http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
Uitbundige lewenslus, pret en plesier is die kenmerke van hierdie lewendige jeugverhaal uit die pen van toé nog ‘n jong skryfster (laat 1960’s), Annette Spence. Op ‘n lewenstroue wyse skets sy die Liebenberg-kinders, hulle perde, vriende en nuwe kuiergaste - maar veral die liefde vir hulle diere. Onwillekeurig ervaar die leser by die lees hiervan ook die vrolike ongebondenheid wat deur die werk bruis. Die “Groen heuwels” is ‘n reeks vir elke jong seun en dogter Boeke in die reeks is:
Vakansie op Groen Heuwels (geskryf deur Annette Spence) Die Liebenbergs van groen heuwels is ‘n groot, vriendelike , en soms maar lawaaierige familie. Rian Roux is onseker of sy stil dogter by die lewenslustige familie sal kan aanpas, maar gelukkig het Ria iets groots in gemeen met die Liebenbergs, naamlik ‘n besonder sterk liefde vir perde. Die ryskool op Groen heuwels trek ook gedurig besoekers van die stad en buurplase, sodat die familie soms nog groter en wanordeliker voorkom as wat dit werklik is. By hierdie atmosveer pas Ria haar besonder goed aan, sonder om enigiets van haar eie persoonlikheid prys te gee. Saam met die Liebenbergs maak sy baie avonture mee, en wanneer dit by terglus kom, kan sy ook haar man staan. Sy is nog nie so ‘n bedrewe ruiter as meeste lede van die familie nie, maar is ook nie onwillig om te leer nie.
Nuwe gaste op Groen heuwels- geskryf deur Annette Spence
Mooinooi op Groen heuwels- geskryf deur Annette Spence
Moleste op Groen heuwels- geskryf deur Annette Spence Op Rita Roux en haar vriende van Groen Heuwels, die gesellige ryskool van die Liebenbergs, wag daar baie avontuur en spanning. Die eerste opgewondenheid is te danke aan die groot geskenk wat Rita se pa ‘n maand gelede van oubaas Gerber vir haar gekoop het - ‘n Palomino-ponie met nie naam Mooinooi; ‘n pragtige merrie wat sommer van die eerste dag af Rita se hart gesteel het. Maar toe steek moeilikheid sy kop uit. Oubaas Gerber se seun, Henk, sê dat daar êrens ‘n misverstand met die verkoop van Mooinooi ingesluip het. Die Palomono-merrie het nie aan sy pa behoort nie, maar aan hom. Oubaas Gerber het dus geen reg gehad om sy seun se ponie te verkoop nie, en Henk het daarop aangedring dat hy die ponie wil terugkoop. Vir Rita was hierdie nuus so ‘n groot skok dat trane dadelik in haar oë wou blink, maar haar pa, Rian Roux, het die saak nie so gou gewonne gegee nie. Die verkoop was ‘n werklike transaksie en hy gaan nie toelat dat sy dogter Mooinooi verloor nie. Hierna het die son weer vir Rita geskyn en Anton Liebenberg en die ander was saam met haar bly hieroor. Die jong ruiters van Groen Heuwels se ryskool, neem hierna aan die perdesportbyeenkoms op die Pretoriase skou deel waar die mededinging kwaai is, maar sommige van Groen Heuwels se ruitertjies kwyt hul goed van hul taak. Hiernee volg ‘n reeks eienaardige gebeure, en elke keer is Rita se ponie in gedrang - die ponie wat Henk Gerber ten alle koste weer in sy besit wou gehad het. Maar waarom? Hy is tog nie ‘n perdeliefhebber nie! Nee, die geheim lê dieper.
Lees meer oor ander tiener-reekse - klik hier
Lees ook die Kaleidioskoop vir dogters
Lees ook die Soekie reeks
Lees meer oor skrywers - Klik hier
|