|
Nanda Pauw het boeke geskryf wat die volgende titles insluit:
- As die Suiderland roep - GROOTDRUK - Nanda Pauw
- As die wit duiwe vlieg - wetenskapfiksie deur Nanda Pauw
- Avonture op Hugosdal - deur Nanda Pauw
- Blinde oordeel - deur Nanda Pauw
- Bloedspore oor Grensplaas - deur Nanda Pauw
- Die Angel van wraak - deur Nanda Pauw
- Die jare tussenin - deur Nanda Pauw
- Die laaste profeet - deur Nanda Pauw
- Die Laaste Tog - Nanda Pauw
- Die soektog - deur Nanda Pauw
- Opstand tot die dood - deur Nanda Pauw
- Slagoffers van die Noodlot - Nanda Pauw
- Spore uit fort Sandenburg - Nanda Pauw
- Storms onder die suidooster - deur Nanda Pauw
- Vlug van die blou arende - deur Nanda Pauw
- Waar die suiderkruis hang - seerower verhaal deur Nanda Pauw
- Waar die wit valk vlieg - deur Nanda Pauw
Nanda Pauw se digbundels sluit die volgende titels in:
- Aldag se verlange - deur Nanda Pauw
- As die hart luister - deur Nanda Pauw
- In die voetspore van die Meester - deur Nanda Pauw
- My groot begeer - deur Nanda Pauw
- My stukkie aarde - deur Nanda Pauw
- Sonder grense - deur Nanda Pauw
- Vrolike versies - Nanda Pauw


As die wit duiwe vlieg wetenskapfiksie / toekomsverhaal geskryf deur Nanda Pauw
Dit is die jaar 2286. Nêrens in die wêreld het daar vrede en liefde oorgebly nie; opstande, haat en doodslag het die plek daarvan ingeneem — Christenskap word uitgeroei die oomblik wat dit êrens kop uitsteek; so iets bestaan net nie meer nie — of so dink die heersers. Want dokter Yassef, briljante medikus in die Westelike gebied, het onder berg Vesta — by sy kliniek — ‘n vesting ingerig waar Christenvriende woon en waar hulle hul godsdiens ongehinder kan beoefen.
Totdat Alan St. Claire ‘n noodlanding naby die kliniek moet doen; want die Angel uit die Ooste maak jag op hom. Hy het haar verneder en sy gaan hom terugbetaal — hierdie beeldskone vrou uit die Oostelike gebied kry gewoonlik wat sy wil hê.
Dan maak Alan ook kennis met die mooie Lydia, ‘n sagsinnige meisie wat verpleeg in die Yassefkliniek en ook in die geheim ‘n leidende rol speel in die Christenkommune onder berg Vesta.
Wat sou nou hulle lot wees, noudat Alan se teenwoordigheid al die veiligheidswagte hierheen gelok het? As die wit duiwe vlieg van Nanda Pauw maak die leser weer bewus van die hartklop van die lewe; dit raak die wese van elke mens aan en bring ‘n boodskap wat lank onthou sal word
Lees ook ander Afrikaanse wetenskapfiksie - kliek hier

Slagoffers van die noodlot roman deur Nanda Pauw
Karin Jordaan is ‘n student aan die Opleidingskollege waar sy met Christiaan Visagie, dosent in Gesondheidsopvoeding, kennis maak. Na hul eerste rampspoedige ontmoeting gryp die noodlot op alle moontlike maniere in hul lewens in. Veral vir Karin breek ‘n moeilike tyd aan — met haar ma… met haar sussie Elna… met die dood van ’n dierbare vriend ... en bowenal met die vrese en verlangens van haar eie soekende hart totdat sy uiteindelik vervulling vind.


Waar die suiderkruis hang roman deur Nanda Pauw
Alida van Klencke is verloof aan die blonde fris Dirck ten Damme, al twee jongmense uit gegoede agtergronde.
Abraham Dykstra, met ‘n swak selfbeeld veral as gevolg van sy mank been, begeer Alida egter sowel as haar aansienlike skatte-erfenis.
Braam Huyberth, sy seerower-oom, verafsku Abraham eintlik maar word deur laasgenoemde afgepers om Dirck en sy twee jong vriende, Steven en Carel, aan boord te neem om as slawe te gaan verkoop. Abraham het sy weg dan oopgesien om Alida en haar wêreldsgoed te verower. Maar Alida was self geen katjie om sonder handskoen te pak nie! Na baie soebat en vroulike lis organiseer sy een van haar vader se skepe om haar verloofde te gaan soek.
Na baie wedervaringe en oor-en-weer muiterye tussen Abraham Dykstra se matrose kom al die skepe uiteindelik op Madagaskar te lande waar die poppe in alle erns begin dans.
Uiteindelik vind Alida en Dirck mekaar maar reg en geregtigheid moed nog geskied aan die ontroue dienare van die H.O.I.K al is Alida se hart al lankal al weer vermurwe en haas vergete het sy van die ontbeteringe wat sy moes deurmaak! Maar hulle het hulle nie net aan mekaar vir ewig beloof nie, maar ook aan die jong Suiderland wat lewenskragte jongmense so broodnodig het.
Lees ook Oloff die seerower reeks deur Gerrie Radloff
Lees ook Elmar Steyn se verhale
Lees ook Kobus Snyman se SEEHEKS reeks



Die laaste tog roman deur Nanda Pauw


Hier volg ‘n lys van boeke deur Nanda Pauw is jaar van uitgawe:
- 1982 - Die jare tussenin - Nanda Pauw
- 1982 - Die Laaste Tog - Nanda Pauw
- 1982 - Opstand tot die dood - Nanda Pauw
- 1982 - Storms onder die suidooster - Nanda Pauw
- 1982 - Vlug van die blou arende - Nanda Pauw
- 1983 - Bloedspore oor Grensplaas - Nanda Pauw
- 1983 - Die Angel van wraak - Nanda Pauw
- 1983 - Waar die suiderkruis hang - seerower verhaal deur Nanda Pauw
- 1983 - Spore uit fort Sandenburg - Nanda Pauw
- 1983 - Avonture op Hugosdal - Nanda Pauw
- 1983 - Slagoffers van die Noodlot - Nanda Pauw
- 1984 - Die soektog - Nanda Pauw
- 1986 - Waar die wit valk vlieg - Nanda Pauw
- 1987 - As die wit duiwe vlieg - wetenskapfiksieverhaal deur Nanda Pauw
- 1987 - Blinde oordeel - Nanda Pauw
- 1988 - Die laaste profeet1988 - As die Suiderland roep - GROOTDRUK - Nanda Pauw
Nanda Pauw se digbundels in jaar van uitgawe is:
- 1983 - Vrolike versies - Nanda Pauw
- 1983 - My stukkie aarde - Nanda Pauw
- 1983 - Aldag se verlange - Nanda Pauw
- 1984 - Sonder grense - Nanda Pauw
- 1984 - As die hart luister - Nanda Pauw
- 1985 - In die voetspore van die Meester - Nanda Pauw
- 1986 - My groot begeer - Nanda Pauw



|