|
Habitat boeke reeks
Hierdie eenvoudige, kleurryke boekies sal jong lesers bewus maak van die wonders van die wêreld om hulle. Die boekies is opvoedkundig en heerlike leesstof. Voorts bevat elkeen ‘n “wetenskaplike” afdeling waarin kinders se vrae beantwoord word.
Lewe onder die grond

addisionele inligting in die boek vir die ouers of onderwysers:
Is daar lewe onder die grond?
Soms lyk dit asof die meeste lewende organismes bo-op die grond voorkom, maar dit is nie so nie. Kyk maar net deur ‘n paar lagies gron, san sien ‘n mens ‘n ander wëreld met dy eie biologiese ritme, talle klein diertjies, en saad waaruit plante groei.
Hase en molle:
Talle diere - soos die haas en die mol - grawe lang ondergrandse tonnels met holtes aan die eindes waarin hulle dan bly.
Daar is hulle dan ver van die warm of koue weer daar buite. Daar is hulle veilig teen gevare van mens en dier wat hulle van buite kan bedreig.
Die haas is ‘n baie nuttige dieresoort. Hulle kan in gevangeneskap geteel word, maar hulle aard eie goed in die vrye natuur. Hulle eet plante en kruie. Baie mense eet juis haasvleis omdat dit na roosmaryn en tiemie smaak. Die haas is ‘n baie vrugbare dieresoort. Elke wyfie kan verskeie werpsels per jaar hê, en elke werpsel bestaan uit ses of sewe kleintjies! Die moeder voed haar kleintjies met haar eie melk. Party mense hou van die haas se pels. Dit word ook gebruik om warm voerings te maak vir handskoene en stewels.

Mynbou en boorgate
Myne en boorgate is ook nuttig vir die mens. Uit boorgate haal ons water en olie, en uit myne kom ons goud, diamante, steenkool , silver en talle ander edelstene en minerale.
Hoe saad groei
Dit is nie net miere, insekte en wurms wat onder die grond leef nie; daar is ook lewende saad waaruit plante groei of dit kan deur iemand geplant word. Om te kan groei, het saad water en suurstof nodig. Na ‘n rukkie groei die stengel deur die grond, terwyl die wortels die plantjie aan die grond anker en dit help om water en voedsel uit die aarde te haal.
Lewe in die lug
koop hierdie boeke nou - kyk na ons pryslys
Lewe op die grond

Lewe onder die water


|