http:///.www.springbokboek.co.za/admin.php
|
|
|
|
|
|
Ngno, renoster van die Duine - 1971 deur Jan J. van der Post Klik hier om die “Duine boekreeks” te sien
Die witman druk die sneller. Daar gebeur niks. Net ‘n sagte klik-geluid. Daar is geen pyle in die groot wit jagter se boog nie! “Tji! Herr Oberst! Jy was ‘n goeie jagter van jou mense! Loop mooi na die land van jou mense se maan toe!” Die boesman, Ngno, renoster van die duine, het by sy mense se land uitgekom. Maar dit was nie maklik nie. Van baas Magiel se dood af moes hy hom eers teen sy eie mense verweer; mense wat vertroue in hom verloor het omdat hy te lank met die witmense geheul het. En toe sy eie mense hom aanvaar, was dit weer die stryd teen die “Dysters” om aan die lewe te bly. En toe die laaste agtervolging. Bul teen bul. Die wit jagter teen die jagter van die veld. Tot daardie wapen van die wit jagter weier om af te gaan en Ngno trane in sy oë voel. Selfs ‘n Boesman weet nie so mooi wat om met ‘n waardige vyand te maak wat deur omstandighede platgeslaan is nie. Ngno weet ook nie, maar hy weet wel dat hy weer by sy mense is...
Die boek bestaan uit die volgende hoofstukke:
Lees meer oor die ander “Duine boeke” Lees meer oor die skrywer, Jan J van der Post
|