|
Naomi Maree het verskeie boeke geskryf wat die volgende titels insluit (boeke in blou dui aan dat daar meer inligting oor die boek beskikbaar is):
- As die wolwe huil - (speel af in Ou Kaapsetydperk)- Naomi Maree
- Die donkerman - (speel af in die Groot Trektydperk) Naomi Maree
- Die wiel draai (speel af in Ou Kaapsetydperk) - Naomi Maree
- Dogter van Delila - Naomi Maree
- Gooi jy die eerste steen - Naomi Maree
- Grendels om gister - Naomi Maree
- Kavalier uit die stormnag - boek deur Naomi Maree
- Mademoiselle in die doringbos (speel af in Ou Kaapsetydperk) - Naomi Maree
- Mijnheer die Laksman - (speel af in Ou Kaapsetydperk) - Naomi Maree
- Onrus op Casa Mia - (speel af in Ou Kaapsetydperk) - boek deur Naomi Maree
- Prinses van die reënwoud - boek deur Naomi Maree
- Punt van die reënboog - boek deur Naomi Maree
- Setel van gevoelens - boek deur Naomi Maree
- Slavin Heidi - boek deur Naomi Maree
- Vrees nie Madamouselle - boek deur Naomi Maree
- Waar aasvoëls draai - ‘n Dorsland-trekker verhaal deur Naomi Maree
Onder aan die bladsy is die titels gesorteer in jaar van uitgawe

Mademoiselle in die doringbos boek (speel af in die ou Kaapse tydperk) geskryf deur Naomi Maree
Al wat Juliana Froissart nog van die lewe verlang het, was dat sy weer die geleentheid gegun sou word om haar lieflingskind in haar arms te hou.
Juis die ongenaakbare wreedheid van die lewe, het haar genoodsaak om die klein swartkoppie, Helene, af te staan aan Eduard en Louise Fournier.
Sou sy ooit die hartseer wat Armand ten Damme, haar eerste eggenoot en die man van haar jongmeisiedrome, haar aangedoen het, kon vergeet?
Sou sy ooit kon vergeet dat die aantreklike offisier en avonturier, wat sy dood gewaan het, negentien jaar gelede uit vrye wil nie ‘n passasier was op die skip wat hom na sy vrou en kind sou terugbring nie?
Haar tweede huwelik met Pierre Froissart het die hartseer getemper - maar dit was van korte duur.
Die jare wat verbygegaan het, het die vroeë liefde jeens Armand laat verander in haat — en die verlange na haar lieflingskind laat groei.
Juis toe die toekoms vir Moeder Lana op sy donkerste gelyk het, het die jonge Marc Villion in haar lewe gekom. As aangenome pleegseun het hy weer sin in haar leë bestaan gebring.
Die drang om nog net een keer haar kind te sien en Marc Villion se ideaal om die wynmaakkuns te leer by die Kaap se meesterwynmaker, Mijnheer Ten Damme, Iaat hulle aan die Kaap beland.
Wie kan egter rekening hou met die weëvan die lewe — en die Iiefde?
Sou dit vir Juliana nog vir oulaas beskore wees om Armand na soveel jare weer van aangesig tot aangesig te sien? En hoeveel hartseer en terugslae sou die jaloesie van die sluwe, lamsakkige poeierkwas Jacob ten Damme, neef van Armand, en sy trawante, Lorca en Cats, nie in baie lewens veroorsaak nie?
Sou die jong liefdesdrome van die swarkop mademoiselle in die doringbos, die meisie van Cognac en die Franse leerjonge met die grys oë, afstammeling van die adellike familie van Villion, ooit waar word?
Lees ook van ou-Kaapse verhale deur T.C. Pienaar
Lees ook van ou-Kaapse verhale deur Toek Blignault
Lees ook van ou-Kaapse verhale deur Ilse Steyn
Lees ook van ou-Kaapse verhale deur Pierre J Fourie

Setel van gevoelens boek geskryf deur Naomi Maree

Grendels om gister boek geskryf deur Naomi Maree
Renate Gouws, ‘n student wat pas uit die buiteland teruggekeer het, doen aansoek om ‘n betrekking as onderwyseres by Paul Beyers. Sy moet sy dogter binne drie maande leer Frans praat. Die werk vereis dat sy op die plaas moet woon en die dogter tuis onderrig. Haar moeder is teen hierdie werk gekant maar weens haar finansiële nood kan Renate niks anders doen nie.
Paul Beyers blyk ‘n uiters norse en humeurige man te wees en daar heers gedurig ‘n vreemde soort spanning in die huis waar by saam met sy dogter Carmen en huishoudster, mev. Caine woon. Dit blyk gou dat Carmen nie baie gretig is om Frans te leer praat nie. Eienaardige dinge gebeur in die huis en die naam “Antoinette” kom, altyd by hierdie gebeure ter sprake. Renate vind uit dat dié ‘n Mev. Beyers is, maar niemand wil oor haar praat nie.
Paul Beyers se seun Werner, ‘n student, kom ook op die plaas aan en hy en Renate raak verlief. Carmen se vriend, Lucas, is Paul Beyers se buurman. Beyers verbied hom die plaas nadat ‘n paar beeste op die plaas vrek omdat iemand die hek oopgelaat het en die beeste toe van die lusern gevreet het. Beyers dink dis Lucas en verbied hom die plaas.
Die eienaardige voorvalle duur deur al die dramas voort. Hierdie voorvalle dui almal daarop dat Antoinette Beyers iewers naby is — haar parfuum word in die huis geruik; ‘n koppie tee word op die stoep gevind, ens. Dit bou ‘n heerlike spanning vir beide die leser en die karakters.
Renate vind mettertyd die ware verhaal omtrent mev. Beyers uit en sy word ‘n ware “engel van liefde” vir die wees-gesin.
Die spanning bereik breekpunt en mev. Caine kom navore en vertel dat sy mev. Beyers se stiefsuster is. Mev. Beyers is intussen oorlede. Sy dra haar suster se laaate boodskap aan haar gesin oor en bieg oor die slegte tyd wat sy die Beyerse gegee het.
Hulle vergewe haar en vra haar om nogtans aan te bly. Almal is nou gelukkig en Ieef gelukkig verder saam ...


As die wolwe huil boek (speel af in die ou Kaapse tydperk) geskryf deur Naomi Maree
Dit is met groot afwagting dat Dirk de Ruyter voet aan wal sit by De Kaap de Goede Hoop. Wat is dit aan hierdie vreemde land wat sy vriend Hans Diener so bekoor het, dat hy sy rykmansbestaan in Amsterdam prysgegee het om hier op Groene Weide te kom loer?
Dirk vind baie gou uit dat dinge nie pluis is nie. Wat het met Hans gebeur? Hy word ‘n kneg op die skone Melissa Baudelair se plaas van waar hy die bedrywighede van Gustav el Greco kan dophou .. . en van Melissa, wat al hoe raaiselagtiger optree.
Dit word uiteindelik ‘n stryd om lewe en dood om die waarheid te ontdek voordat die wolwe weer huil . . . en nog iemand se tyd aangebreek het.

Die donkerman Boek oor die Groot Trek boek geskryf deur Naomi Maree
Die verhaal speel hom af in die beginjare van die Groot Trek en draai hoofsaaklik om die lewens van die twee Muller-seuns, Basjan en sy jonger broer, Bertie. Basjan is ‘n sterk en onverskrokke boerseun terwyl Bertie ‘n fynbesnaarde seun is. Hy was nie ten gunste van die Trek nie en sou liewer met sy studies en musiekiesse voortgegaan het. Hy word bestempel as ‘n lafaard omdat hy nie kan of wil skiet om dood te skiet nie.
Hendrik Potgieter en ‘n groep mans, waaronder Basjan en sy pa, gaan om Louis Trichardt te ontmoet. In hulle afwesigheid word die laer deur die Matebeles aangeval. John Freedman, ‘n Engelsman wat ook deel van die Trekgeselskap is, pers Basjan af met sy kennis van Bertie se onmag om ‘n Matebelie te skiet wat sy ma wou doodsteek. Hy lei Basjan ook in ‘n verdere lokval, waarin dit voorkom of Basjan van die Trekkers se wapens aan die inboorlinge verkoop.
Die Donkerman, wat hom tot dusver baie afsydig gehou het, verskyn op die toneel en die geskilderde prentjie neem ‘n totaal ander wending.
Lees ook boeke deur F.A. Venter (Groot Trek trilogie)
Lees ook boeke deur Wille Martin van die Groot Trek



Dogter van Delila boek geskryf deur Naomi Maree
Cor Verster en Nick Dubuson was jare lank boesemvriende, maar hulle kinders nie. Stil, ernstige Riaan was ‘n finale jaaradmissie-student en hy kon geen aanklank vind met Esna, ‘n vrolike, lighartige balletdanseres nie. En die vriendskap het slegs tussen die vaders gebly.
Nick se dood bring egter ‘n wending in die lewensloop van die ander drie. Niek, wat nog altyd alles in Esna se lewe was, koester onmiddellik ‘n wrok teen Cor, aangesien hy die laaste persoon was wat vir Nick lewendig gesien het. En sy neem haar voor om haar vader se dood te wreek. Haar plan is om dit op so ‘n wyse te doen wat vir Cor Verster die seerste gaan maak - deur sy seun.
Dit neem nie lank nie, voordat Riaan smoorverlief is op die pragtige Esna en ‘n verhouding tussen hulle ontstaan ten spyte van die twee wêrelde waarin hulle beweeg.
Vir hom is sy studies en sy beroep nog steeds ‘n roeping, maar hy sien ook nie kans om sonder Esna te leef nie. En hoe rym ‘n tokkelok en die eienares van ‘n dansskool op die dorp dan?
Riaan se stryd begin wanneer hy besef dat hy Esna werklik liefhet. Hy weet sy sal drasties moet verander en hy glo vas dat sy liefde haar tot ander insigte sal bring.
Maar sal dit? Maak dit enige verskil aan haar? Sy gaan dan voort met haar danslesse - selfs op Woensdae wanneer daar byeenkomste in die kerk gebou is — en sy tree selfs in ‘n nagklub op.
In hierdie dae is Cor Verster ‘n bekommerde man. Voor sy oë sien hy dat sy seun ly ter wille van sy liefde en hy is magteloos om iets daaraan te doen. Dit is slegs Esna wat ongeskonde deur alles heen dartel. En tog. . . tog is dit juis sy wat op die ou end die hardste les van almal moet leer.
DOGTER VAN DELILA is nog ‘n pragverhaal van NAOMI MAREE


Kavalier uit die stormnag boek (speel af in die ou Kaapse tydperk) geskryf deur Naomi Maree
Rudi is die vreemde indringer; die aangenome seun van die Bosmans. Wanneer die hooghartige Albert besef dat ‘n groot deel van sy erfporsie aan sy aangenome broer sal gaan, bly daar net een oplossing oor: Rudi moet weg! Self’s Karlien, Rudi se jeugnooientjie, word van hom weggerokkel.
Kan Rudi sy onskuld bewys as al die elernente teen hom draai? Is sy uiteinde ‘n verbanning na Nederland of dalk die doodstraf .

Mijnheer die Laksman boek speel in die ou Kaapse tydperk af geskryf deur Naomi Maree
Pernette de Ia Porte is ‘n agtienjarige verpleegster. Sy is op die seilskip, die Zwaan, op pad na die Kaap die Goeie Hoop. Sy is Frans maar het in Holland grootgeword.
Haar vader is tien jaar vroeër Kaap toe waar hy ‘n welvarende boer geword het. Hy het geskryf met die versoek dat sy daar by hom moes aansluit en ook die hoop uitgespreek dat sy sou trou met Jean de Ronsard, seun van sy buurman. Sy kry berig dat haar vader verongeluk het en dat sy en haar stiefbroer, André, sy erfgename is.
Hulle vertrek dus Kaap toe, asook André se verloofde, Christine. Pernette word gewaarsku dat haar lewe in gevaar is as sy gaan. Haar vader se prokureur beloof om ‘n kavalier saam te stuur om haar te beskerm.
Die ander passasiers is mijnheer Joost Eijkman, independente fiskaal aan die Kaap, sy lyfkneg, Chrisjan, en Pedro Costa, ‘n Spanjaard. Kaptein Swammerdam word bygestaan deur luitenant Henric Huygeris. Twee pogings om Pernette te vermoor, sorg vir genoeg opwinding op die lang seereis, en ‘n verrassende ontknoping stel die meeste passasiers tevrede — en die leser ongetwyfeld ook!


Die wiel draai boek speel in die ou Kaapse tydperk af geskryf deur Naomi Maree
Wouter de Waal se ontsteltenis is groot toe hy uitvind dat goewerner Willem Adriaan van der Stel ‘n verband het op die plaas Vreugde wat hy by sy oupa geërf het. ‘n Verband wat Van der Stel in sy gierigheid en inhaligheid sal oproep net wanneer dit hom pas.
Wouter is tussen twee vure. Reageer hy op Cornelia, Willem Adriaan se dogter, se voortdurende attensies, wéét hy sal hy Vreugde kan behou.
Skaar hy hom egter by die vryburgers, sal Willern Adriaan sorg dat hy sy plaas kwyt is en kan hy sy geliefde Marquerite geen toekoms bied nie, Gee hy toe aan Cornelia van der Stel, is sy plaas veilig, rnaar is hy Marquerite kwyt...
Lees ook ou-Kaapseverhale deur Ena Murray
Lees ook ou Kaapseverhale deur Elmar Steyn
Lees ook verhale deur Stefan Radloff
Lees ook die See Heks-reeks deur Kobus Snyman


Onrus op Casa Mia boek speel in die ou Kaapse tydperk af geskryf deur Naomi Maree
Dit is op uiters onwelkome wyse wat Tanja op Casa Mia in De Kaap deur Hugo se skoonsuster Leonore ontvang word. Sy seuntjie is stug en onvriendelik, en Hugo is ongenaakbaar en baie, baie aantreklik.
Boonop is die moord op Hugo se vrou sesjaar gelede nog steeds in geheimsinnigheid gehul. Het die vreemde houvas wat Leonore op Hugo het, dalk jets daarmee te doen...?


Prinses van die reënwoud geskryf deur Naomi Maree
Tina Steinman, die dogter van die mieliemiljoenêr, is deur Pigmee ontvoer toe sy saam met haar ouers op safari was naby die geheimsinnige Reënwoud in die hartjie van Afrika. Vyf jaar later verneem die grootwildjagter, Ben de Ridder, dat sy wel by die Pigmeë in die Reënwoud is en op aandrang van Marcus Kotze, die nuusredakteur van Repnuus, besluit hy om haar te gaan soek.
Erna Fourie, die fotograaf van Repnuus en Tinus Roux, die verslaggewer, gaan saam. Die res van die geselskap is ou Rampe, Ben se ou spoorsnyer, Carlot, sy gewese vrou en haar vriend Tom Evans.
Ben de Ridder wou nie vir Erna saamneem nie, want na wat Carlot aan hom gedoen het, is hy ‘n vrouehater. Daarom wou hy allermins vir Carlot en Tom saamneem, maar Carlot dwing hom op ‘n slinkse manier om hulle saam te neem, want sy is van plan om hom weer in haar strikke te vang.
Erna voel baie aangetrokke tot die manlike safarileier, maar dit lyk soms vir haar of hy ‘n skurk is. Dit pas Carlot baie goed, want sy wil hom vir haarself hê. Hulle beleef lewensgevaarlike avonture en ontdek dat daar ‘n moordenaar in hulle midde is. Hulle bereik egter die stat van die Pigmeë - en ontmoet die prinses van die Reënwoud . . . maar toe begin die poppe eers behoorlik dans.
Hierdie romantiese avontuurverhaal van ‘n bekende skryfster is weer eens ‘n Treffer uit die boonste rakke wat die leser tot op die laaste bladsy sal boei


Waar aasvoëls draai Boek deur Naomi Maree Boek in 1988 uitgegee deur Daan Retief uitgewers - GROOTDRUK
As Lien Weideman se vader, Freek, besluit om sy plaas te verlaat en die trek deur die Dorsland mee te maak, is sy vrou, Truida, en sy dogrer nie baie gelukkig daaroor nie. Die feit dat Henry Smit, die jong man wat hom tot hul misnoë so stewig in Lien se oorlede broer se plek ingewurm het, hom boonop aanmoedig, ontstel hulle nog meer.
Dis gou duidelik dat die Trek op ‘n katastrofe afstuur. Die gebrek aan water is kritiek en toe Truida ylend van koors neergevel word, is dit die medemenslikheid van Peet Lategan wat haar van ‘n gewisse dood red. Maar daar is iets vreemds aan die man en hoewel Lien tot hom aangetrokke voel, vermy sy hom vanweë die openlike vyandigheid tussen hom en Henry.
Die toesrand van die trekgeselskap raak steeds hagliker en Freek en Truida sterf albei. Lien, wat self ook by die rand van die graf omgedraai het, is te swak om te protesteer toe Henry daarop aandring dat sy saam met hom alleen in ‘n ander rigting moet trek.
Lees ook nog trekkerverhale deur F.A. Venter
Lees ook nog verhale deur Rein Pretorius
Lees ook nog trekkerverhale deur Wille Martin

- 1976 - Prinses van die reënwoud, 1976 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1977 - Dogter van Delila, 1977 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1980 - Grendels om gister, 1980 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1981 - Mademoiselle in die doringbos, 1981 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1981 - Mijnheer die Laksman, 1981 - Ou Kaapse verhale - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1981 - Onrus op Casa Mia, 1981 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1982 - Kavalier uit die stormnag, 1982 - (speel af in Ou Kaapsetydperk) - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1982 - Die wiel draai, 1982 - boek geskryf deur Naomi Maree
- 1983 - As die wolwe huil, 1983 - (speel af in Ou Kaapsetydperk)- boek geskryf deur Naomi Maree
- 1988 - Waar aasvoëls draai - boek geskryf deur Naomi Maree
- Die donkerman (datum nie aangedui nie) - boek geskryf deur Naomi Maree
- Punt van die reënboog - boek geskryf deur Naomi Maree
- Setel van gevoelens - boek geskryf deur Naomi Maree



|