|
Grootoog-reeks boekies
Die belang van lees in ‘n kind se ontwikkeling kan moeilik oorbeklemtoon word - ‘n liefde vir boeke is die sleutel tot ‘n wêreld van kennis en verbeelding. En kinders lees natuurlik makliker as hulle iets geniet! Met die oog hierop is Grootoog-stories spesiaal ontwerp om lekkerte met ‘n gesonde opvoedkundige inslag te kombineer.
Grootoog-Stories Die vier titels in die reeks is:
- Heidi
- Die gemmerkoek-mannetjie
- Die lelike eendjie
- Die prinses en die ertjie

Grootoog-Sprokies Die vier boekies in die reeks is :
- Die getroue bliksoldaatjie
- Die gestewelde kat
- Die rottevanger van Hameln
- Klein duimpie

Grootoog leerboekies
Kinders is nuurskierig en weetgierig, en leer graag nuwe dinge. Grootoog leerboekies is spesiaal ontwerp om allerlei inligting op eenvoudige en prettige wyse oor te dra op ‘n manier wat die vir die ouer moontlik maak om hierdie eerste kennis maak met feite te deel.
Boekies in die reeks is :

Grootoog leerboekie-reeks - Ons Huis

Grootoog leerboekie-reeks - My eerste rympies Kleur illustrasies deur Louise Barrell Afrikaanse berymings deur E.P. du Plessis, W Versfeld’Elizabeth van der Merwe en G.J. Botha


Grootoog leerboekie-reeks - Hoe laat is dit? Teks deur Nina Filipek Kleur illustrasies deur Louise Barrell In Afrikaanse vertaal deur Annelie Ferreira
Vir die ouer Om op ‘n horlosie te kan kyk, is vir ‘n kind ‘n groot prestasie. Die begrip van tyd is ook’n basiese wiskundige konsep.
In hierdie boek leer kinders die begrip deur praktiese situasies. Werk elke bladsy saam met jou kind deur en verduidelik hoe lank dinge neem om te gebeur. Gebruik die illustrasies om ure en minute te help verstaan.

Grootoog leerboekie-reeks - Troeteldiere Teks deur Nina Filipek Kleur illustrasies deur Louise Barrell In Afrikaanse vertaal deur Annelie Ferreira
Vir die ouer Die meeste kinders wil graag troeteldiere hê. Hulle moet egter leer hoe belangrik dit is om vir hulle troeteldiere te sorg.
In hierdie boek leer kinders die basiese behoeftes van sekere troeteldiere ken. Gebruik die illustrasies om aan iou kind te verduidelik wat elkeen van hierdie troeteldiere se behoeffes is en hoe om hulle te versorg.

Lees ook van die Ladybird-reeks (kinderboeke)



|