http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
John van der Berg is in 1913 op Edenbug in die Vrystaat gebore, waar hy ook sy hele skoolopleiding ontvang het. Na voltooing van sy skoolloopbaan, besoek hy die Grey-Universiteitskollege en gee daarna onderwys tot 1944. Daarna tree hy in die diens van die Suid- Afrikaanse Uitsaaikorporasie (SAUK)aanvanklik as omroeper. In 1947 word hy die Afrikaanse programorganiseerder in Durban tot en met 1952. Hierna verlaat hy die SAUK en wy hom uitsluitlik aan sy skryfwerk, veral vir die radio. Hy is in 1944 getroud en het vier seuns. Hy was die neef van Dolf van Niekerk, ook ‘n skrywer. Dolf het jaarliks by hulle kom kuier en een jaar het hy (Dolf) N.P. van Wyk Louw se nuwe bundel essays, Lojale verset , saamgebring. Hierdie boek het ‘n geweldige invloed op Van Niekerk gehad en ‘n kritiese ingesteldheid by hom gevestig.
Van sy werke is : Klik hier vir ‘n lys van sy werke
|