|
Louis P Avenant se lys van boeke sluit in:

Die Hotnotsvy is vrank Boek geskryf deur Louis P Avenant
“Het jy al hotnosvy gekou, Driesman, die dik, vet blare van die hotnosvy?”
Toe Megal hom dít vra, hom stip aankyk met oë wat wou weet, het Dries gedink hy praat weer deurmekaar. Maar die einste pad, dié oor die skulpgruis langs, het Megal ook geloop.
Vir Dries was daar nog omdraaikans – nie soos vir Megal nie. Maar sou hy ag slaan op die ou man se raad? Nie Driesman nie! Dan is daar net een manier van doen. Hy moes klein Dries eers saamneem diepsee toe, so vyftig jaar of meer terug. Ja, hy moes saam, dan sal hy leer…
In hierdie prosawerk van Louis Avenant vind sy liriese styl dikwels suiwer uitdrukking in die eie, ongebonde taal van ’n onopgesmukte en onbedorwe gemeenskap – waar die oomblik vol is en die lewe waarde het. Die inheemse uitdrukkings wat miskien in geen woordeboek te kry is nie, dra by tot die natuurlikheid van die dialoog.
Die leser word in ’n meelewing vasgevat wat hom ewe veel ’n deel maak van die baai. Op die muur se punt staan hy en kyk waar Nardeen, op die punte van haar tone, staar na waar sy die maspaal van die Megal oor die bult sien kom…
En op die skuit se boeg die naam, nog deur die skipper Petta self daarop geverf, Megal, die naam van hom wat nou die baai se beste skipper is, nog beter selfs as Pa Petta. Ja, hy was in sy skuit, maar sy hart was op die muur. “Sou sy daar wag? Het die wind haar al gesê ek kom?”
’n Roman oor ons vissersvolk wat vinnig aan die verdwyn is, geskryf in styl en idioom wat beslis bydra tot die verryking van die Afrikaanse taal.
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za (gebruik die “SEARCH” funksie)

Dwaallig of ster Boek geskryf deur Louis P Avenant
Die dag toe Vic Loedolf se ma oorlede is omdat die spoorwegdokter eers klaar wou tennis speel voordat hy na haar kon kom, het hy besluit dat hy ook ’n dokter sou word – maar nie ’n dokter soos die ander nie. Nee, hy sou tussen en vir sy eie mense werk – die mense wat aan die verkeerde kant van die spoorlyn gewoon het.
Hoe hy ’n dokter sou word, het hy nie toe geweet nie, want waar sou ’n arm spoorwegwerker se kind tog die geld kry om jare op universiteit deur te bring? Hy kon nie eers op skool bly tot in matriek nie; na standerd agt moes hy self gaan verdien. Maar al het dit lange jare en baie sweet beteken, het Vic tog in sy doel geslaag en uiteindelik was hy dokter Vic Loedolf.
Vic was nie net ’n goeie dokter nie, maar het ook ’n briljante immunoloog geword wat ’n belangrike rol gespeel het by orgaanoorplantinsoperasies. En hier het sy probleme begin. Die “ander kant van die spoorlyn” se mense wou hom vir hulself toeëien en hom verhinder om onder sy eie mense te werk. Selfs sy vrou het die lewe vir hom moeilik gemaak, want vir haar was die prestige van ’n skitterende loopbaan veel meer werd as Vic se behoefte om sy medemens te dien. Uiteindelik moes Vic stil gaan staan en sy omstandighede in oënskou neem. So helder was sy ambisie, so doelgerig het hy die ster van sy ideaal nagestreef. Maar – was dit werklik ’n ster wat hy gesien het… of slegs dwaallig?
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za (gebruik die “SEARCH” funksie)
Boeke volgens jaar van uitgawe gelys:
Bestel boeke aanlyn by www.lizmar.co.za (gebruik die “SEARCH” funksie)
|