http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Hendrik Stephanus Hertzog van Blerk is gebore op 27 November 1915 in Johannesburg en gaan vir die eerste keer skool op Heidelberg (Transvaal). Daarna het hy 12 ander skole besoek voordat hy na standerd ses vir goed klaar was met die skoolbanke. Daarna was hy respektiewelik’n diamantdelwer - spoeldiamante van Lichtenburg, houtryer - hout vanaf Marico aangery, fabriekwerker, soldaat, padmaker - rioolslote gegrawe en mynwerker aan die Rand. Hy was ‘n lid van die Ossewabrandwag en is in 1942 weens sabotasie tot die dood veroordeel - ‘n vonnis wat na 28 dae in die dodesel tot lewenslange gevangestraf verander is. Gedurende die tydperk in die tronk ontek hy sy besondere skryftalent. Nadat die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het en hy reeds ses jaar in die gevangenis was, is hy vrygelaat. Sederdien was hy graangradeerder en joernalis en later skoolbuskontrakteur en skrywer. Sy eerste boek, “Dit blom tans tussen bantams”, het in 1948 verskyn asook honderde kortverhale, ook meer as dertig romans, jeugverhale en feitelike boeke oor die Slag van Majuba en ander Afrikaner volksgeskiedenis op sy kerfstok. Die Roos van Ruimtevlei is leesvreugde op sy beste!
Prof. PD van der Walt van die Potchefstroomse Universiteit het tydens die viering van Oom Hendrik se 70ste verjaardag, oor die egtheid en opregtheid waarmee Oom Hendrik sy boeke skryf gesę: Klik hier vir ‘n lys van HS van Blerk se boeke
|