|
Hendrik. S. van Blerk het verskeie boeke geskryf van kinderboeke, jeugverhale, geskiedenisverhale, boereoorlogsromans en meer. Van sy werke in alfabetiese volgorde is hieronder asook sommige datums van uitgawe.
:ALFABETIESE lys van H.S. van Blerk se boeke sluit in:
- Bewaker van die oerbos - 1988, H S van Blerk
- Boerespioen-reeks
- Boeta gaan op kommando - 1977, H S van Blerk
- Braakland van die bose - 2008, H S van Blerk
- Broer oor die Visier (verhaal uit die staking van 1922)- 1963
- Dé, wêreld, hier´s ´n kind vir jou - 1995
- Die Blou Tartare - Die wonderperd (no 1)
- Die Blou Tartare - Ou Meisiewagter (no 2)
- Die Blou Tartare - die spooklig (no 3) -1968
- Die Blou Tartare - die renperd (no 4)
- Die Blou Tartare - Faan speel Kupido (no 5)
- Die Blou Tartare - Faanman slaags met terroriste (no 6)
- Die Edelvalk van Donkerkruin - 1986 (jeugverhaal)
- Die Mynramp -1964 , H S van Blerk
- Die Stellalander 1972 (Anglo-Boereoorlog roman)
- Die tier van Ruigberg (jeugverhaal) -1973
- Die tollenaar van Tiekiedraai - (waarskynlik 1956)
- Die Tweebeenjagter en ander kinderstories (Kinderstories) 1965
- Die verklikker - 1963
- Die wilde Ier - 1953
- Dit blom tussen bantams - 1948 (H S van Blerk se eerste boek)
- Drielaag - 1964 (Saam met Mikro, Dolf van Niekerk). Die titel van H S van Blerk se storie is : Die Kronieke van Asjas, Die esel
- En drie maal kraai die haan - 1968 (1989 uitgereik as Stormjaer)
- Geboorteplaas -1959
- Kas Plesie se hartseerdae - 1966
- Los donkies - 1950
- Majuba -reeks (7 boeke)
- 1) BLYDEVOORUITZICHT
- 2) BO-OP MAJUBA BRAND ‘N LIG
- 3) DIE KOLONIALER
- 4) TUIN VAN HERINNERING
- 5) KRONIEK VAN DIE KAMPKINDERS
- 6) REBEL SONDER ROER
- 7) WRAAK VAN DIE RENEGATE
- ‘n Sot op ‘n plot
- Nag oor Nineve - 1968
- Plek van die dooie geeste - 1982 , H S van Blerk
- Reën van embarming
- Roman en Robyn - 1964 (Kinderstorie)
- Sakman staan vas, 1982
- So ver na Mooigelegen - 1971
- Soos Gras is sy Dae - 1955
- Stormjaer - 1989 (aanvanklik uitgegee in 1968 as “En drie maal kraai die haan”)
- Swart Oktober, 1980
- Tuin van herinnering - 1982 (Anglo-Boereoorlog roman) - vervolg op Die Stellalander
- Twee stuiwers vir ‘n mossie
- Vegter vir Vryheid - 1963, H S van Blerk

MELT FRONEMAN (skuilnaam van H S van Blerk):
Stel ‘n Strik vir ‘n Jakkals - 1978 Wagters van Walhalla - 1977
Die Blou Tartare reeks:
Die Blou Tartare - Die wonderperd (no 1) Die Blou Tartare - Ou Meisiewagter (no 2) Die Blou Tartare - die spooklig (no 3) -1968 Die Blou Tartare - die renperd (no 4) Die Blou Tartare - Faan speel Kupido (no 5) Die Blou Tartare - Faanman slaags met terroriste (no 6) - 1979

Twee stuiwers vir ‘n mossie - H S van Blerk

Plek van die dooie geeste, uitgegee deur Perskor, 1982 en was deel van die Klub 707 reeks
Plek van die dooie geeste was geskryf deur HS van Blerk
Wat is dit wat Zirk Immelman laat besluit het om daardie moordende woestynwekspedisie mee te maak? Was dit die Boesmanlegende oor die verborge skatte diep onder die sandkors van die aarde, of was dit omdat die stil, donkerkopmeisie deel van die ekspedisie was...?
Vir Renate was dit oorspronklik net ‘n vreemde, opwindende soort vakansie saam met miljoenêrsvriende en professor Greunewal, wat op die spoor van ‘n verlore stad in die Kalahari was. maar toe vind hulle meer as net argeologiese wonders, en ontaard die soekgeselskap in gierigaards wat nie meer hul beste makkers sou ontsien nie.
Met sy briljante gawe om te fantaseer, lei die skrywer, H.S. van Blerk, ons in hierdie boek deur ervaringe wat nooit in die gewone verbeelding sou kon bestaan nie. Die leser beleef die doodsgevare van die woestyn saam met die karakters, en staan saam met hulle in ademlose verwondering wanneer hulle op die geheime skag afkom wat met spiraaltrappe diep in die donker rykdom van die aarde afwentel...


Edelvalk van Donkerkruin - H. S. van Blerk (skooluitgawe : eerste druk 1986). Die tier van Ruigberg - H S van Blerk se eerste uitgawe was reeds in 1973. KLlK HIER om ‘n kort biografie van H.S. van Blerk te lees
Lees ook diereverhale deur H.J. Vermaas
Lees ook diereverhale van Pieter Peterse
Lees ook gewilde diereverhale van Ben Venter



Tweebeenjagter en ander kinderstories - H S van Blerk is in 1965 deur Human & Rousseau uitgegee.
Die aantreklikheid van hierdie bundel kinderverhale deur die bekende skrywer - H S van Blerk - lê veral in die ongewone vermenging van inheemse motiewe uit die Bantoe en Kleurling met elemente uit ons Westerse sprokieserfenis soos ons dit uit die werke van Grim en Anderson ken.
Dit is juis wat hierdie verhale so eg Afrikaans maak en die kind se verbeelding sal prikkel, want hier word die alledaagse wêreld wat hy ken op oorspronklike wyse verbind met die wonderwêreld van die sprokie en sy konings, beeldskone prinsesse, towenaars en pratende diere.
Stories in die bundel is:
- Ratoel se houtdonkie
- Mapieka en die Reus onderstebo
- Hoe bobbejaan Bobbejaan geword het
- Die dapper loodsoldaatjie
- Aslêertjie
- Die treurige pendoringboom
- Zamiko se Leeubruidegom
- Die bokkie wat beter geweet het.
- Die tweebeenjagter
- Waar Kwagga aan sy streepklere gekom het
- Hoe Skilpad vir Jakkals gevang het
- Adoons kees en die Bergkaboutertjie



Roman en Robyn (Twee speurhonde) - H S van Blerk 1964
Elke kind en elke volwassene in Suid-Afrika weet van die Suid-Afrikaanse Polisie se speurhonde. Iedereen het al gelees van gevalle waar speurhonde die spoor gevolg het van ‘n misdadiger en die booswig uiteindelik uitgesnuffel het in sy skuilplek.
Nou het H.S. van Blerk - na deeglike ondersoek - die storie geskryf van die intelligente, gevoelige diere. Hy het na die depot gegaan waar die honde opgelei word en kennis gemaak met die manne wat die werk doen. Die wonderlike verhale van die prestasies van die honde is aan hom vertel. Hy het self gesien hoe elke hond met eiendelose liefde en geduld opgelei word. Die soort insident waarin Roman en Robyn ‘n rol speel, het werklik al plaasgevind met ‘n Polisiehond, en die beskrywing van die afrigting is waar.
Die skrywer het sy verbeelding gebruik om ware feite saam te weef in ‘n verhaal wat die leser sal boei tot op die laaste bladsye.



Die Blou Tartatre is ‘n reeks van ses boeke vir die jeug deur HS van Blerk geskryf
Lees nog grensoorlogstories deur HJ Vermaas
Lees ook diereverhale van Pieter Peterse

Bewaker van die oerbos - H S van Blerk - 1988 uitgegee deur Juventus
Diep in die oerbos - daar waar Pa hom belet het om ‘n voet neer te sit - daar het hy die grootste ontdekking van sy lewe gemaak. En nou mag hy niemand daarvan vertel nie.
Vir Peetman Naudé word sy geheim ‘n ondraaglike meulsteen om die nek. Wat staan hom te doen wanneer die lewende juwele van die oerbos bedreig word? Hoe kan hy hulle beskerm - en wie kan hy in sy vertroue neem?
Daar is oortreders in die bos. Jagters en vernielers wat voor die voet uitroei en doodmaak. Maar daar is ook Naomi wat verstaan en Peetman bystaan toe dit nodig word om daadwerklik op te tree.
Bewaker van die oerbos is ‘n jeugroman uit die pen en uit die hart van die bekende skrywer H S van Blerk



Die verklikker- H S van Blerk. 1963 nasionale boekhandel. Stofomslag deur F Lategan
Op die rand van sy bed in kamer 311 van die Hotel van Riebeeck in Pretoria sit ‘n man met ‘n stuk tou in sy hand, ‘n stuk tou wat geknoop is soos ‘n galgtou waarmee moordenaars opgehang word. Op die vloer by sy voete lê ‘n briefie waarin geskryf staan : “Net om jou aan jou verraad te herinner, Schalk Pretorius.


Die mynramp deur H S van Blerk is die eerste keer in 1964 uitgegee
Golovan het sy koekepan gestoot, diep onder die aarde in die myn. ‘n Entjie voor hom was Misfire, ook met ‘n koekepan.Toe skielik, het lakens geskeur, die dak het gekraak en neergetuimel - en daar was geen Misfire meer nie.
In die deel van die myn wat as die Doodkis bekend is omdat dit so gevaaruk is, is nege blankes en sewe-en-negentig nie-blankes vasgekeer agter duisende tonne rots wat honderd tree van die tonnel toegeval het. Almal weet dat dit byna onmoontlik is om die tonnel oop te grawe omdat hy maar weer sal toeval. Tog word daar geprobeer om dit te doen — tevergeefs.
En in die Doodkis sit die mense sonder kos, sonder water en sonder vars lug. Onder hulle is Kalman Stern, die leier; Duimpie Blom, die diep godsdienstige; dr. James Brown, die wêreldbekende geleerde en humanis; Dempsey Mans, die moordenaar; Boet Weber wie se gewete hom mal maak...
Hulle weet dat alleen ‘n wonder hulle kan red, en daar vind vreemde dinge in hulle plaas.
Die skrywer van hierdie boek het intieme kennis van ‘n myn; hy ken die mense wat daar werk en die taal wat hulle praat. Hyhbet hier die verhale ineen geweef van ‘n verskeidenheid van mense in ‘n roman wat van die begin tot die einde boei. Stofomslag: Willem Jordaan

Voorblad en agterblad van : en drie maal kraai die haan - H S van Blerk. Die boek is later uitgereik as “Stormjaer”
Hierdie is ‘n roman oor die onstuimige Ossewabrandwag-jare. Alle krisistye in ons nasionale bestaanstryd het al stem gekry in ons literatuur: die Pionierstryd, die Trek, die Vryheidsoorlog, die Rebellie, die staking van 1922 en selfs die sabotasie intriges - maar die jare van storm en drang, wrywing en frustrasie met die Ossewabrandwag as katalisator - daaroor is romanmatig nog altyd geswyg.
Hierdie is die verhaal van Thys Lombaard en Ruth Fremont speel af teen die goue jare van die Tweede Wêrelsoorlog toe meer as oorlogswolke saamgepak het oor Afrikaanssprekendes en Engelssprekendes en oor Afrikaner en Afrikaner...
Nog nooit van te vore is hierdie stormagtige tydperk in ons land se geskiedenis so sinvol gebeeld as deur van Blerk se boek nie.

Die Stormjaer is in Mei 1989 en die tweede druk Maart 1990 in sagteband uitgegee deur Oranjewerkers promosies, nadat dit aanvanklik in 1968 as “en drie maal kraai die haan” , uitgegee was.
Lees ook die Anglo-Boereoorlog verhaal deur Rein Pretorius



Los donkies - 1950 (H S van Blerk)
‘n Boek wat handel oor die houtsnyers en wat lewe in die depressiejare. Hule hulle ‘n bestaan uit “swaarkry” gemaak het, deur hout uit die Bosveld aantery na die mynbou en delwerye op Barclay-wes en omgewing. Verskeie hedendaagse tema’s word hier aangeraak, soos godsdiens, aanneem van kinders oor kleurgrense, diefstal ens

Nag oor Nineve - H S van Blerk - 1968 uitgegee
In Dar-es-salam gis en kook dit. al hoe meer Kommuniste wat een of ander tyd uit Suid-Afrika gevlug het, vergader in die stad. Ook Willem Steyn, een van die Republiek se berugste Kommuniste, kry opdrag om na Tanzanië te kom.
Wat niemand behalwe die hoogste offisiere van die Veiligheidspolisie weet nie, is dat Willem ‘n spioen van sy land is. Hy word in die grootste geheimhouding gehelp om oor die grens te ontsnap, met die opdrag om inligting in te win oor die grootskaalse inval wat die Kommuniste op Suid-Afrika beplan.
Die eerste nnus wat hy egter in Dar-es-Salam hoor, is dat die kontakpersoon uitgeskakel is. Daar sal nog ander wees, maar wie? In hierdie nes van spioenasie en teen-spioenasie kan hy niemand vertrou nie, nog minder hom op sy gevoelens verlaat.
Twerwyl hy dag en nag dopgehou word, beraam Wilem desperaat planne om kontak met die Veiligheidsafdeling te maak. Toe kom daar soos ‘n donderslag die bevel van ‘n temperamentele leier: “Oor drie dae is ons by die Limpopo!”
Dit lyk asof die lewensbelangrike inligting Suid-Afrika nog slegs deur ‘n wonderwerk betyds kan bereik.




Tuin van herinnering - H S van Blerk (Eerste uitgawe van die Anglo-Boereoorlogroman was in 1982 deur Tafelberg uitgegee)
Hierdie is ‘n aangrypende, soms ontstellende roman oor die Anglo-Boereoorlog en die armoedsjare daarna. Dit gee ‘n onvergeetlike beeld van die lyding van vroue en kinders in die konsentrasiekampe.
Met die hoofkarakter, Trienie Oberholzer, is reeds kennis gemaak in Stellalander, die eerste roman in HS van Blerk se beoogde trilogie oor die oorlog. Toe was die rebelse meisie wat haar, vermom as jong burger, in die stryd begewe het - en verlief geraak het op die onverskrokke Hans Grobbelaar. Kort nadat hulle op Kommando getroud is, is sy in die sorg van ‘n groepie voortvlugtige vroue gelaat, en hy as rebel geskiet.
In Tuin van herinnering word die verhaal voortgesit: Trienie, op die punt om geboorte te gee, word saam met die ander vroue gevange geneem en na ‘n besonder strawwe kamp geneem waar die dood daagliks kinders wees laat, en moeders stom van smart.
In hierdie haglike omstandighede openbaar die gebroke Trienie haar innerlike krag. Sy is bereid om op te offer - selfs om menslik op te tree teenoor ‘n joiner en haar oor sy kinders te ontferm.
Die roman word gekenmerk deur ‘n fyn ewewig tussen goed en kwaad. Teenoor die onreg en gruwele van die oorlog is daar die simpatieke menslikheid van die jong Engelse kampdokter Fenscham, wat die hoë sterftesyfer onvermoeid teëwerk en op ‘n jong Boeremeisie verlief raak.
Tuin van herinnering is gebaseer op ware belydenisse wat oor ‘n lang tyd deur die skrywer opgeteken is. Dit is ‘n unieke dokument van menslike lyding, aanpasbaarheid en oorlewing.


Die eerste verkenner. Deel 1 : verkenner van Danie Theron
Daar is al baie oor die baasverkenner Danie Theron geskryf, maar nog nooit is die verhaal van hierdie onverskrokke Boereheld en die dapper manne wat onder hom gedien het, so boeiend vertel as hierdie reeks nie. Die volgende boek in die reeks is:BOERESPIOEN
Feit en verdigsel word op behendige wyse tot ‘n interessante en hegte eenheid geweef. In hierdie boek wor ddie leser midde in die woelinge geplaas wat die Tweede Vryheidsoorlog voorafgegaan het. Starr Jameson is onderweg na Johanneburg met ‘n troepemag om die regering van die Zuid-Afrikaansche Repupliek omver te werp.
In die Goudstadse stofstrate en pragwonings van die rykes word bose planne teen die regering gesmee, en die Uitlander dreig openlik met opstand. Na hierdie kookpot word ‘n jong prokureursklerk, Danie Theron deur Kommandant-generaal, Piet Joubert, gestuur op ‘n gevaarlike en hoogs geheime sending.
Snaarstyf span HS van Blerk die spanning terwyl danie Theron in die opstandige skares van johannesburg beweeg. Enige oomblik kan hy dalk deur ‘n bekende ontmasker word as ‘n geheime agent van die gehate Kruger-regering. Elke oomblik wat hy onder hulle deurbring, stel hy sy lewe in gevaar. Maar reeds toe het hy getoon uit watter staal hy gesmee is en waarom burgers hom enkele jare later sou volg.
Hierdie is egter nie net ‘n blote avontuurverhaal nie. Dit is ook ‘n aangrypende en tragiese verhaal van Danie se groot en mooi liefde vir die jeugdige Hannie Neethling. Dit is ‘n verhaal met alles daarin vir jong Afrikaners : avontuur, patriotisme, opoffering en moed - ook sinryk vir die huidige situasie.


Die tollenaar van Tiekiesdraai en So ver na Mooigelegen- H S van Blerk



Hier volg ‘n lys van sy HS van Blerk se boeke
- Die wilde Ier - 1953
- Reën van embarming
- Swart Oktober
- Los donkies - 1950




- Plek van die dooie geeste - 1982 H S van Blerk
- Die tier van Ruigberg (jeugverhaal) -1973 H S van Blerk
- Drielaag - 1964 (Saam met Mikro, Dolf van Niekerk). Die titel van H.S. van Blerk se storie is : Die Kronieke van Asjas, Die esel
- Boeta gaan op kommando - 1977
- Die Stellalander 1972
- Die Blou Tartare - Die wonderperd (no 1)
- Toe Faanman du Plessis die perd van sy keuse vind, voel dit skielik asof almal teen hom is. Maar hy bly koppig want hy het groot planne.
- Die Blou Tartare - Ou Meisiewagter (no 2)
- Faanman is regtig in die knyp: ‘n Amerikaanse miljoenêrskind kom by hulle bly! En toe Claire O’Donovan eindelik opdaag, ontdek hy dit is nog erger as wat hy gevrees het.
- Die Blou Tartare - die spooklig (no 3) -1968
- Die eerste aand van hul vakansie op Perdeplaas gewaar die Blou Tartare ‘n lig in die verte wat geheimsinnig verskyn en verdwyn...
- Die Blou Tartare - die renperd (no 4)
- As sy pa sê hy moet Kleinmeid verkoop, besluit Faanman, loop hy sommer weg. Maar so maklik los hy nie sy probleem op nie.
- Die Blou Tartare - Faan speel Kupido (no 5)
- Toe ou Parra dinge tussen meneer Hoogenboesem en juffrou Mostert verongeluk, besluit die Blou Tartare hulle moet iets doen. Faanman kry die raarste plan...
- Die Blou Tartare - Faanman slaags met terroriste (no 6)
- Faanman kan dit byna nie glo nie: hy gaan Rhodesië toe. Hy het nooit gedink sy pa sou instem dat hy saam met Nelie by sy oom -hulle kan gaan kuier nie. Maar toe Claire aanbied om in Faanman se plek die perde te versorg was oom Hans tog te bly - hy en tant Martha voel lankal hulle skuld Faanman ‘n wegkomkans. Allles dui op ‘n heuglike, avontuurlike, gevaarlike en onvergeetlike vakansie. Die nag voor Faanman en Nelie se vertrek slaap hulle in die boomhuis, maar word wakkergeruk deur die klank van ‘n submasjiengeweer van ‘n terroris.

Voorblaaie van Die Stellalander en deel 1 van die Boerespioen-reeks - Die eerste verkenner (Verkenners van Danie Theron) geskryf deur H S van Blerk

Swart Oktober geskryf deur H S van Blerk
Die verhaal speel al in die donker jare van die Rebellie en die eerste Wêreldoorlog. Dit is die meesleurende liefdesverhaal van Koen Oberholzer, wat vandat hy kan onthou, die één meisie liefgehad het.
Daar was stories oor haar. Hy en sy is uit sy ouers se huis gejaag, en ‘n ander man het op die toneel verskyn, maar Koen kan hom nie van hierdie liefde losmaak nie.
Hy staan by haar deur die ontsetting van die griep-epidemie toe sy omtrent almal wat vir haar dierbaar was, verloor het. Hulle veg saam om haar boeties en sussies te behou.
Maar dan moet hy weg. Hy moet geld kry om haar en haar familie te voed. Hy moet geld kry om te lewe, want na sy pa en ma gaan hy nie weer nie. Na ‘n vrugtelose soek na werk, beland by op die delwerye om daar sy fortuin te soek. Toe by eindelik terug kan kom na Hermina toe, is dit om die nuus te kry dat sy getroud is met sy aartsvyand. Maar hy kan dit nie aanvaar nie. Daar is niemand wat hom met sekerheid kan sê dat sy wél met die sadis, Riekert Monsen getroud is nie. Daar is net praatjies soos daar altyd praatjies oor die beeldskone meisie was.
Hy is nou seker dat Riekert Monsen haar in sy huis, waar niemand toegelaat word, gevange hou. Hy weet hy moet haar gaan haal . . . maar die huis word bewaak deur vyf honde wat so wreed soos hulle baas is en Riekert Monsen loop met ‘n geweer op die plaas rond om enige oortreders dood te skiet of met die sambok by te dam.
Swart Oktober deur die bekende H. S. van Blerk, is ‘n verhaal wat die leser nie maklik sal vergeet nie. Dit is geskryf met groot deernis en n kennis van daardie veelbewoë tyd in ons geskiedenis.
Die twee karakters is twee werklike mense met menslike foute en begeertes en hulle hopelose liefde vir mekaar word uitgebeeld deur ‘n skrywer wat weet om ‘n verhaal te vertel.




Lees ook Groot Trek trilogie deur F.A. Venter
Lees ook boeke deur Gustav S Preller
Lees ook boeke oor die rebellie deur Karel Schoeman
Lees ook boeke oor die rebellie deur Mikro
|