|
Boeke deur Jaco Jacobs sluit in:
- 13 Spookstories - Jaco Jacobs, François Bloemhof, Fanie Viljoen
- Bertie Blikbrein - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Bertus soek ’n boek - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Borrels - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Danie Dreyer se dinosouruseier - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Die Teddiebeerbus en ander rympies - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Duskant die doodlyn - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Grille & goeters: Nagvlerke - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Grille & goeters: Troetelgedrog - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Grille en goeters: Voelers - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Grille & goeters: Nag van die monsters - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Haasmoles - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Hoe wyd kan 'n seekoei se bek opprek? - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Hoeveel tande het ’n krokodil? - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Krieketlopies / - tienerboek deur Jaco Jacobs
- Liewe land, ’n olifant! - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Madelief, moenie! - boek geskryf deur Jaco Jacobs
- Middernagfees - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Monstergrappe - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- My boetie dink hy’s Batman (en ander rympies) - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- My ouma is ’n rock-ster - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- ’n Brulpadda in my tas - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- ’n Kas vol monsters: Hollywood-mummie - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- ‘n Kas vol monsters: Weerwolfprobleme - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- ’n Kas vol monsters: Die groen hand - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- ’n Kas vol monsters: Vampierfoto’s - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Net Aliens eet spinasie - tienerboek deur Jaco Jacobs
- Oempakadoempa - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Pasop vir die feetjies! - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Perfek - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Pretpark - tienerboek deur Jaco Jacobs
- Slaaptyd, Matilda - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Superheroes vlieg net saans - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Suurlemoen! - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Suzie se superdoepersjampoe - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Tande - tienerboek deur Jaco Jacobs
- Troeteldiere: ’n gids vir beginners - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Virus - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Wat weeg ʼn walvis? - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Wiskunde gee my maagpyn - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Wurms met tamatiesous - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Zackie Mostert en die Gemaskerde Groen Gevaar - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Zackie Mostert en die spokerige storie - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Zackie Mostert en die (byna) baie briljante idee - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs
- Zackie Mostert en die super-aaklige soen - jeugboek geskryf deur Jaco Jacobs

Net Aliens eet spinasie tienerboek deur Jaco Jacobs
Stories in die boek:
- Net aliens eet spinasie
- Abrakadabra
- Nie vir sensitiewe lesers nie
- Ouma die vampierjagter
- Meneer Grijsamen se papegaai
- Bang vir spoke
- Woefie-woef
Wat maak jy as daar ’n alien in julle swembad land?
Jy steek hom weg, natuurlik! Want die bure gaan klik en dan gaan die weermag hom kom haal en hom oopsny om te kyk hoe hy werk. En dit kan jy nie toelaat nie, want hy’s tog so oulik…
En wat maak jy as jou ouma jou vra om haar te help om ’n vampier in die graadeentjies se klas te gaan vang? Jy gaan saam, natuurlik! Want die nie elke dag dat jy sal sien hoe jou ouma ’n knoffel-bazooka hanteer nie… Maar wat maak jy as jy wil uitvind wat in die res van die stories aangaan? Jy lees die boek, natuurlik!
Want jy wil nie uitmis nie…
’n Versameling tonekrul-lekker stories deur die gewilde jong skrywer van Pretpark, ’n grilstorie vir jong leser
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za



Pretpark tienerboek deur Jaco Jacobs
Toe die reisende pretpark hul dorp besoek, is die kinders baie opgewonde, want daar gebeur mos nooit veel op ’n klein plekkie nie. ’n Paar dae voor die opening van die pretpark, besoek ’n klompie kunstenaars die skool om ’n voorskou te geen van al die lekker dinge wat hulle te wagte kan wees. Maar Johan en Anton het reeds die vorige middag met een van hulle kennis gemaak… die ongeskikte ou sigeunerin met haar swart raai en haar krysende stem.
Nou sit hulle hier op die verhoog van die skoolsaal en sy in besig om hulle te hipnotiseer… “Net ’n onskuldige ou toertjie,” het sy vir die vrywilligers gesê.
Maar was dit net ’n onskuldige ou toertjie?
Lees hierdie lekker grillerige verhaal en vind self uit…

Zackie Mostert en die ongelooflike kulkunsie tienerboek deur Jaco Jacobs
Zackie ontdek ’n ou boks in die buitekamer. Dis propvol dinge waarmee jy ONGELOOFLIKE kulkunsies kan doen! Hy en Vincent besluit om ’n vertoning by die skool aan te bied. Maar dan loop een van Zackie se FANTASTIESE toertjies skeef ... en hy en Vincent is in GROOT MOEILIKHEID!

Tande tienerboek deur Jaco Jacobs
Die wolke trek vir ‘n oomblik lank weg voor die maan en Rikus word yskoud. Halfpad agter een van die struike weggesteek, staan iets wat lyk soos ‘n hond of ‘n wolf. Die dier se oë glinster wreedaardig in die lig van die maan. Rikus is so naby dat hy die dierasie se harige gesig, weggetrekte lippe en dreigende slagtande kan sien. Hy voel hoe die pizza in sy keel opstoot. Stadig, dóódstadig, kom die die voor Rikus se verbaasde oë orent op sy twee agterpote. Maar die heel ergste is toe dit weer grom – ‘n stadige, hees geluid wat agter uit die dier se keel kom. “Bloed…”
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za

Wurms met tamatiesous tienerboek deur Jaco Jacobs
Wurms met tamatiesous wurms op jou brood wurms is bobaaskos lewendig of dood wurmpies vir aandete en wurms vir ontbyt mopaniewurm-roerbraai vir ’n lintwurm-aptyt Het jy al ooit gewonder wat op die spyskaart is by die Rilrestaurant? Is jou boetie dalk ’n alien? Wat is die beste raad vir ’n wegloopneus? Waarom is skottelgoed gevaarlik? Almal weet van Mary se beroemde lammetjie – maar het jy al haar ander troeteldier ontmoet? Hierdie vrolik-geïllustreerde bundel bevat meer as vyftig prettige, oorspronklike, grillerige en skreeusnaakse rympies uit die pen van Jaco Jacobs.

Bertie Blikbrein tienerboek deur Jaco Jacobs
Nico se pa is ‘n uitvinder. Hy het al baie vreemde dinge ontwerp… Haarjel wat van kleur verander. ‘n Stoel wat jou kielie as jy aan die slaap raak. Selfs sandale wat jou toonnaels knip! Maar sy nuutste uitvinding is die heel beste. Dis ‘n regte, egte robot! Bertie Blikbrein kan praat, somme doen en selfs grappies vertel. Toe Nico en sy beste vriend baklei, besluit Nico om Bertie saam skool toe te vat…..
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


lees ook boeke deur François Bloemhof
lees ook boeke van Trompie en die Boksombende
lees ook Die OTTERS - Cor Dirks
Lees ook die

Wat weeg ʼn walvis? tienerboek deur Jaco Jacobs
Onder die see is ’n wonderwêreld van interessante, grillerige en vreemde dierelewe. Ontdek alles wat jy nog altyd wou weet oor haaie, dolfyne, visse, robbe, jellievisse en ander Suid-Afrikaanse seelewe.
 Hoe wyd kan ‘n seekoei se boek ooprek? tienerboek deur Jaco Jacobs
Dit is ‘n volkleur boek propvol foto’s, illustrasies en feite oor Suid-Afrikaanse soogdiere. Onderwerpe wat behandel word sluit in: Dierekleintjies; Diereblyplekke; Die Groot Vyf; Vreemde soogdiere en Beroemde soogdiere. Jaco Jacobs is ’n jeugboekskrywer en Reinier Terblanche ’n dosent in Dierkunde aan die PU vir CHO. Die foto’s is deur bekende natuurlewe-fotograaf, Heinrich van den Berg.
Idiaal vir 8-12 jariges.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za


|