http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php HS van blerk amajuba

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Africana
  • Afrikaanse fiksie
  • Liefdesromans
  • Afrikaanse geskiedenis

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570, Elarduspark, 0181

Springbok boeke

Ons spesialiseer in die volgende tipes boeke
 

  • Afrikaanse kinderboeke
  • Sport
  • Kuns

Tel : 012 345 4040
 Sel : 083 253 4932

 e-pos : andre@springbokboeke.co.za  Adres: Dakotastraat 570,

Elarduspark, 0181

Daar is ook nou beskikbaar ’n reeks boeke wat genoem word: DIE SEWE MAJUBA-BOEKE deur H.S. van Blerk


Dit is die verhaal van die Boerevolk. Dit is met siele-erns geskryf om die wat weet en die wat nie weet nie, die wat vernaam is en diegene wat onbenullig is, wakker te kry teen die oordeel wat vir die Boerevolk wag as hul voortgaan om weerloos EN WILLOOS te bly.

Die SEWE BOEKE dek vele geslagte die wel en weë van die Boerevolk van die oomblik af dat Brittanje die suidpunt van Afrika onwettig in 1806 geannekseer het tot na WERELD OORLOG II. Die boeke is aggressief geskryf om die flegmatiese Boer kwaad te maak sodat hy die ruggraat kan onwikkel om wat aan hom behoort met woord en daad terug te eis. Want die alternatief is dat die Boerevolk in ‘n swart moeras versink en algeheel uitgewis word. Deur die sewe Majuba-boeke te lees, word gepoog om weer, murg in die Boerevolk se pype, durf in hul harte en besieling te verwerf, om nie weerloos uitgelewer te word nie.

1.)BLYDEVOORUITZICHT (Die eerste boek) - want om vry en ongekneld bestuurders van ons eie heil en toekoms te wees, was op 9 Maart 1816, toe die verhaal begin, ons volk se droom en versugting, is dit nog en moet dit bly sodat ons volk nie sal sterf nie. Die boek neem ‘n aanvang die jaar 1816 toe die vyf Slagtersnek-rebelle tereggestel is terwyl van hul kinders ooggetuies was. Dit gaan terug toe die eerste versetters , Adriaan van Jaarsveld en Marthinus Prinsloo, in 1799 tot die dood veroordeel is en Van Jaarsveld in die swart gat van die kasteel letterlik ‘n marteldood gesterf het. Die boek dek ook die geskiedenis saam met Santjie Prinsloo deur al die onreg, woede en frustrasies van die Trekkers aan die oosgrens, volg die Voortrekkerpad oor Grootrivier, verby die Retief-moord, die Blaawkransmoorde, die Italeni-ramp, die Gelofte en Bloedrivier-sege, tot met die teregstelling van Voortrekkerverkenner Hans de Lange, deur Shepstone in 1858.

2.)BO-OP MAJUBA BRAND ‘N LIG is die verhaal mense soos Santjie Prinsloo en Gawie Oberholzer, Sanna en Pieta Nel se kinders – en ook die verhaal van die eerste Vryheidsoorlog, is die verhaal van TWEEDRAG EN MAGTELOOSHEID, die verlies van die onafhanklikheid in April 1877, die lang pad na broeder-eenheid, en verootmoediging voor God, die herinstelling van die Bloedriviergelofte op Paardekraal, die Godsvertroue en geloof wat tot die oorwinning op die Berg Majuba en onafhanklikheid vir Transvaal gelei het en die uitgesproke belydenis van generaals Piet Joubert enNiklaas Smit, van Paul Kruger na die seëvierende Sondagslag op die kruin van Majuba. “Ons het nie hier gewen nie. Dit is die Here wat hier vir ons gewen het.”

3.)DIE KOLONIALER. Die verhaal van Hans Grobbelaar, seun van Bart en Alice Grobbelaar en Trienie Oberholzer, dogter van Gawie en Santjie Oberholzer, en hul wel en weë tydens Die Tweede Vryheidsoorlog. Die verhaal van moed, trou en selfopoffering en dan ook eindelik die hoogste tol ge-eis en betaal is vir die vryheid vir die waardes wat die Boer moet huldig as hy trou aan sy bloed en belofte wil bly.

4.)TUIN VAN HERINNERING. Hierdie unieke dokument vertel van menslike lyding, sy aanpasbaarheid en oorlewing. Die boek handel oor Trienie Grobbelaar,haar kindjie asook haar vriendinne. Ons beleef van die ontberinge en marteling in ‘n Britse konsentrasiekamp en, haar verlange na die Vrede. Hier kry ‘n mens ’n onvergeetlike beeld van lyding van vroue en kinders in Kol. Kitchener se (hel)strafkampe.

5.)KRONIEK VAN DIE KAMPKINDERS. In hierdie vyfde MAJUBA-BOEK OOR DIE BOEREVOLK gee die skrywer HS van Blerk ons ‘n kykyie oor die geskiedenis van die Vrede van Vereniging af, die werkstaking van 1922, asook ‘n kykie agter die gordyn van gebeure soos geen skrywer in Afrikaans dit nog gedoen het nie.

6.)REBEL SONDER ROER. In 1938 het die Boer sy eeufees gevier van die Groot Trek en die Bloedriviergelofte. Hy het ver op die pad van selfstandig word, gevorder, geglo hy is byna by sy republiek; sy blye vooruitsig en doelwit om onafhanklik te wees. Maar in September 1939 breek Wêreldoorlog II uit en vir ‘n tweede keer raak Suid Afrika betrokke in ‘n Europese oorlog. Oorlogspremier en Anglomaan Genl. J.C. Smuts gaan uit sy pad om elke jong Boer in die land op te roep vir die oorlog - tot kanonvoer. Hy stuit vir niks en gebruik elke intimiderende ding om sy doel te bereik. Maar ‘n groepie jong Boere - kinders uit die depressie jare - waag vryheid en “lewe”; staar selfs ‘n galgdood in die gesig teen nog ‘n beul van die Boerevolk en oorleef die oorlog van ses jaar en renegaat Smuts se skrikbewind.

7.)WRAAK VAN DIE RENEGATE is die verhaal van die tagtigtal jong Boere wat hul Godgegewe reg tot vryheid, sommige vir ses lange jare, met vlieënde vaandels in die Sentrale Tronk in Pretoria uitlewe – sodat daar nie ’n geslag van die Boerevolk verbygaan wat nie vir die Vryheid en vir Reg opgestaan het nie. Die laaste twee boeke is die verhaal van Thomas Mariorty, die Walliese Boer en sy makkers se uitdra van die Boer se vryheidsideaal in uiters tergende omstandighede.

 

Klik hier vir ‘n lys van H.S. van Blerk se boeke

 

Klik hier om meer te lees van H.S. van Blerk