http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Hier volg ‘n lys van boeke deur Johann van der Post:
Jy, Anton Jooste - ( Johann van der Post) 1946, Kliek hier om meer te lees oor die boek Hierdie is ‘n verhaal wat wemel van intrige en emosionele konflikte. Anton Jooste, ‘n jong man wat oorloop van ambisie, wil graag vorentoe kom in die wêreld. Hy raap en skraap al sy spaargeldjies bymekaar en koop ‘n goudmyn. Kort na sy aankoms by sy myn, ontmoet Anton Jooste die afgutnstige en gemene eienaar van ‘n uitgewerkte myn, vlak langsaan sy eiendom. Hier begin ‘n onaangename verhouding tussen Anton Jooste en sy buurman, wat daartoe lei dat hy later ’n aanklag van moord in die tronk beland. Sy broer, ‘n beroemde privaatspeurder, haas hom na die toneel om Anton se onskuld te probeer bewys. Met sy aankoms by die myn besef hy eers watter haas bomenslike taak hom in die gesig staar... sal hy in sy doel slaag?
Sateliete van satan Dit is ‘n speurverhaal wat die leset met genot sal lees, ook omdat dit ‘n fyn intellektuele spel is om die geheim van die Spookleier op te los. Die skrywer is op hoogte met die tegniek van die speurverhaal en verstaan die kuns om die leser die een verrassing op die ander te besorg. Afsonderlike tonele, soos die nag in die pakhuis word baie dramaties beskryf, wat die boek persoonlikheid en ‘n eie kleur gee. Hierdie speurverhaal vertel ons van die ervarings van die Speurdersersant Hendrik le Grange, hy is nie ‘n amateur nie en daarom dwing hy respek af van die leser en is die leser erg geinteresseer in sy vernuftige spel om die Spookleier wat aan die hoof van ‘n rowerbende in Johannesburg staan, op te spoor en onskadelik te maak. Die inhoud:
Die duistere geheim - 1942 (Johann van der Post) Die bloed van Paisley en Elandslaagte... In daardie woorde van ‘n sterwende man het die geheim van die afskuwelike moorde opgesluit gelê wat ‘n bende gepleeg het. En aan die die hoof van die bende het ‘n vooraanstaande sakeman in die stad gestaan. Die bloed van Paisley en Elandslaagte... Wat kon dit tog gewees het wat Viljoen aan so ‘n afskuwelike einde gebring het? Die Ridder en sy vriend, Victor, het op die spoor van die moordenaars gekom, maar voordat daardie sterwenswoorde opgeklaar kon word, sou hulle die moordenaars nie aan die man kon bring nie...
Bedrog by die wieg - Johann van der Post (skuilnaam van SG Smidt) Die dag toe Walter Malan sy eie doodgebore seun sonder die medewete van sy vrou vervang met die buite-egtelike kind van ‘n onbekende vrou, het hy ‘n kettingreaksie veroorsaak waarvan hy die bittere uiteinde nie in sy wildste drome kon voorsien nie. Hierdie seuntjie, so vol polsende lewe, wat Anna haar eie sal waan; aan wie sy sal dink dat sy hom al maande onder haar hart gedra het en wie sy met al haar moederliefde sal bejeen.... Hoe sal hy wees? Hie is die dinge in sy bloed en in sy verstand? Sal hy vir hulle ‘n plesier wees, of andersom? Wat voer die noodlot in die skild dat hy die wettige kind laat sterf het en hierdie een , die vreemdeling, so maklik en so toevallig aan Walter besorg het en aan Anna?
Die vreemde vrou
Vyf klam vingers (Klub 707 reeks) Die strale van die maan val skuins in die graf waar Gerhard besig is om die deksel van die kis los te skroef. Dis ‘n eenvoudige swart greinhoutkis. Hy gee die deksel vir Coenraad Dekker aan en skyn versigtig die flou lig van sy sakflitsie op die gesig van die moordenaar. Dis asof Bredell rustig lê en slaap. Gerhard lig ‘n arm van die lyk op en plotseling begin sy hart vinniger klop. Die lyk is nie besonder styf nie. Dit voel soos ‘n lyk van iemand wat tussen twee en drie uur dood is. Justus Bredell is met ‘n verskriklike wrok na die galg. Daar is mense wat hom na sy mening ‘n groot onreg aangedoen het - mense wie se lewens hy wil opeis selfs uit die duisternis van die graf. En nou keer hy terug na die wêreld van die lewendes en die verskrikking begin. Defnitief nie ‘n boek wat in die laat-nanag ure gelees moet word nie!!
Teug van die lente - deur Johann van der Post (skuilnaam van SG Smidt)
Jou pasiënt moet sterf - deur Johann van der Post “As jy na die speurders gaan of my opdragte verontagsaam, sal jy jou niggie se liggaam stukkie vir stukkie van my ontvang.” Twee verpleegsters by dieselfde hospitaal wat hy tevore genader het, het na die polisie gegaan en is kort daarna wreedaardig vermoor. ‘n Verhaal wat hoë eise aan die sterkste senueestelsel stel!
|