http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Die skrywer, Jan Jakobus van der Post is op 2 Desember 1927 op Rehoboth in Suidwes-Afrika (Namibië) gebore. Sy vader het uit Griekwastad met genl. Louis Botha na Suidwes getrek en daar aangebly, eers in die ou Suidwes-Afrikaanse Polisie, later as boer. Sy moeder, ‘n nooi Cloete uit Griekwastad, is in Suidwes ‘n lewende legende. Daar word vertel dat sy ‘n perd met eenhand kon platruk en vashou. Sy het self met die vee getrek, en wee die een wat weier om die diere water te gee. Sy was betrokke by die eendagse Basteropstand van 1925 waarin daar per abuis een skoot geskiet is, en by die Ovambo opstand van 1931. Sy het honderde myle deur Suidwes getrek met haar mobiele winkel vir die spoorwerkers, en in 1928 het sy die terugtrekkende Dorslandtrekkers met haar proviandwa by die Kunene ingewag. Die skrywer het as seun lank met ‘n groep Boesmans rondgeswerf nadat ‘n jong Boesman - die Agarob genoem in sy boek Agarob - kind van die duine , hom weggelok het. Van 1944 tot diep in 1946 het hy en Agarob met sy vader se beeste in die Xeiseb-Epukiro gestaan, oor die honderd en sestig kilometer noordoos van Steinhausen en oor die dertig kilometer van die naaste blanke. Die Tweede Wêreldoorlog was al maande lank verby voordat die nuus by hom uitgekom het. Boesmans wat deur die droogte in die Kalahari suidweswaarts gedryf is, het hom gehelp met die vee. Omdat patrone skaars was, het hy saam met hulle, op hulle manier, gejag. Hy het saam met hul vure gesit en na die vertellings geluister. In die jare het die Boesmans, hul taal en die taal van hul tekeninge baie goed leer ken deur hul spontane selfopenbaring. Die skrywer het later by die Provinasiale Administrasie in Kaapstad gewerk. Hy en sy vrou en hul twee kinders, met ‘n aardige klompie troeteldiere, en het ten tyde van die skryf van die boek Agarob, in St. James gewoon. Jan J van der Post het uit heimweë begin skryf oor die mense wie hy kaalvoetseun so baie beleef het. Later het die skrywer verskeie ander beroepe beoefen, maar het telkens teruggekeer na die wêreld van die klein mensies van die veld. Oor ‘n tydperk van twintig jaar het hy aan verskeie grootwilfjagtogte in die omgewing van Okavango, Ondongo en Angola deelgeneem. Intussen was hy ook ‘n bekende safari-leier na die Aha-berge en die gebiede langs die Okavango.
Foto: Jan J van der Post - Agarob : kind van die duine Klik hier vir ‘n lys van sy Duine-boeke Duine boeke: Die sketse in die boeke is deur Francois Krige Agarob- kind van die duine - 1963
Vonk - Vondeling va die Duine
Inligting verkry uit skrywer se boek : Agarob - kind van die duine asook van sy ander boeke |