|
Madelein Kelsey is op 23 Oktober 1963 op Despatch (Ou Oos-Kaap) gebore.. Dit is ook hier op Despatch dat sy haar laer- en hoërskoolloopbaan voltooi het. Naas haar eggenoot (met wie sy to 1985 getroud is) en haar twee pragtige seuntjies, bly skryf Madelein se eerste liefde.
Die skryfgogga byt haar al van laerskooldae af toe sy haar eerste verhaaltjies begin skryf het. Dit was haar ouers se buurvrou, tannie Hannie Oelofse, se “lot” om na Madelein se eerste pogings te luister. Tannie Hannie is ook die persoon wat haar nog altyd aangemoedig het.
Alles wat verband hou met ons land se verlede, en ook ander wêrelddele, interesseer die skryfster. Daarom hou sy van ou-Kaapse verhale. Haar debuutroman was Kavalier vir Claudia.

|