|
Harry Kalmer het Afrikaanse boeke geskryf wat die volgende titels insluit:
- X-Ray Visagie en die vingers van God
- Groceries - 56 stories oor huishoudelike produkte
- En die lekkerste del van dood wees - ‘n moordstorie met vyf kante
- Kniediep - 1998

X-ray Visagie en die vingers van God geskryf deur Harry Kalmer
1982. Jamaican Rumba het pas die July gewen. Apartheid vier hoogty en die paaie van Suid-Afrika wemel van Cortinas en Datsuns.
X-Ray Visagie, die TV-vasvrakampioen, word een oggend wakker en ontdek dat sy vriende, Suzette Thompson en Daan Fourie, die wapen opgeneem het. As lede van Die Vinger van God oefen hulle hulle reg tot direkte demokratiese geweld uit.
Maar die dood en verwoesting wat hulle saai, is maar net die begin. Tydens die finale rondte van n TV-vasvrakompetisie word X-Ray voor 500 000 kykers ontvoer en beleef hy dinge wat hy eerder sou wou vermy.
X-Ray Visagie en die Vingers van God is n spanningsverhaal vol onveilige seks, versteekte agendas, demokratiese geweld , verdagte politiek, literêre pretensie en vasvrakompetisies.

Groceries - 56 stories oor huishoudelike produkte geskryf deur Harry Kalmer
Die verhale in hierdie bundel speel af oor die hele spektrum van ons bestaan as Suid-Afrikane en handel oor situasies waarmee ons almal kan identifiseer — van ‘n afgeleë sendingstasie vroeg in die twintigste eeu tot in die woonstel van ‘n ontheemde 21 ste eeuse Afrikaner in die koue vreemde. Stories oor ouma’s, kind wees, huweliksprobleme, misdaad en familie oorsee. Sommige word vertel met die tong term in die kies, ander sal die leser aangryp en emosioneel roer op ‘n manier wat net Kalmer kan.
Al die stories is gelliustreer en gebruik ‘n item uit die inkopiesak om die leser te betower en weg te voer na realiteite so wispelturig en verspringend as die ewe self.

En die lekkerste deel van dood wees - Harry Kalmer
Lees ook moordverhale en speurverhale deur Derrick Jacobs
Lees ook moordverhale en speurverhale deur Alex Muller
|