|
Daar is verskeie Kinderbybels beskikbaar, selfs vir kleuters is daar Bybels wat die volgende insluit:
- Die Bybel vir jong lesers
- Ons eie Kleuterbybel
- My gunsteling Bybelstorieboek vir jong lesers
- Die Kinderbybel
- die Nuwe Kinderbybel in kleur
- Die nuwe Kinderbybel (Hurlbut / Hildebrand)
- Die Bybel spreek
- My eerste Boodskap
- Die Eenjaarbybel vir kinders
- Die groot nuwe Kinderbybel
- My eerste Kleuterbybel
- Die kind se Bybel
- Die Bybel vir kleingoed
- My gunsteling Kinderbybel
- Kleuterbybel
- Die Bybel@kinders.co.za
- My groot saamdra-BYBEL
- My eerste prente Bybel
- My eie Kinderbybel
- My eerste Bybel

Ons eie kleuterbybel Juliana Nothnagel en Illustrasies deur Angus McBride Ons eie Kleuterbybel is in 1981 uitgegee. Daar was ook herdrukke in 1986,1989 en 1997 Die wit buiteblad was die eerste uitgawe van 1981
Die doel van hierdie Kleuterbybel is om aan ons kleines — en selfs ook aan volwassenes — die blye boodskap van die evangelie te vertel. Dit is dus nie saamgestel uit los Bybelverhale nie, maar wil die draad van die heilsgeskiedenis deurtrek van Genesis tot Openbaring met die vooruitsig op die nuwe hemel en die nuwe aarde.
Uit die aard van die saak moes dit op kursoriese wyse gedoen word. Uiteindelik is 107 verhale gekies. By hierdie keuse moes sowel die sentrale boodskap van die Skrif in gedagte gehou word as die begripsvermoë van ons kleines. Hiervoor is die hulp van teoloë, Ou- en Nuwe- Testamentici, en kinderopvoedkundiges ingeroep.
Die groot strewe was om die verhale so eenvoudig moontlik oor te dra met inagneming van die klein kind se woordeskat, sonder om die Woord van God te verwater. Aan die einde van elke verhaal is daar ‘n kort gebed wat vir die kind, so glo ons, die boodskap nog sterker sal tuisbring en wat hom nog meer sal leer van die mens se verhouding tot God in Jesus Christus. Want dáárom gaan dit immers.
Elke verhaal is ryklik in volkleur geillustreer wat ook visueel die verhale voor kinderoë werklikheid laat word. Hierdie illustrasies is die gevolg van baie deeglike navorsing. Die kunstenaar het hom daarop ingestél om sy uitbeelding van Bybelse tye, kleredrag en omstandighede so outentiek moontlik te maak. As ’n hulpmiddel vir ouers en onderwysers is daar agterin enkele aantekeninge wat sekere historiese feite in verband met die illustrasies verduidelik.
Ter wille van die kleuter word hier ’n voorstelling van Christus as ,,Seun van die mens” gemaak. As sodanig word Hy na sy menslike natuur voorgestel. Die bedoeling is alIermins om die goddelike Persoon af te beeld terwyl dit tog volledig in stryd met die Skrif sou wees.
Dit is ons bede dat hierdie boek die groot dade van God groter werklikheid sal laat word vir elke kind wat dit aanhoor of lees. Ons wil glo dat dit sal help om die opdrag van onse Here Jesus Christus uit te voer: Laat die kindertjies na My toe kom ...
Verhale in die Kleuterbybel vervat is onder andere:
Ou Testament 1. God het alles gemaak 2. Adam en Eva is ongehoorsaam 3. Adam en Eva word gestraf 4. Kain en Abel God is lief vir Noag 6. God maak ‘n belofte aan Noag 7. Die toring van Babel 8. Abraham en Lot 9. Sara glo nie wat God sê nie 10. Abraham wys dat hy God liefhet 11. ‘n Vrou vir Isak 12. Jakob jok vir sy pa 13. Jakob se droom 14. God sorg vir Josef 15. Josef in die tronk 16. Die koning se droom 17. Josef en sy broers 18. God se plan met Josef 19. God sorg vir Moses 20. God praat met Moses 21. Die lsraeliete trek 22. God maak ‘n pad deur die see 23. God sorg vir lekker water 24. God sorg vir brood 25. Die Here praat 26. Die Tien Gebooie 27. Die goue kalf 28. Die tent van God 29. Josua en Kaleb vertrou op God 30. Moses vergeet wat God gesê het 31. Die koperslang 32. Ragab help die twee mans 33. ‘n Pad deur die Jordaan 34. Jerigo word ingeneem 35. God gee vir Gideon ‘n teken 36. God sorg vir Naomi en Rut 37. Hanna bid vir ‘n kindjie 38. God praat met Samuel 39. Die. lsraeliete wil ‘n koning hê 40. Saul is ongehoorsaam 41. God kies vir Dawid 42. Dawid en Goliat 43. Dawid en Jonatan 44. Dawid spaar Saul se lewe 45. Dawid is ‘n goeie koning 46. Salomo is ‘n goeie koning 47. God sorg vir Elia 48. God is sterker as Baãl 49. Elisa en die arm vrou 50. Naáman word gesond 51. Hiskia word gesond 52. Josia vind God se Woord 53. Job het God lief 54. Jona is ongehoorsaam 55. Jona en die wonderboom 56. Die lsraeliete word gestraf 57. Die skrif teen die muur 58. Daniel in die Ieeukuil 59. Die lsraeliete kom terug
Soos uit bostaande stories gesien is daar 107 verhale in die Ons eie Kleuterbybel die Bybelgebeure eenvoudig en boeiend vertel. Daar is 59 Bybelverhale uit die Ou testament en 48 Bybelverhale uit die Nuwe testament
Angus McBride het ook die illustrasies vir “My eie Kinderbybel” gedoen.


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Die Bybel vir jong lesers 70 maklik-om-te-lees-Bybelstories Stories oorvertel deur Bonnie Bruno en Carol Reinsma Afrikaanse uitgawe van die Bybel was in 1991
Die grootdruk, treffende illustrasies en ander eienskappe so rag na ‘n kinderhart maak “Die Bybel vir jong lesers” wat jy vir jou vyf- tot agtjarige kan gee.
Van Genesis, die profesieë oor die Messias, die begin van die kerk tot Openbaring is elkeen van hierdie 70 aksiebelaaide Bybelverhale bondig genoeg om met een slag deur te lees. Die jong lesertjies ervaar so ‘n gevoel van tevredenheid en geestelike vervulling.
‘n Kinderbybel vir jong lesers

My gunsteling Bybelstorieboek vir jong lesers
Liewe ouers Kinders word so vinnig groot, dit voel of hulle die een oomblik nog op jou skoot sit terwyl jy vir hulle voorlees, en die volgende oomblik lees hulle al self. ‘n Groot deel van jou kind se karakter word gedurende hierdie kleinkinderjare gevorm. Een van die grootste geskenke wat jy jou kind tydens hierdie jare kan gee, is ‘n liefde vir God se Woord.
My gunsteling-Bybelstorieboek vir jong lesers sal jou help om jou kind te vertel van God en hoe Hy in elke mens se lewe werk. Jou kind sal in hierdie boek leer van belangrike mense in die Bybel en deel in hulle swaarkry en oorwinnings.
Hierdie stories is geskryf met die jong kind in gedagte sodat hy vreugde daaruit kan put. Boonop gee dit jou die geleentheid om jou geloof met jou kind te deel. Praat met jou kind oor die stories en vertel hom dan wat in jou eie lewe gebeur het.
Mag hierdie boek jou oorvloedig geleentheid gee vir kosbare ure en wonderlike gesprekke met jou kind. - Carolyn Larsen
Die Kinderbybel vertel deur Anne de Graaf Vertaal deur Ollie Olwagen Illustrasies deur José Pérez Montero Eerste uitgawe in 1990 en ‘n eerste druk in 1991
Byna 300 onvergeetlike varhale van die Bybel word op dramatiese en aanskoulike wyse deel van die kind se lewe. Om dit vir die jong kind makliker te maak, is daar van die volgende hulpmiddels gebruik gemaak in hierdie Kinderbybel:
- Groot druk
- Kleurvolle illustrasies
- Verhale in chronologiese volgorde
Die Kinderbybel wat kleurvolle illustrasies bevat maak die gebeure vir die kind aangrypend werklik en boei sy aandag van die eerste tot die laaste bladsy. Die verhale is ook deurgans Skrifgebonde en by elkeen word die toepaslike Skrifverwysing gegee.


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Die nuwe Kinderbybel - in kleur Teks deur Paul van Staden Illustrasies deur Carlo Tora
Die nuwe Kinderbybel - in kleur se gewildheid word bevestig deurdat dit verskeie kere herdruk is. Die nuwe Kinderbybel was die eerste keer in 1970 uitgegee en is daarna meer as nege keer herdruk.
Due nuwe Kinderbybel - in kleur beval 165 verhale waarvan 109 uit die Ou testament en 56 uit die Nuwe testament geneem was. Soos reeds afgelei is die tekeninge in volkleur.

Die Bybel spreek deur W.L. Emmerson
In die Kinderbybel is 100 honderd Bybellesings wat stelselmatig gerangskik is vir studie tuis of in die Bybelklas. Byna drie duisend vrae word beantwoord.


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

My eerste Boodskap deur Jan van der Watt en Stephan Joubert ‘n Kinderbybel vir kinders tussen die ouderdom van 5-8 jaar Die Kinderbybel is in 1999 die eerste keer gedruk met ‘n tweede druk in 2002
My eerste Boodskap nooi elke kind uit om ‘n pad deur die Bybel te stap. In ‘n storie vir elke dag van die jaar word vertel hoe lief God sy kinders het.
Die verhale is getrou Bybels, maar in eenvoudige taal oorvertel.
Die volgende eienskappe maak My eerste Boodskap uniek:
- Daar is ‘n Bybelstorie vir elke dag van die jaar
- Pragtige illustrasies op elke bladsy
- Van Genesis tot Openbaring ontvou die verhaal van God se liefde stap vir stap
- Elke storie het ‘n kort toepassing
- Dit vul die gaping tussen gewone Bybelvertellings en Kinderbybels


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Die Eenjaarbybel vir kinders deur Virginia J Muir
Die Eenjaarbybel vir kinders stel die kind bekend aan die belangrikste verhale en persone van die Bybel in slegs een jaar.
Die 365 Bybelstories is ideaal om aan die jong kind die basiese Bybelkennis te verskaf wat vir die res van sy lewe vir hom waardevol sal wees.
Die kleurvolle illustrasies held die kleiner kinders om die Bybelstorie beter te verstaan en te onthou.
Die Eenjaarbybel vir kinders is uitnemend geskik vir gebruik tydens stilletyd en huisgodsdiens saam met die kind.

Die groot nuwe Kinderbybel Geskryf deur Pieter W. Grobbelaar in oorleg met ds A.J. van Wijk KLEURillustrasies deur Januz Grabianski Uitgegee deur Human & Rousseau 1973
Die Groot Nuwe Kinderbybel met Toeligting is iets nuuts in Afrikaans.
Veral drie kenmerke onderskei hierdie pragwerk van die meeste ander Kinderbybels wat in ons land beskikbaar is: die artistiek besonder hoogstaande volkleur-illustrasies deur die wêreldberoemde kinderboekkunstenaar Janusz Grabianski; die sterk klem op die Nuwe Testament, wat bykans die helfte van die omvangryke werk beslaan; en die agtergrond-inligting en verklarings, wat vir jonk en oud talle dinge in verband met die Bybel sal opklaar wat vir hulle tot dusver moeilik verstaanbaar was.
Die Groot Nuwe Kinderbybel is uit ‘n behoefte gebore. Dit is nie ‘n verwerking van ‘n bestaande Kinderbybel nie, maar is opnuut vir Afrikaanse kinders geskryf deur Pieter W. Grobbelaar, wie se bydrae tot ons kinderlektuur reeds met sowel die C. P. Hoogenhout-prys as met die Tienie Holloway-medalje bekroon is. In noue samewerking met die bekende ds. A. J. van Wijk van Stellenbosch, laat mnr. Grobbelaar die grootse Bybelverhale eenvoudig maár boeiend vir die moderne - kind ontvou. Wat die leser hier sal vind, is nietemin veel meer as Bybelverhale.
Soos ‘n goue draad loop die koms van Christus deur die hele Bybelgeskiedenis — in die Ou Testament aanvanklik as ‘n blye toekomsverwagting, in die Nuwe Testament as heerlike werklikheid. Altyd kry die kind naas die pragtige verhale ook iets van die dieper betekenis van die Bybel, en leer by die Boek ten slotte ken as die grootste letterkundige werk van alle tye.
In sy Voorwoord tot hierdie boek skets ds. A. J. van Wijk kortliks die vier vereistes waaraan elke Kinderbybel moet voldoen, en bevind dan dat Die Groot Nuwe Kinderbybel aan elke eis beantwoord. ,,Ek is daarvan oortuig dat die Kinderbybel met seên en vrug gebruik sal word,” skryf hy, ,,en vertrou dat dit sy plek in baie huisgesinne in Suid-Afrika sal inneem”


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

My eerste Kleuterbybel (ouderdom 1 - 3 jaar) ‘n Kinder bybel in Afrikaans vertaal deur Nina Smit deur Mack Thomas Illustrasies deur Joe Stites Eerste uitgawe 1995
Kleuters groei en leer met rasse skrede: elke nuwe dag bring vir hulle belangrike “eerstes”. Daarom is hierdie aangrypende eerste Kleuterbybel saamgestel wat spesifiek gemik is op die belangstellings van seuns en dogters tussen een en drie jaar oud.
Glanspunte sluit In:
- Die kind maak persoonlik kennis met die verskillende Bybelkarakters (“Ek is.Moses!”) en leer so
die kernboodskap van die Bybel speel-speel ken
- prettige illustrasies sal hulle ure besig hou
- illustrasies van bekende diere sluit perfek aan by die ervaringsveld van die kind
- die woorde is spesiaal eenvoudig sodat selfs die heel kleintjies dit sal kan verstaan en onthou
- herhaling van idees, woorde en fraseringspatrone
- wenke aan ouers oor hoe om Bybelse konsepte met baie jong kinders te bespreek
- en nog baie, baie meer!

Die kind se Bybel Herman B Scholtemeuer Illustrasies en dokorasies deur Kobus Esterhuysen (kleur en swart en wit) 1957 uitgegee
113 verhale uit die Ou Testament en 100 verhale uit die nuwe Testament

Die Bybel vir kleingoed- Nina Smit
DIE BYBEL VIR KLEINGOED gaan stap vir stap deur 101 van die grootste Bybelverhale.
Dit bly op eenvoudige wyse getrou aan sleutelleringe in God se Woord.
Hierdie Bybel is ideaal vir ouers wat hulle kinders van kleins af ‘n liefde vir Bybellees wil leer.


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

My gunsteling Kinderbybel
Hierdie is ’n splinternuwe uitgawe van ’n ou gunsteling. Die kinder Bybel is ryk aan stories en sal deur elke kind geniet en waardeer word. My gunsteling Kinderbybel is eenvoudig en verstaanbaar geskryf en ideaal vir ouer en kind om saam te ontdek, maar ook eenvoudig genoeg vir die kind om self te lees. Die belangrikste gebeurtenisse, van die skepping tot Jesus se geboorte en veel meer, gee die kind die geleentheid om die Bybel op ’n interessante manier te ontdek – deur die chronologiese volgorde waarvolgens die Bybel in een storie saamgesnoer word. Bybelverwysings vir elke storie gee die kind die geleentheid om die volle gebeurtenisse verder self te ontdek. Die boek se formaat is klein genoeg vir kinders om te hanteer. Die Bybel se druk is ook groot genoeg, vir kinders om maklik te lees.

Kleuterbybel geskryf deur Evert Kuijt Illustrasies vir die Kleuterbybel deur Reint de Jonge (volkleur) Vertaling deur Joey van Niekerk
Omdat kleuters moeilik abstrak kan dink en dus afhanklik is van prente vir korrekte begripsvorming, is hierdie Kleuterbybel ryklik geillustreer. Ons vertrou dat die Bybelgetroue, kleurvolle prente nie alleen genot sal verskaf nie, maar ook daartoe sal bydra dat die kleuters hulle van die begin af sal kan inleef in die geskiedenis en milieu van die Bybelwêreld van twintig en meer eeue gelede.
Aan die einde van elke eenheid is daar eenvoudige, kort, kinderlike gebede, omdat dit noodsaaklik is dat ouers van heel jongs af gebedsleiding moet gee. Dit is belangrik dat ouers in eerbiedige gebedshouding eers die gebed sal “voorhou”, aangesien kleuters deur nabootsing en herhaling leer. Ouers sal vind dat kleuters sommer baie gnu spontaan op hul eie sal kan bid.
Daar word nie formele vrae aan die einde gestel nie. Vrae is sinvol in die teks ingewerk. So word die kleuter voortdurend geprikkel om belangstellend te luister en te reageer.
Kleuters wil graag meedoen, daarom is daar onder die opskrif lets om Ic doen by sommige temas ook wenke gegee vir sinvolle kleuteraktiwiteite wat by die tema aansluit. Dit is opsioneel. Die psalms en gesange hoef nie gememoriseer te word nie. Sing dit net lustig saam. So leer kleuters dit verbasend gou aan.
Ouer kinders wat al self kan lees, is stralend as hulle ook soms ‘n beurt kry om tydens huisgodsdiens “voor te lees”. Die leesvlak van hierdie Kleuterbybel is so laag moontlik gehou, sodat heel jong lesers, wanneer dit hulle beurt is, maklik uit hierdie Bybel kan voorlees. So word van jons af die gewoonte gekweek om gereeld self uit die Bybel te lees. Dit is nie die bedoeling dat die Kleuterbybel die egte Bybel moet vervang nie. Daarom word die Skriftuurplek waar elke verhaal in die Bybel voorkom, telkens aangedui.
Om kleuters tot die vorming van ‘n suiwere Godsbegrip te lei, moet u assblief nie die benaminge Here en/of God in die Ou Testament met “Liewe Jesus” vervang nie (soos wat dikwels in die praktyk gebeur!). Gebruik van die begin af die benaming HERE God in die Ou Testament en Here Jesus in die Nuwe Testament. As daar dan soms net van die HERE of van God gepraat word, begryp die kind gou dat dit dieselfde is. Moenie te vroeg probeer om die Drie-eenheid vir kleuters te verduidelik nie. Al wat hulle hoef te verstaan, is dat die Here Jesus die Seun van God is. Volhard net met die korrekte benaming en begrip sal later vanself volg.
Dit is ons bede dat ons kleiner kinders met behulp van hierdie Kleuterbybel vroeg reeds met vreugde met die Woord van God vertroud sal raak en dat dit sal meewerk om hulle die weg na Christus te wys.
Die skrywer, illustreerdér en vertaalster


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Die Bybel@kinders.co.za Redakteur: Hennie Stander 1456 bladsye Die linkerkantste prent is die van die tweede uitgae, tweede druk in 2005
Die Bybel@kinders.co.za bring die Bybel se boodskap in ‘n taal wat hulle verstaan en beteken vir kinders baie meer as die nuutste rekenaarspeletjies, DVD’s en Playstations
Die skrywers het soveel respek vir die Bybel as god se woord en het probeer om die hele boodskap so getrou moontlik in maklike Afrikaans te vertaal. Aan die begin van elke Bybelboek is ‘n kort inleiding wat ‘n opsomming van die inhoud gee. Die boeke van die Bybel is in korter dele ingedeel met ‘n opskrif wat mooi verduidelik waaroor die spesifieke deel gaan. Die sinne is lekker kort en lees maklik omdat eenvoudige woorde gebruik is. Bookop is daar ‘n soekengin aan die agterkant om die betekenis van moeilike woorde te verduidelik.
Wat maak dié Bybel anders?
DieBybel@kinders maak dit ’n plesier vir kinders om Bybel te lees, omdat hulle die boodskap 100% verstaan. Dit is ideaal vir voorlees, maar tog is die taal so maklik dat dit net reg is vir selflees ook. Jesus het nie verniet gesê dat kinders die belangrikste in God se nuwe wêreld is nie.
DieBybel@kinders bring God se boodskap in ’n taal wat lekker is!

My groot saamdra BYBEL Teks deur Cecile Olesen Illustrasies deur Gustavo Mazali vertaal deur Gerda-Mari Zietsman Eerste uitgawe 2008 Boek se grootte: 185mm x 150mm
My groot saamdra-BYBEL is die perfekte hulpmiddel om jou kind bekend te stel aan God se Woord. Die 38 gewilde Bybelstories, pragtige volkleur illustrasies en teksverwysings vir maklike naslaan, maak My groot saamdra-BYBEL ‘n gunsteling vir kinders.
In My groot saamdra BYBEL is elke bladsy van karton en die Bybel kan toeknip en aan ‘n handvatsel rondgedra word soos ‘n tassie.

Inhoudsopgawe:
- In die begin
- Noag bou ‘n ark
- Die toring van BabeI
- ‘n Belofte aan Abraham
- Josef die dromer
- Josef in Egipte
- Moses
- Uit Egipte uit
- Die Tien Gebooie
- Jerigo
- Gideon
- Simson
- Rut
- Samuel
- Dawid
- Dawid en Goliat
- Koning Salomo
- Elia
- Elia en Naäman
- Nehemia
- Ester
- Psalms
- Die brandende vuuroond
- In die leeukuil
- Jona
- Die geboorte van Jesus
- Jesus in die tempel
- Jesus preek
- Jesus praat met almal
- Jesus gee die hongeres kos
- Die goeie skaapwagter
- Petrus loop op die water
- Jesus ontmoet vir Saggeus
- Jesus seën die kindertjies
- Die beste ete
- Jesus gaan dood
- Die opstanding
- In Jesus se voetspore


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

My eerste prenteBYBEL Kenneth N Taylor Volkleur illustrasies deur Frances Hook oorspronklike titel : My first Bible in pictures Eerste Afrikaanse uitgawe was in 1991 Boek se grootte:175mm x 130mm
Vir die ouers:
Hierdie boek is ‘n ‘kerk-toe-neem’-boek met Bybelstories vir klein mensies. Maar gedurende die week moet dit nie op die rak bly staan nie — lees dit tuis saam met julle kinders. Deur middel van die stories en illustrasies leer kinders die groot Bybelfigure ken, en die belangrike Bybelse temas word in Jong lewens geplant om lewenslank daar te groei. Bowenal vertel die stories kinders van God en sy Seun, Jesus, en van God se eis om waarheid en geregtigheid.
Baie van die stories is ooglopend van toepassing op jong kinders. ‘n Eenvoudige vragie bring die waarheid van elke storie by die kind tuis en help om belangrike feite in sy gemoed vas te lê.
Ek skryf reeds baie, baie jare lank om kinders in die genade van God te help groei. Hierdie boek is ongetwyfeld een van my laaste pogings, en ek ventrou dat dit sy doel in julie kinders se lewens sal bereik. Mag God elkeen van hulle op ‘n spesiale manier seën.
Kenneth N Taylor


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

Die nuwe Kinderbybel Dr J.L. Hurlbut se lewenswerk “Story of the Bible” Swart en wit asook enkele kleur illustrasies deur May Hillhouse Oorvertaal deur Olivera Hildebrand (Juniorskool-hoof van die Transvaalse onderwysdepartement) eerste druk in 1946 168 Bybelverhale in 527 bladsye


My eie Kinderbybel Afrikaans deur Rina de Villiers Gebaseer op oorspronklike teks deur Patricia Hunt Oorspronklike titel “Bible stories” Volkleur illustrasies deur Angus McBride Eerste Afrikaanse uitgawe in 1984 248 bladsye Daar is ook 2 kaarte naamlik die van Paulus se sendingreise en ook van die Bybellande
Angus McBride het ook die illustrasies vir “Ons eie Kleuterbybel” behartig


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za

My eerste Bybel Tydlose kinderverhale Eerste uitgawe in Engels - 1989, eerste Afrikaanse uitgawe, 1993 Oorvertel deur Karyn Henley Tekeninge deur Dennas Davis Bybel in Afrikaans vertaal deur Andries Cilliers 526 bladsye
Die Woord van God is lewend en kragtig’ (Heb. 4:12) en daarom is‘n kind nooit te jonk om die Woord te begin hoor nie. Hierdie boek is ‘n baie goeie begin om die jong kind ‘n liefde te gee vir die Woord en hom te stimuleer vir verdere studie in sy ‘regte’ Bybel. Vernon Louw
- My Eerste Bybel is die Kinderbybel wat ons vir die hedendaagse voorskoolse kind gesoek het. In hierdie tydlose Bybelverhale vind die lesers uiteindelik:
die warrnte, vreugde en waardes waarna daar in alle godsdiensonderrig gestreef word.
- die Skrif self, sonder enige smuksels;
- praat-Afrikaans, vir goed verstaan;
- duidelike, groot-druk, sodat hierdie geliefde boek spoedig self gelees kan word
- illustrasies wat tot alle kinders van alle rasse spreek.
My Eerste Bybel is elke kind se eersgeboortereg. Geseënd is die kind wat hiermee grootword! Maretha Maartens


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
Lees ook oom Attie se slaaptydstories

Bo is die buiteblaaie van die tweede- en eerste-uitagwes van Oom Attie se slaaptydstories. Elke storie leer die kind ‘n lessie met Christelike waardes
Kliek hier om meer te lees
Lees ook ds Peter Louw se gewilde reeks van Nugget
Kliek hier vir meer inligting oor die Nugget-reeks

Afrikaanse Kinderbybels is deur die jare deur verskeie uitgewers uitgegee en byna al die Kinderbybels is gewild en gesog. Die rede is voor die handliggend -elke Christen ouer wil graag vir sy kind ‘n goeie christelike fondament verskaf en derhalwe word ’n Kinderbybel aangeskaf. Soos te wagte is daar verskeie Kinderbybels op die mark en elkeen speel verseker ‘n groot rol in die kind se lewe.
Kinder Bybels kan by enige van Lizmar boeke se winkels in Pretoria aangeskaf word. Vir meer inligting oor Kinderbybels of ander boeke skakel gerus 012 345 4040 of 012 346 6738 of 012 807 2710. Om Kinderbybels aanyn aan te skaf, besoek gerus www.lizmar.co.za
- Kinder bybels met kleurprente
- Bybels vir jong kinders
- Bybels vir kinders
- Bybels vir kleuters en kinders
- Bybels vir jongelinge
- eerste Bybels vir kinders
- Bybels vir kinders se kennismaking met die woord
- Kinderbybels met strokiespente
- Kinderbybels met kleur illustrasies
- Kinder Bybels met kleurvolle skilderye van Bybelsse tonele
- Kinder Bybels met kort dagstukkies in eenvoudige taal
- Kinder Bybels vir selflees
- Kleurvolle Kinderbybels met prente
- Kort lessies uit die Bybel vir kinders
- Kinder Bybels om self te lees
- Kinder Bybels om self te blaai
- Kinder Bybels is belangrik om reeds in die jongfase die kind te stimuleer
- Kinder Bybels help die boodskap oor te dra op ‘n kind se vlak
Kinder Bybels om te leer van God


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za


Bestel boeke by ons aanlynwinkel : www.lizmar.co.za
|