoende die markies om die bos te lei en ‘n man vir die onaantreklike dogter van gravin Du Val te probeer kry.

Maar sal die bedrog wat deur die gravin beplan word, uitwerk? Sal die roekelose Claud toelaat dat hy bedrieg word om met Jeanette in plaas van met die vrou van sy drome te trou? En sal Jeanette daarin slaag om met ‘n man uit die adelstand, soos van haar verwag word, te trou?

Die spanning loop hoog wanneer Angelique wat met die skip, die Schelde, na Frankryk op pad is deur die bemanning van die Borsenburg ontvoer word en sy dreig om Claud se seerowerslewe aan die goewerneur bekend te maak. Beteken dit dat Claud en die bemanning van die seerowerskip, die Nagswael, hulle einde aan die galgtou sal vind? Wat word dan van Angelique se onstuimige Iiefde vir die roeketose Claud en van Jeanette?

 

Lees ook ou-Kaapse verhalde deur Elmar Steyn

Lees nog Kaapse verhale deur Gerrie Radlof

Lees ook die seeheks reeks deur Kobus Snyman

 

enamurray- vreemdeling in Eden enamurray boek

Vreemdeling in Eden
verhaal deur Ena Murray

Asseblief, dame, ek soek ‘n man... gou en dringend!

Wanneer Karlien Steenkamp se nood op die ergste is, kom daar redding, in die vorm van Julius Schreider wat ‘n vrou ewe dringend nodig het. Hulle ken mekaar glad nie, en tog trou hulle dadelik en vertrek, met die paar maande oue klein Essie, na die Seychelles waar Julius een van die bestuurders is.

Dis nou te laat vir Karlien om aan die wysheid van haar besluit te twyfel, en in hierdie tropiese omgewing leer sy om die jong, onervare dogtertjie te ontgroei. In die tuin van Eden, word sy ‘n volwasse vrou wat liefhet. Maar hier leer sy ook die listige slang ken, en hoor sy van die verbode vrug, net soos in daardie eerste Eden, duisendejare gelede

Daphne Roderick word ‘n vertroude vriendin, en tog is dit eers aan die end dat Karlien haar geheim leer ken. Haar broer John, is ‘n goeie maat.. . totdat sy emosies daarby betrokke raak.

Malcolm Day is die man by wie Karlien opregte vriendskap vind, en dit is ook aan háár dat hy sy diepste geheim toevertrou. Sy vrou, Carroll, met die sagte blou oë en minsame houdinkies, leer Karlien ken as die adder. Die slang in Eden...

En Carrol se haat groei by die dag, haar voorneme om Julius vir haarself toe te eien versterk haar wraakgedagtes. Sy sal vir niks stuit nie. Selfs nie vir moord nie, as dit haar eie planne kan bevorder.

En Julius? Hy is die onbetwiste leier, die heerser hier. Hy is die man wat deur almal vertrou en gerespekteer word, maar hy is ook die man vir wie niemand in werklikheid ken nie. Die een wie se woord nooit in twyfel getrek word nie. Dat daar skinderpraatjies is omtrent hom en Carroll Day, weet hy. En omdat dit sy boesernvriend, Malcolm, se vrou is, is Julius se optrede soms ‘n bietjie misleidend. Misleidend vir ander op die eilande, en ook vir sy jong vroutjie by wie die lewensvreugde soms uitgedoof word.,.

koop 'n boek 4

Bo

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Tuis 2

    koop 'n boek 4

enamurray-Senor die seerower liefdesverhaal

Senor die seerower
‘n Moderne seerowersverhaal op ‘n idilliese eiland
deur Ena Murray

Andrea Smit was ‘n verpleegster met haar twee mooi voetjies stewig op die aarde geplant, maar haar pa, Dries, was ‘n dromer, immer op soek na ‘n verborge skat iewers. Toe hy die dag sê: dis nou die laaste keer, maar dat Andrea moes saam, op soek na ‘n seerowerskat op ‘n idilliese eiland naby Costa Rica, het sy ingestem. Buitendien, sy het pas honderd en vyftig duisend rand gewen in ‘n blokraaiselkompetisie en het al begin glo haar lewe is te saai en onromanties.

Op San,José, die hoofstad van Porto Rico, maak hulle kennis met die man namens wie Dries eintlik die skat moet soek: die adellike Alonso Juan Benito de Vitoria, maar Andrea en die aantreklike man — ‘n direkte afstammeling van die berugte seerower Benito — is dadelik haaks, hoewel sy tog toegelaat word om hom en haar pa te vergesel na die eiland Kokos, waar die skat eeue lank reeds versteek is.

Op die eiland maak Andrea ook kennis met Donna Teresa, Alonso se grootmoeder wat lank reeds beplan het dat hy met sy pragtige stiefsuster Miranda sal trou, met Miranda self, en met Alonso se neef Juan, wat heimlik op Miranda verlief is. Maar Alonso het ander planne — met die skat, met Miranda, met sy grootmoeder en met Andrea.

Señor die seerower is ‘n romantiese avontuurverhaal wat die bloed deur die leser se are sal laat tintel — Ena Murray op haar verrassende beste!

Lees ook Oloff die seerower (Gerrie Radloff)

Lees ook Wille Martin se seerower boeke

 

enamurray- erf dan my drome liefdesroman

Erf dan my drome
In Erf dan my drome verdiep die liefdesverhaal wat so romanties, wat byna speels in Appelbloeisels en jasmyn begin het
deur Ena Murray

Vir die jong Erika was die eerste ses maande van haar huwelik met Philippe de la Buscagne ‘n sielsgelukkige tyd. Haar man, direkteur van ‘n groot hotelgroep op die Comoro-eilande, moet nou wel oordag dikwels van die huis af wees, maar wanneer sy ligte vliegtuig saans naby hul paleisagtige huis op Mayotte land, is sy altyd daar om hom te verwelkom.

Tot daar die dag ‘n noodoproep van sy neef kom: Daar is ‘n krisis by die hotel Coelacanth en sy moet asseblief kom help. Hy kan dit nie alleen hanteer nie.

Al weet Erika goed dat haar man ontevrede is oor Jean-Paul se afhanklikheid van haar, kan sy dit nie oor haar hart kry om te weier nie. Vandat Jean-Paul meer as ‘n jaar gelede in ‘n vliegongeluk was, is hy verlam en moet hy sy dae in ‘n rolstoel slyt. Buitendien is dit op haar aandrang dat Philippe hom, baie teësinnig, as bestuurder van een van sy hotelle aangestel het. En hy móét die kans gegun word om te wys wat daar in hom steek. Sy durf hom nie nou faal nie.

Toe Philippe daardie aand tiis kom en net ‘n briefie vind, ontstaan daar ‘n verwydering tussen hom en sy vrou — ‘n vervreemding wat nog groter word toe Philippe se eertydse verloofde, Jacqueline, oenskynlik onverwags op die toneel verskyn. Dis ook nie net Jacqueline nie. By die hotel is daar nog die geheimsinnige, blonde Louise wat nie met die ander gaste meng nie, maar tog dikwels in Philippe se geselskap is. En hy weier botweg om enige verduideliking van hierdie nuwe vriendskap te gee.

‘n Vreemde sameloop van omstandighede by die hotel dwing die drie vroue om daagliks saam te werk. En vir Erika word dit al hoe duideliker dat hier baie meer op die spel is as ‘n wedywering om Philippe se guns.

In Erf dan my drome verdiep die liefdesverhaal wat so romanties, wat byna speels in Appelbloeisels en jasmyn begin het, tot ‘n boeiende drama van verstrengelde menslike verhoudings. Die ontknoping kom eers nadat elkeen van die vyf hoofkarakters ‘n lang pad van hartseer, verydeling en misverstand afgelê het.

Lees ook: Appelbloeisels en jasmyn

 

koop 'n boek 4

Bo

Tuis 2

    koop 'n boek 4

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

 

enamurray-Terug na Kolkdraai liefdesverhaal liefdesverhale

Terug na Kolkbaai
liefdesverhaal deur Ena Murray

Na elf jaar in die stad keer Hannelore terug na Kolkbaai, die dorp van haar jeug.

Kolkbaai is nie meer die gehuggie van vroeër nie. Moderne huise het teen die sandheuwels bygekom, asook ‘n kerksaal en nuwe poskantoor waarop die dorp se naam pryk.

Tog is baie van die mense wat sy as jong meisie geken het, nog daar. Onder andere haar jeugIiefde, Oloff Bernhardi, van wie sy destyds weggevlug het stad toe.

Die herontmoeting maak ou herinneringe wakker, en Hannelore besef dat die tyd nie die argwaan tussen hulle laat verdwyn het nie. Dit word spoedig vir haar duidelik dat sy die onvermydelike botsing waarop hulle afstuur, nie sal kan voorkom nie.

In Terug na Kolkbaai vertel Ena Murray, soos net sy kan, die verhaal van ‘n jong vrou se soeke na haarself, na vrede en geluk. ‘n Liefdesroman uit die boonste rakke.

 

enamurray-op pad na kanaan liefdesverhale

Op pad na Kanaan - Ena Murray

Toe Pauli van der Merwe, vrou van die ambisieuse, vooruitstrewende jong regsman Jan van der Merwe, die dag moet hoor dat haar man ‘n ander vrou liefgekry het, voel dit vir haar asof haar hele wêreld ineentuimel. Dit waarvoor sy en Jan so hard gewerk het — hul mooi, imposante huis, hul duur nuwe meubels, die luuksemotor, al die dinge waarna hulle saam gestreef het —was dit dan alles verniet? Waarvoor het sy dan die jare van haar jonkheid opgeoffer?

Verpletterd vlug sy, sonder om Jan te laat weet waarheen sy gaan. Sy het self geen benul waarheen sy haar moet begeef nie.

Maar die nooddot is goed vir Pauli, want sy kom uit by ‘n plek wat enig in sy soort is: Môrestond, waar mense wat deur die lewe geknou is, die kans kry om ‘n nuwe toekoms te vind, om die foute wat hulle gemaak het, uit te stryk en die lewe van voor af aan te pak.

Dis egter nie as pasiënt, as Pauli van der Merwe, dat sy haar daar bevind nie. Dis as verpleegsuster Pauline Grobbelaar, een van die span wat die terneergeslane, rigtinglose mense om haar moet help om weer hul voete te vind.

Sal sy haar eie probleme te bowe kan kom en haar aan die welsyn van die mense om haar kan wy? Of sal sy in die aangesig van soveel ongeluk weer op die vlug slaan? En wie is Wilbur Vlok eintlik — die man met die grys aan sy slape en die skaduwee in sy oë? Wat het in sy verlede gebeur dat hy nog steeds alleen deur die lewe gaan?

Met al hierdie vrae worstel Pauli, tot sy op ‘n dag met ‘n skok besef dat daar ‘n ingrypende verandering gekom het in haar lewe.

Op pad na Kanaan is ‘n diep geestelike verhaal, op die waarheid gebaseer, van ‘n handjievol mense wie se lewens onherroeplik ineengestrengel raak. Met ‘n deurvorsende oog word gekyk na die waardestelsels wat mense aanhang, na hul soeke na geluk en bevrediging, na hul hoop en wanhoop. Maar uiteindelik gaan dit om die Iiefde, wat alles bedek, alles glo, alles hoop, alles verdra.

 

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

 

enamurray- as die lied verstil liefdesverhale

As die lied verstil
Liefdesverhaal deur Ena Murray

Chrissie is doodgelukkig by Ouma in die klein, eenvoudige huisie op Dennedal. Hier kan sy in rus en vrede klavierspeel, na haar plate luister, en sy is vry om drome te droom; drome wat so onbereikbaar is .

Dan maak sy kennis met Ferdi en James, en skielik lyk dit asof haar drome tog vervul kan word. Maar sy sal moet opofferings maak wat haar wegneem van Ouma en Dennedal, en haar hele lewe drasties verander.

Chrissie ervaar ongekende geluk, totdat Velma terugkeer van die buiteland, en haar drome stadigaan begin uiteenspat .

As die lied verstil is ‘n tere liefdesverhaal wat geen Ena Murray-bewonderaar mag misloop

 

enamurray-Anderkant die horison kaapseverhaal

Anderkant die horison
‘n boeiende Kaapse verhaal
Ena Murray

,Jy gaan nie op hierdie perd ry nie, Mam’selle. Ek verbied jou!”

Hy was Philippe Fouché, die staljonge; sy was Loanne, dogter van die graaf De Ruelle, eienaar van die RueIle-landgoed en -kasteel in die suide van Frankryk. Sy het die peits geswaai na die jong gesig voor haar, en ‘n oomblik later het die bloed vrylik gevloei uit die kloof op sy wang.

,,Jy vergeet jouself, M’sieur,” het sy kil geantwoord. ,,Ek gehoorsaam geen bevele van ‘n kneg nie ...

Maar dis die jaar 1789. die jaar van die Franse Rewolusie, en enkele weke later word die trotse kasteeldogter tog genoodsaak om die stalkneg se bevele te gehoorsaam en sy is verplig om met hom te trou om van die valbyl te ontsnap.

Philippe en Loanne Fouché vlug na die Kaap de Goede Hoop, weg van die afgebrande bouvalle van die Ruelle-kasteel, weg van die verkoolde lyke van hul ouers — Loanne ook weg van haar verloofde. die comte Louis De Ia Fay Dupont. Loanne glo dat Philippe haar ouers vermoor het, en hy hou die comte Louis daarvoor verantwoordelik.

Die verlede sterf nooit werklik nie en op ‘n dag vaar drie skepe Tafelbaai binne — en word die sluier oor die verlede oopgetrek

Anderkunt die horison is weereens ‘n boeiende Kaapse verhaal uit die vaardige pen van Ena Murray; ‘n verhaal wat bruis en tintel van romantiek, spanning en avontuur.

 

Haar grootste offer- Ena  Murray

 

 

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

 

enamurray- bloeiselsindieryp liefdesverhaal

Bloeisels in die ryp - Ena Murray

‘n Aangrypende en roerende verhaal, van die leed en smart van ‘n jongmeisie wat onskuldig en ongewapend die buitewêreld tegemoet gaan, nadat sy sedert haar vroegste dae slegs aan die beskermende lewe van die weeshuis waar sy opgegroei het, gewoond was.

Eers toe sy die onskuldige prooi van ‘n hartelose en selfsugtige jongman word, word Renske Conradie bewus van ‘n ander sy van die lewe, wat dusver vir haar onbekend was.

Renske was egter skaars bewus van die smart en verguising wat nog op haar gewag het, daardie dag toe sy besluit het om vir goed alle bande van die verlede te verbreek, wat haar aan die weeshuis gebind het.

Vol vertroue besluit sy om die bekende advokaat Brand Laubscher te besoek. Hy is Desmond se broer en by sal haar van Desmond se adres voorsien. Desmond sal mos met haar trou, hy het haar mos ook lief, soos wat sy hom met oorgawe liefhet!

Maar Renske se hele wêreld tuimel in duie wanneer sy voor die genadelose en beskuldigende bilk van Brand Laubscher ineenkrimp — wanneer sy woorde soos swaardsteke deur haat priem: ,,Jy is nou die vyfde meisie wat my om sy adres kom vra. Watter hartroerende storietjie kom jy my vertel’

En soos soveel kere daarna nog sou gebeur, strompel Renske sonder doel of rigting, haweloos en reddeloos in die nag deur die verlate strate van die groot pad.

Maar later wanneer die onverbiddelike, geharde Brand Laubscher vind dat by die bleek, verwese gesiggie van die meisie nie uit sy gedagtes kan weer nie, dan begin sy haas vrugtelose soektog na haar— fynkam hy die strate van die groot stad, speur sy oë tussen die massas wat daagliks die sypaadjies bewandel. Want bedags kan hy sy werk nie meer behoorlik doen nie, en snags laat die beeld van haar geskokte gesiggie die slaap van hom wyk.

Anders as Ena Murray se bekende spanningsromans, lewer hierdie gewilde skryfster vir ons hier ‘n suiwer en hartroerende liefdesverhaal.

enamurray- satan van zimbabwe afrikaanse verhale

Satan van Zimbabwe
deur
Ena Murray

Op die vakansieplaas by die Zimbabwe-ruine wag almal. Almal wag dat die onheil weer moet toeslaan. Want dinge gebeur... meer as wat vir die blote oog sigbaar is...

Gustaf glo dat hy op die regte spoor is, maar dan gebeur soveel onverklaarbaarhede:
Nina verdwyn snags na die ruine.
Phil het ‘n verhouding met Dianne.
Vlêrmuise val mense aan.
En die Satan van Zimbabwe eis nog ‘n sbagoffer.

Wat skuil agter die geheimsinnighede by die Zimbabwe-ruIne?

Buitengewone gegewe word in SATAN VAN ZIMBABWE ineengeweef tot ‘n boeiende roman. Ena Murray hou die leser in spanning en afwagting tot by ‘n verrassende ontknoping.

 

enamurray- die ongebore uur liefdesverhaal

Die ongebore uur
liefdesverhaal
deur Ena Murray

Een nag van hartstog baar nie ‘n leeftyd van huweliksgeluk nie. So waarsku dokter Gunther Meissner die pragtige Inge Buchner daar in die verre Duitsiand. Maar in die ydel geloof dat sy haar eie toekoms kan bepaal, soebat sy hom om met haar te trou — en sy vra nie met woorde alleen nie, maar ook met haar liggaam. Dat daar veel, veel meer op die spel is as huweliksgeluk, sal Gunther eers later in Suid-Afrika uitvind. En ook Inge moet ontdek: oor die toekoms het sy geen seggenskap nie, al het sy alles haarfyn beplan.

Magteloos moet sy toekyk hoe dokter Annari Murad alles vir haar man word wat sy self begeer om vir hom te wees.

Die ongebore uur is Ena Murray se derde roman oor die lewens en lotgevalle van die Meissner-kliniek se mense.

Familie rondgeslinger deur die storms van die lewe, maar een wie se verhaal duur verworwe wysheid inhou, en leesgenot uit die boonste rakke bied.

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

Lees meer oor Ena Murray omnibusse

 

enamurray- en die klippe sal uitroep liefdesverhaal

En die klippe sal uitroep
liefdesverhaal deur Ena Murray

Haar naam mag onskuldig klink, maar Miempie Rust laat haar deur niemand soos ‘n stoetdier deurkyk nie - allermins deur ‘n pierewaaier soos Emile de Jongh van La Rhone, die spogplaas van die omgewing.

En buitendien: sy het veel ernstiger sake op die plaas as om nog een van Emile se kortstondige metgeselle te word.

Miempie is distriksverpleegster en iemand met ‘n oop hart vir die nood van die plaaswerkers. Sy skroom nie om betrokke te raak nie, en om haar sê oor die toestand op sommige plase te sê nie - al maak dit haar soms ongewild.

Emile kán homself nie keer nie: die dapper en reguit meisie imponeer hom. Méér nog: hy kan haar nie weerstaan nie. Maar hoe meer haar pleidooie om menslike bedeling vir plaaswerkers veld wen, hoe meer lyk dit of sy buurman, Manie Bredenkamp, by Miempie veld wen.

Miempie word egter minder deur troukoors gepla as die twee manne. Sy gaan voort met haar selfopgelegde taak. lewers moet sy byvoorbeeld twintigduisend rand vandaan kry sodat Maria Vaaltyn, ‘n skrander werkerskind van La Rhone, met haar mediese studie kan begin.

En die klippe sal uitroep is ‘n werklik meesleurende verhaal van geloof wat oor alle struikelblokke triomfeer - en nie net die geloof nie. Want uiteindelik oorwin ook die liefde, en dIt juis omdat Miempie so hardkoppig vir minderbevoorregtes in die bres tree.

 

 

 

Hier volg ‘n lys van Ena Murray se boeke volgens datums uitgegee:

  1. Lisé (1960) Ena Murray
  2. Koninkryk van Ricardo (1967) Ena Murray
  3. Bloeisels in die ryp (1968) Ena Murray
  4. Die Glimmende Simitar (1969) Ena Murray
  5. Die Kluisenaar van Abendruhe (1971) Ena Murray
  6. Tweestryd op Blye Vooruitsig (1971) Ena Murray
  7. Bring dan jou offer (1972) Ena Murray
  8. Seile op die horison (1972) Ena Murray (ou Kaapse verhaal)
  9. Satan van Zimbabwe (1972) Ena Murray
  10. Reënboog van koraal (1972) Ena Murray
  11. Soveel blye dae (1972) Ena Murray
  12. Skynglans van die maan (1973) Ena Murray
  13. Vrou uit die nag (1973) Ena Murray
  14. Agter die masker (1974) Ena Murray
  15. Anderkant die horison (1974) Ena Murray
  16. Keerkring van die Hart (1974) Ena Murray
  17. Skaduwees van gister (1974) Ena Murray
  18. Waar die nagtegaal sing (1974) Ena Murray
  19. Ontsluit die grendels (1974) Ena Murray
  20. Martelmars van die noodlot (1974) Ena Murray
  21. Merk van die Skarabee - (1975) Ena Murray
  22. Die Wewenaar van groene weivelde (1975) Ena Murray
  23. Rabbedoe van Rietkuil (1975) Ena Murray
  24. Haar grootste offer (1975) Ena Murray
  25. Sluiers van die Nag (1976) Ena Murray
  26. My afgemete deel - (1976) Ena Murray
  27. Oos na die son (1976) Ena Murray
  28. Die ryper jare (1976) Ena Murray
  29. Die pad terug huis toe (1977) Ena Murray
  30. Die despoot van Duiwelskloof (1978) Ena Murray
  31. More lê Ver (1978)
  32. Eensaam op Wegdraai (1978) Ena Murray
  33. Maanlig Oor Die Amasone (1979) Ena Murray
  34. Groter liefde as dit (1979
  35. Waters van Siloa (1980) Ena Murray
  36. ‘n Malva in Vinkelstraat, 1980
  37. Kaalvoet Katryntjie (1980) Ena Murray
  38. Verworpe silwer (1983)Ena Murray
  39. Terug na Kolkbaai (1983) Ena Murray
  40. Die gesin Verduin (1983) Ena Murray
  41. Liefste Koos (1984) Ena Murray
  42. As die lied verstil (1984) Ena Murray
  43. Tromme van Onheil (1984) Ena Murray
  44. Die Wit Koningin (1984) Ena Murray
  45. Bergwind oor Karma (1984) Ena Murray
  46. Net na middernag (1984)
  47. Op die pad na Kanaän (1984) Ena Murray
  48. As die wind daaroor gaan (1985) Ena Murray
  49. Die mense van Keerboomstraat (1985) Ena Murray            koop 'n boek 4  
  50. Die man met die geel oë (1985)
  51. Sondes van die vaders (1986) Ena Murray
  52. Die uurglas loop leeg (1986) Ena Murray
  53. Ena Murray se verjaarsdagboek (1986)
  54. Senor die seerower (1987) Ena Murray
  55. Daaglikse gesprek deur Ena Murray (1987)
  56. Ter wille van ons drome (1987) Ena Murray
  57. Soekers na die son (1988) Ena Murray
  58. Erf dan my drome (1989) Ena Murray
  59. Sê groete vir pappa (1990) Ena Murray
  60. Die oujongnooi van Polkadraai (1990) Ena Murray
  61. Appelbloeisels en jasmyn (1990) Ena Murray
  62. Wanneer die nuwe dag breek (1991) Ena Murray
  63. Oase van geluk (1991) Ena Murray
  64. Dokter Julene (1991) Ena Murray
  65. Die vrou in die spieël (1992) Ena Murray
  66. Die ongebore uur (1992) Ena Murray
  67. En die klippe sal uitroep (1993) Ena Murray
  68. Wag-’n-bietjiebos van die liefde (1995) Ena Murray
  69. Altaarvure op Kanadavu Ena Murray
  70. Baas van Babilon Ena Murray
  71. Dieplood - Ena Murray
  72. Eiland in die son Ena Murray
  73. Gasheer van Drakeneiland - Ena Murray
  74. Plekkie in die Son
  75. En die wind het gaan lê
  76. Vreemdeling in Eden Ena Murray
  77. Tahiti, verre land Ena Murray
  78. Hartklop van Hawaii - Ena Murray
  79. Tonge Van Vuur
  80. Die Geheim van Hercule Cordier - Ena Murray
  81. Waar die Wilde Besembos Bloei
  82. Paspoort na gevaar - Ena Murray
  83. 'n Bruidegom vir Lille - Ena Murray
  84. Heerser van die Quinta -Ena Murray
  85. Luidende simbale - Ena Murray
  86. Die spookvrou van Santa Catalina- Ena Murray
  87. Roep van die Naguil - Ena Murray
  88. 'n Bruid vir graaf Debussy - Ena Murray
  89. Verwonde Jare - Ena Murray
  90. Lied van die Campino's
  91. Die Droster van Doringbaai
  92. ’n Eiland in die son
  93. Boeie van goud
  94. Onrus op Oshakati
  95. Regters oor gister
  96. Diena van Die Eike
  97. Helder is die nag
  98. Meisie van Klaradynstraat
  99. Junior In Saal 7
  100. ‘n vrou soos Salome
  101. Twee paaie na Khuana
  102. Nuwe Horison
  103. Zuleka Bordeau
  104. Die dieper droom,
  105. Huise van klei,
  106. Die Meissner-kliniek
  107. Die tonnel
  108. Die klippe sal uitroep
  109. So leeg die moederhart
  110. Die geleende bruid
  111. Bruid uit die vreemde
  112. Bruid van Heerengracht
  113. Weerklank van ons liefde
  114. Die meisie van Klaradynstraat
  115. 'n Tyd om te ween
  116. Die reëngod
  117. Vlug van die albatros
  118. Koning van die Kanaku
  119. Soos Ons Ook Vergewe
  120. As die wiel draai
  121. Die kleine kring - Ena Murray
  122. Maddie
  123. ‘n Stil oomblik saam met Ena Murray
  124. Ena Murray op die lewenspad
  125. Die dae van ons nietigheid
  126. Kinders van Kis
  127. Vyf vir vreugde
  128. En die verlange bly

Verworpe silwer - Ena Murray -agtergr Verworpe silwer - Ena Murray -gr

Bo

Tuis 2

koop 'n boek 4

Ena Murray se verjaardagboekie

 

Ena Murray se verjaardagboekie- met gedagtes vir elke dag. Aanhalings kom uit die volgende roman van Ena Murray:

  • Regters oor gister
  • Luidende simbale
  • ‘n Tyd om te ween
  • Boeie van goud
  • Terug na Kolkbaai
  • Helder is die nag
  • Vyf vir vreugde
  • ‘n Malva in Vinkelstraat
  • Lise
  • Bring dan jou offer
  • Die despoot van Duiwelskloof
  • Die oujongnooi van Polkadraai
  • Die kleine kring
  • Waters van Siloa
  • Baas van Babilon
  • Diena van die Eike
  • Die wewenaar van groene weivelde
  • Weerklank van ons liefde
  • Soveel blye dae
  • Plekkie in die son
  • Die kluisenaar van Abendruhe
  • Soos ons ook vergewe
  • My afgemete deel
  • Dieplood
  • En die verlange bly
  • Tonge van vuur
  • Die gesin Verduin
  • Die dae van ons nietigheid

Daaglikse gesprek deur Ena Murray- Bybelse dagstukkies

 

 

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738

Lizmar blook eyes 1ks

Bestel boeke by:

www.lizmar.co.za

Elarduspark telephone small red 012 345 4040

Equestria telephone small red 012 807 2710

Monumentpark telephone small red 012 346 6738