http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Die Fritz Deelman-reeks word geskryf deur Leon Rousseau Boeke in die reeks is:
Fritz Deelman het noue bande met die destydse Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie en doen “undercover werk” vir die Staat. Nodeloos om te sê dat daar altyd aksie, spanning en baie opwinding in sy lewe is. Dié laat mens besef dat Fritz Deelman is Suid-Afrika se eie tipe James Bond-karakter wat allerhande gevare en ondervindings ondergaan en vir ure se leesgenot vir menige seuns en “groter seuns” gesorg het. Die skrywer, Leon Rousseau, was medestigter van Human & Rousseau Uitgewers in 1959. Toe hy die eerste Fritz Deelman-boek van die reeks in 1956 geskryf het, was hy maar 20 jaar oud. Die reeks was onmiddellik ´n groot sukses en alhoewel dit eintlik op die jeug gemik was, het dit byval gevind by jonk en oud. Die Fritz Deelman-reeks is in 1974 met ewe groot sukses heruitgegee. Nou, ongeveer 50 jaar later sedert die eerste uitgawe van die reeks, word dit weer uitgegee met die eerste twee titels Fritz Deelman en die Skepe van Mars en Fritz Deelman en die Swart Eiland wat in Maart 2004 verskyn het. Fritz Deelman en die Skepe van Mars geskryf deur Leon Rousseau Drie riumtevaarders sit strak en gespanne in ´n ruimteskip wat op pad is na Mars. Die voortbestaan van al die volke op aarde is in hul hande. Uit die vaartbelynde wêreld van die toekoms, moet die bekende luitenant Fritz Deelman hierdie keer die stryd voer teen waansinnige magte van die ruimte. Wat hierdie so merkwaardig maak is die feit dat Leon Rousseau hierdie toekomsverhaal geskryf het lank voor die lansering van die eerste mensgemaakte satelliete in 1957 en nog langer voor die Rus, Joeri Gagarin se geskiedkundige baanvlug om die aarde in April 1961. Eers later het die Amerikaners in Julie 1966 gevolg met Neil Armstrong en Edwin Aldrin se maanlanding. Daarna het ons die verskyning van die vorige uitgawe in 1974 het onbemande Amerikaanse ruimtetuie ´n reeks foto´s van die planeet Mars na die aarde teruggesein waarop reusagtige vore - moontlik millennia oue rivierlope - baie duidelik sigbaar was. Betroubare inligting oor die moontlike aanwesigheid van lewensvorme op die sogenaamde 'rooi planeet' was daar selfs in dié stadium egter nie. Vandag vermoed wetenskaplikes dat daar moontlik water op Mars was / is en die soektog na water, ander lewensvorme verdiep steeds.
Fritz Deelman en die Swart Eiland geskryf deur Leon Rousseau Fritz Deelman en sy Franse makker maak ´n ontdekking wat die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie in rep en roer het...
Fritz Deelman en die Woestynrowers geskryf deur Leon Rousseau In die Arrakbrosse, ‘n ongetemde streek in die Sahara-woestyn, veg ‘n handjievol Franse teen ‘n gehemsinnige vyand. Hier staan die Moho-toring, toegangspoort tot ‘n fantastiese skag wat ses kilometer onder die aarde ongekende skatte ontbloot. Hier wag asemberowende ontdekkings op luitenant Fritz Deelman van die Suid-Afrikaanse Veiligheidspolisie.
Maar watter verband hou die verskyning van die gevreesde Rooi Sjeik, ‘n roekelose woestynvegter wat sy slagoffers, nie net onder die Franse nie, maar ook onder die Arabiere van die Arrakbrosse eis? Dit kos al Fritz Deelman se moed en speurvernuf om vas te stel waar die Rooi Sjeik skuil en om hom uiteindelik te ontmasker.
Fritz Deelman en die Diepsee-duikbol geskryf deur Leon Rousseau Professor Niemeyer , ‘n argeoloog, maak ‘n wonderlike ontdekking op Madagaskar : ‘n kaart wat op edel metaal gegraveer is en die ligging aandui van die land Lemuria wat tienduisend jaar gelede met ongelooflike skatte in die Indiese oseaan weggesak het. Luitenant Fritz Deelman na Madagaskar gestuur om uit te vind wat van Professor Niemeyer geword het. Verder sit hierdie vonds ‘n wedloop van verbysterende vaart aan die gang tussen die militêre speurder luitenant Fritz Deelman en die gewetenlose skurk Archimedes Levitopek wat vir Professor Niemeyer gevange geneem het. Die rampokker kry ook vir Fritz Deelman in sy mag en dwing hom om duisende meter onder die see in ‘n duikbol na die skatte te soek. Die gevare wat hy in die diepte teëkom, moet met die grootste vernuftigheid afgeweer word. Op die oppervlak, in die atoomskip,Marie Antionette waarin Fritz en sy vriende gevange gehou word, is dit uiteindelik die speurder se blitsvinnige optrede en vindingrykheid wat ‘n geleentheid vir vergelding skep.
Fritz Deelman en die Gori Lama geskryf deur Leon Rousseau Uit die bloute ontvang Luitenant Fritz Deelman - deel van die internasionale veiligheidspolisie - ‘n brief van sy vriendin, Loeki (ook Loekie) de Klerk, wat op besoek is in die Ooste. In die skynbaar doodgewone brief vind Fritz leidrade wat hom oortuig dat Loeki hulp nodig. Volgens die boodskap lei hy af dat ‘n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde in gevaar verkeer. ´n Westerling kan slegs met lewensgevaar die geheimsinnige bergland Tibet binnedring. En Fritz Deelman moet daarheen gaan om ´n vooraanstaande Suid-Afrikaanse geleerde te red. ‘n Geheimsinnige ontploffing- vermoedelik ´n aanslag op sy lewe, versterk sy vermoede. Hy besluit om na die Ooste te vetrek om die raaisels te probeer oplos. ‘n Land noor van Indië, die republiek Sikkim, lei die spoor hom na die Himalajas en daarvandaan na die geheimsinnige bergland van Tibet, wat sedert 1959 onder kommunistiese bewind is. ´n Westerling kan slegs met lewensgevaar Tibet binnedring. Hier ontvou eeueoue geheime wat selfs die ervare Fritz Deelman staan verstom.
Fritz Deelman en die Ondersese Myn geskryf deur Leon Rousseau In die Stille Oseaan lê die ondersese myn wat die middelpunt vorm van nog ´n avontuur in die opwindende lewe van luitenant Fritz Deelman.
Fritz Deelman en die Groen Dood geskryf deur Leon Rousseau Fritz Deelman bevind hom in die dieptes van die "groen hel" van die Amasonewoude; waar die dood elke oomblik kan tref. Om die antwoorde te vind, moet Fritz Deelman op ´n waaghalsige tog na streke waarheen min mense nog te voet gereis het, vertrek. Hy word deur ´n barbaarse stam oorweldig, word hy aan ´n grusame proef onderwerp, maar dit is gou vir Fritz duidelik dat dit nie hierdie Indiane was wat die vrede in die gebied verstoor het nie. Om die werklike vyand te vind, dring Fritz Deelman die Amasone dieper binne opsoek na die berugte "groen hel". Dit is ´n gevaarlike gebied waar giftige moerasse in die hitte lê en broei, maar verder lê daar ook duisende gevare en wag. Maar wat Fritz Deelman uiteindelik in die dieptes van die oerwoud ondervind, laat al dié ontberings na kinderspeletjies lyk."
Fritz Deelman en die Suidpoolbende geskryf deur Leon Rousseau In Amerika kom luitenant Fritz Deelman te staan teenoor ´n organisasie wat die hele wêreld probeer uitwis. Vir tien dae volg Fritz Deelman en Loekie de Klerk op die spoor van die onwettige jagters van spermwalvisse - wat die enigste bron is van ambergrys. Ambergrys is noodsaaklik vir die vervaardiging van Satania.
Lees ook Kies jou eie avontuur-reeks
Fritz Deelman en die ondersese myn
|