http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Hierdie verhaal, “Die suidpunt roep”, geskryf deur Hendrik Mulder, is geinspireer deur die jong Fransman, Guillaume Chenut, wat na Engeland gevlug het na die herroeping van die Edik van Nantes (Oktober 1685) en in die diens van ‘n Engelse handelaar getree het. Met ‘n seilskip, die “Lucky” beland hulle in die windstille gordel; ‘n skip veel groter as die “Lucky nader hulle, maar die is egter nie die hulp waarop hul gehoop het nie, want dit is ‘n seerowerskip! Op die kus van Kafferland is die geselskap wat daarheen geroei het, uitgemoor. Chenut het die lewe behou en is later saam met die skipbrekelinge van die “Stavenisse” en is sodoende ook gered.
Voorblad : Die suidpunt roep -Hendrik Mulder Die herroeping vandie Edik van Nantes gee ‘n nuwe wending aan die lewe van Etienne du Toit, ‘n vurige jong Hugenoot. Dit bring vir hom avontuur, lewensgevaar en skommeling. Sy pad gaan van Holland, deur Engeland oor na die suidpunt van Sfrika. By die groot kermis op Stellenbosch neem Etienne se gewildheid toe - ook onder die skone geslag. Nuwe bande word gebind en ‘n nuwe vriendskap kleur sy lewe. Die suidpunt het sterk geroep. Nortiershoop, ‘n nuwe plaas, met Elsa daarby, was die beloning van ‘n wakker jong man met karakteradel, geloofsvastheid en ondernemingsgees.
|