http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
I.D. Lamprecht is bekend vir meer as net sy lekker speurverhale van privaatspeurder Hugo Storm en die speur - en avontuurverhale van dr Skip Wessels. Hy het ook verskeie liefdesverhale asook kinderboeke geskryf. Sy lys van die boeke sluit onder ander die volgende in:
Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Sing weer jou lied vir my Pragtige Vienna Krogh bevind haar meteens alleen op die aarde toe haar ouers in ‘n ongeluk sterf. Sy erf skatryk, maar hoor die ontnugterende nuus dat sy ‘n aangenome kind was. Sy besluit op die ingewing van die oomblik om na haar eie ma te gaan soek. Sy wend haar tot Karel Schoeman, die man wat haar liefhet, maar wat deur haar soos ‘n ouer broer behandel word, om haar te help. Hy willig teësinnig in. Dit kan nie iets goeds inhou nie. Deur Karel ontmoet sy sjarmante losbol Mike Byleveldt, wat dadelik ‘n ogie op haar het en besluit om haar te verower. Maar om dit te doen, moet hy hom soos ‘n heer gedra en hy moet veral sy ouers in bedwang hou, sy ouers wat albei geraamtes iewers in hul kaste het. Hy is bang dat hul doen en late op ‘n egskeiding kan uitloop wat al sy kanse gaan bederf. Sing weer jou lied vir my is ‘n aksievolle spannings-liefdesverhaal met n tema wat anders as die gewone is. Dit, is veral die emosies van die mense en die geleidelike agteruitgang van Mike se karakter wat die spanning laat oplaai. Die verlore ma word opgespoor en dit lei na n naelkou-einde wat ‘n mens dwing om Sing weer jou lied vir my in een sessie deur te lees. Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Die blinde horlosie Inhoud:
Lees ook verhale deur Derick Jacobs Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Die Judaskus Hugo Storm, private speurder, word op ‘n dag met ‘n netelige saak belas: twee mooi nooiens versoek hom om ‘n saak te ondersoek. Een wil hę hy moet haar broer se onskuld aan dwelmhandel bewys, die ander versoek hom om haar broer se skuld te bewys! Maar daar eindig dit nie: albei die meisies het dieselfde naam! En Hugo is smoorverlief op albei. Dit laat hom werklik sweet, want hy weet nie wie die ware Jakob is en wie vir hom lieg nie. Hy kan weier… maar hy aanvaar die uitdaging wat die saak bied en vind hom byna onmiddellik in die pekel. Hy word deur vreemde mans as slaansak gebruik en asof dit nie genoeg is nie, wantrou die polisie hom ook nog. Hugo Storm laat hom egter deur niks afskrik wanneer hy ‘n saak aanpak nie en hy waag kanse wat sy beskermengel laat sweet. Toe word die een nooi ontvoer en uiteindelik begin hy lig sien. Of dis wat hy dink…
Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Oom Johnny Barney van der Spuy moet geld in die hande kry, en gou ook. Nie sy nuuskierigheid oor die vreemde gedoentes by die spookhuis langsaan, óf muisneste, óf die gedurige veglustigheid van Spiere en sy makkers sou sy planne in die wiele durf ry nie. Kat aan die stert Met die koue loop van ‘n rewolwer teen sy nek gedruk, hoor Hugo Storm: “Net een beweging en jy is dood…” Sy moeilikheid is hier groot en gevaarlik – Smoothy Johnson en John Edwell kén die onderwęreld en hulle hou nie van Hugo Storm nie. Hy moet blitsvinning werk. Wat is presies aan die gang by Edwell se kliniek? Wat weet Jan du Preez se beeldskone dogters régtig? Jan du Preez is ‘n skatryk magnaat, betrokke by sake van staatsbelang. Watter verband het hy met die geheimsinnige Edwell? Lees ook van spookstories deur I.D. Lamprecht - kliek hier Koop boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
|