|
Maasdorp-reeks - geskryf deur Stella Blakemore
Sedert sy ontstaan in 1932 het die Maasdorpreeks meisies aan die lees gehad. Dat Stella Blakemore se boeke steeds van die gewildste reekse is, bewys dat hierdie skryfster verstaan het wat jong lesers in ‘n goeie storie wil hę.
Die reeks handel oor Kobie Malan en haar maats, en wie eenmaal met Kobie en haar maats kennis gemaak het, sal Maasdorp nooit vergeet nie.
Die oorspronklike Maasdorp-reeks wat tussen 1930 en 1960 geskryf is het uit 16 boeke bestaan. Die uitgawe van die 1970’s is egter verkort na slegs 12 boeke. Die sagteband uitgawe deur Human & Rousseau van die 2000’s bestaan weer uit die oorspronklike 16 boeke.
1. Meisies van Maasdorp (1932) - Stella Blakemore 2. Die jongste meisie van Maasdorpskool (1933) - Stella Blakemore 3. Kobie regeer (1935) - Stella Blakemore 4. Kobie en die wonderkind (1939) - Stella Blakemore 5. Allegra op Maasdorp (1942) - Stella Blakemore 6. Maasdorp se drie musketiers (1943) - Stella Blakemore 7. Maasdorp se nuwe onderwyser - Stella Blakemore 8. Hoofmeisie Kobie - Stella Blakemore 9. Kobie gaan verder - Stella Blakemore 10. Juffrou Kobie - Stella Blakemore 11. Jongspan op Maasdorp - Stella Blakemore 12. Niggies op Maasdorp - Stella Blakemore 13. Maasdorp se redaktrises - Stella Blakemore 14. Maters op Maasdorp - Stella Blakemore 15. Maltrappe op Maasdorp - Stella Blakemore 16. Nukke op Maasdorp - Stella Blakemore 17. Ontgroening op Maasdorp - Stella Blakemore 18. Lalage op Maasdorp - Stella Blakemore

Maasdorp-reeks (1970 uitgawe) 1. Meisies van Maasdorp - Stella Blakemore 2. Die jongste meisie van Maasdorpskool - Stella Blakemore 3. Kobie regeer - Stella Blakemore 4. Kobie en die wonderkind - Stella Blakemore 5. Allegra op Maasdorp - Stella Blakemore 6. Maasdorp se drie musketiers - Stella Blakemore 7. Maasdorp se nuwe onderwyser - Stella Blakemore 8. Hoofmeisie Kobie - Stella Blakemore 9. Kobie gaan verder - Stella Blakemore 10. Juffrou Kobie - Stella Blakemore 11. Ontgroening op Maasdorp - Stella Blakemore 12. Lalage op Maasdorp - Stella Blakemore
Klik hier om ‘n lys van Stella Blakemore se boeke te sien

Maasdorp - Omnibus 1
- Die meisies van Maasdorp - Stella Blakemore
- Die jongste meisie in Maasdorpskool - Stella Blakemore
- Kobie regeer - Stella Blakemore
In Die meisies van Maasdorp ontmoet die leser vir Kobie en ander karakters wat vir hope opwinding in die reeks sorg. Elsabe van den Heever, wat deur haar ouderwetse tante grootgemaak is, moet haar eie plek in die skool tussen die onnutsige Maasdorpers vind.
Net die toetrede van Die jongste meisie in Maasdorpskool haal die bedorwe klein Breggie Landsberg haar streke uit — met byna rampspoedige gevolge. Maar ook Kobie met haar goue krulle veroorsaak vir die onderwyseresse gereeld hoofbrekens.
In Kobie regeer neem Kobie haar twee susters onder hande. Sy sou daarvoor sorg dat Heloise in, haar spoor trap en dat Ruth “lets doen sodat hulle ma haar vir niks op aarde van Maasdorp sal wegneem nie — al sou Heloise en Breggie ook die skool afbrand!”

Maasdorp - Omnibus 2
- Kobie en die wonderkind - Stella Blakemore
- Allegra op Maasdorp - Stella Blakemore
- Maasdorp se drie musketiers - Stella Blakemore
In Kobie en die wonderkind ontmoet die Maasdorpers die brose Carla Willemse, wat as die violiste Olga Willowitch internasionale roem verwerf het. Op vyftienjarige leeftyd is sy bekend met konsertverhoë, terwyl sy van ‘n normale kindertyd niks weet nie. Kobie Malan, self ‘n begaafde pianiste, neem haar onder haar vlerk en sodra sy uitvind wie hierdie nuweling is, begin dinge gebeur!
Allegra op Maasdorp laat die leser kennis maak met ‘n pragtige, maar nukkerige weeskind wat onder ongelukkige omstandighede haar vorige skool verlaat het. Kobie, Breggie en Heloise maak ‘n opwindende verskil aan haar lewe.
Maasdorp se drie musketiers volg op die kattekwaad wat in die vorige boek beskryf word. Na aanleiding van ‘n sekere voorval verbied Heloise se ma haar om ooit weer iets met Breggie te doen te hę. Kobie het ‘n briljante plan: Breggie en Heloise mag maats bly,op voorwaarde dat die voorbeeldige, onberispelike Daniela altyd teenwoordig is. ‘n Onheilige alliansie is die onvermydelike gevolg.

Maasdorp - Omnibus 3
- Maasdorp se nuwe onderwyser- Stella Blakemore
- Hoofmeisie Kobie- Stella Blakemore
- Kobie gaan verder- Stella Blakemore
Die Maasdorp omnibusse bevat stories met geredigeerde tekste
Lees ook die boeke deur Stella Blakemore vir seuns - onder die skuilnaam Theunis Krogh - naamlik die Keurboslaan-reeks

Ontgroening op Maasdorp - ‘n Jeurverhaal vir dogters deur Stella Blakemore Boek no 11 van die 1970’s uitgawe. Hardeband uitgawe
Ontgroening op Maasdorp is gewis een van die heel opwindendste verhale in die reeks. Sommer met die intrapsiag ná die somervakansie word Maasdorpskool in ‘n krisis gedompel, ‘n krisis so ernstig dat dit wil voorkom asof die skool se ganse voortbestaan bedreig word: Mantrone het onverwags. en skynbaar om onverklaarbare redes, bedank. Die bloedjong juffrou Hoedemann, haar plaasvervanger, se streng en ongenaakbare houding maak haar ongewild by die leerlinge en vererger sake aansienlik. Juffrou Van den Heever, die hoof, is in hierdie onrustige eerste dae self stiller as gewoonlik en vertrek dikwels op geheimsinnige sendings na die dorp. Bieks, die nuwe hoofmeisie, slaag nie daarin om na behore orde te handhaaf nie, die skoolgebou word byna deur ‘n brand vernietig, een van die leerlinge word beskuldig dat sy die brand laat ontstaan het terwyl ‘n ander een byna daarin omkom. Wanneer sake egter dreig om in algehele chaos te ontaard, toon die Maasdorpers (asook ‘n paar oud-Maasdorpers) hul staal en besef die leser waarom Maasdorp bekend staan as die mees gesogte meisieskool in die land.
Ontgroening op Maasdorp is ‘n verhaal wat die leser end-uit sal boei.

Nukke op Maasdorp Boek no 16 van die Maasdorp reeks wat in 2006 uitgegee was Tienerboek geskryf deur Stella Blakemore Sagteband
In hierdie laaste verhaal in die Maasdorp-reeks neem ons afskeid van Kobie Malan, nou mevrou De Villiers, die skoolhoof Elsabe van den Heever, die goedige Maria Teubes, en al die Malan-niggies, vriendinne en bekendes. Magda Voster is nou hoofmeisie, met Lalage Engelbrecht as haar regterhand, en Klarette Prinsloo en Reina van der Hoven is prefekte. Ons maak ook kennis met twee nuwelinge: Benedetta Greyling, oftewel Bennie, die dogter van die voormalige Marie Dempers, Kobie-hulle se skoolmaat, en klein Jacomina Venter, oftewel Japie, die verwese elfjarige meisie wat Bennie op die trein na Maasdorp ontmoet. Met hul seunsname is die twee bestem om maats te word, maar nie voor die selfsugtige Bennie haarself baie beter leer ken het nie. Verder sorg die manipulerende mevrou Renton opnuut vir ‘n opskudding, waarin haar blonde tweeling, Melanie en Melodie, die hulpelose slagoffers is. En dan is daar natuurlik die rooikop Jessamie en die raaisel van die rooi handtas? Gaan dit ook hierdie keer “eind goed, alles goed” by die land se voorste meisieskool wees?
|