|
Lys van Jan Combrink se boeke:
- Atlan, Prins van Atlantis - (vervolgverhaal in die Huisgenoot) - wetenskapfiksie
- Die boek van Henog (vertaal deur Jan Combrink)
- Die Skat van Branderbaai - boek deur Jan Combrink
- Die Vrolike Vyf Ontdek ‘n Skat - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- Die Vrolike Vyf vlug vir ‘n Gedrog.- (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- Die Vrolike Vyf en Die Satellietgeheime - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- Die Vrolike Vyf se Eiland-Avontuur - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- Dogter van Seedanser - boeke deur Jan Combrink
- Kamp van onheil - Jan Combrink
- Kierang en Kroon - Jan Combrink
- Meisie op die singelpad (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- Nag van die Seewolf - Jan Combrink
- Seedanser - boeke deur Jan Combrink
- Seisoen van sonde - boek deur Jan Combrink
- Vrou van die stormnag - Tafelberg uitgewers - boek deur Jan Combrink



Atlan , Prins van Atlantis - geskryf deur Jan Combrink en ‘n vervolgverhaal in Huisgenoot, waarin die skrywer uitmuntend daarin slaag op die spanning heeltyd op breekpunt te hou. ‘n Uitsonderlike verhaal wat die verbeelding van elke jong leser sal aangryp.
Toe die sestienjarige Albert Marais hoor dat hy die vakansie by sy argeoloog-pa in Egipte kan deurbring, kan hy sy geluk skaars glo. Dink net watter foto’s hy kan neem terwyl wêreldberoemde argeoloë die Sfinks die eerste keer heeltemal uit die sand grawe.
Maar sy foto-nemery bring hom byna in groot moeilikheid toe hy die eeue oue grafsuil van Tothmes met sy kamera omstamp. Sy pa is briesend, maar sy woede verander in opwinding toe Albert hom die vlak opening agter die grafsuil wys. Aan die agterkant van die vierkantige klip wat daarin pas, is ‘n goue plaatjie met die woorde, in hiërogliewe daarin uitgekap:
DIE SEëL VAN ATLAN, PRINS VAN ATLANTIS
Daarna gebeur dinge vinnig; Albert weet nie mooi of hy kom of gaan nie. Prof. Marais en sy vriend, die beroemde Egiptoloog dr, Abu Sharif, ondek onder die goue plaatjie ‘n plat dosie met ‘n fyn, deurskynende glasplaatjie daarin. Dit blyk ‘n laserskyfie of holograaf te wees wat die bouplan van die Sfinks wys - met ‘n deur voor die kolos se bors waarvan niemand geweet het nie.
Na etlike ure se swoeg in die warm woestynson, slaag die Egiptiese weermag se deskundiges daarin om die deur oop te breek. Terwyl dr. Sharif en pof. Marais in die maag van die Sfinks rondkruip, verken Albert op sy eie. Groot is die verbasing toe hy op ‘n goue troon in ‘n sykamertjie afkom. Moeg sak hy daarop neer. ‘n Sagte suising en ‘n klikgeluid volg. So begin die vreemdste avontuur denkbaar...
Lees ook wetenskapfiksie deur Ilse Steyn
Lees ook wetenskapfiksie deur Wille Martin
Lees nog boeke van Egipte deur Deon Joubert
Lees ook ander wetenskapfiksie en Fantasie verhale

Kamp van onheil (jeugverhaal deur Jan Combrink)
“Sulke goed gebeur net in boeke. Wat doen ons nou?” sê Poens toe hulle besef die geheimsinnige ligseine op die see inderdaad van die land af beantwoord word, en dit nogal uit die vreemde , donker strandhuis wat snags deur ‘n reus van ‘n man bewaak word. ‘n Opwindende vaart op ‘n vinnige skiboot laat die drie maats tydelik van die raaisel vergeet. Maar toe kom hulle op die wrakstukke van ‘n visserboot af. En skielik begin die duister gesprek wat hulle gisteraand afgeluister het, betekenis kry...

Meisie op die singelpad- geskryf deur Jan Combrink.
Uitgewers : Daan Retief uitgewers, 1978

Vrou van die stormnag - Jan Combrink (Tafelberg uitgewers 1983)


Kierang en Kroon - 1989 (jeugverhaal deur Jan Combrink )

Nag van die Seewolf - Jan Combrink

Lees ook ander wetenskapfiksie en Fantasie verhale
- 1978 - Meisie op die singelpad (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- 1978 - Nag van die Seewolf - Jan Combrink
- 1980 - Atlan, Prins van Atlantis - (vervolgverhaal in die Huisgenoot) - wetenskapfiksie
- 1983 - Vrou van die stormnag - Tafelberg uitgewers - boek deur Jan Combrink
- 1989 - Kierang en Kroon
- 1991 - Die Vrolike Vyf Ontdek ‘n Skat - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- 1991 - Die Vrolike Vyf vlug vir ‘n Gedrog.- (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- 1992 - Die Vrolike Vyf se Eiland-Avontuur - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- 1993 - Die Vrolike Vyf en Die Satellietgeheime - (Jeugverhaal deur Jan Combrink)
- 1995 - Die Skat van Branderbaai - boek deur Jan Combrink
- Seedanser - boek deur Jan Combrink
- Seisoen van sonde - boek deur Jan Combrink
- Die boek van Henog (vertaal deur Jan Combrink)
- Dogter van Seedanser - boeke deur Jan Combrink
- Kamp van onheil
|