http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Jy, Anton Jooste- Johann van der Post Dit is ‘n verhaal wat wemel van intrige en emosionele konflikte. Anton Jooste, ‘n jong man wat oorloop van ambisie, wil graag vorentoe gaan in die wêreld. Hy raap en skraap al sy spaargeldjies bymekaar en koop Jimmy McGee se goudmyn. Kort na sy aankoms by sy myn, ontmoet Anton Jooste die afgunstige en gemene eienaar van ‘n uitgewerkte myn, vlak langsaan sy eiendom. Hier begin die onaangename verhouding tussen Anton Jooste en sy buurman, wat daartoe lei dat hy later op die aanklag van moord in die tronk beland. Hy word ook veel meer deur ‘n ander myneienaar vir sy myn aangebied as wat hy daarvoor betaal het. Verder betree twee vrouens sy lewe, wat dit ingrypend verander Sy broer, ‘n beroemde privaatspeurder, haas hom na die toneel om Anton Jooste se onskuld te probeer bewys, nadat hy van Anton se situasie verneem het. Met sy aankoms op die myn, besef hy eers watter haas onmoontlike taak hom in die gesig staar...sal hy in sy doel slaag?
Voorblad van die 1946 uitgawe van Jy, Anton Jooste!
Voorblad van die latere herduk van die boek.
Klik hier vir ‘n lys van Johann van der Post se boeke
|