|
Oloff die seerower geskryf deur Gerrie Radloff. Gerrie Radloff is ‘n skuilnaam vir Gerrit Lubbe van Zyl. (lees meer oor Gerrie Radloff)
Die Oloff die seerower-reeks was in die 1959’s en toe weer in die 1980’s uitgegee. In die eerste reeks (Pronkboeke) was daar 24 boeke en in die reeks deur Sirkel Publikasies was daar net 23 boeke. ‘n Verdere verskil tussen die verskillende publikasies is dat in die Pronkboeke se uitgawes word dit aangegee dat die boeke deur Gerrie Radlof (slegs een “F”) geskryf was maar in die Sirkel Publikasies word dit aangegee as Gerrie Radloff (dubble “F”). So gewild is die reeks dat dit nou weer deur Fantasie uitgegee word (weer eens Gerrie Radlof - soos in Pronkboeke).
Ons land en ons seë het soms skitterende pionierswerk, onder baie buitengewone omstandighede, van sy seuns gewerf.
Om ons kuste het byvoorbeeld handelsvaarders met skatryk vragte vanaf die Ooste gekom. In afgeleë skuilplekke het die skuim van die see onverwags op hulle toegeslaan. Oloff die Seerower is ‘n reeks kleurvolle verhale van die verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoedat ‘n dapper eintlik roekelose jong man uitvoering gegee het aan ‘n eed om die see van die wetteloses skoon te vee.
Hier volg ‘n lys van Oloff die seerower wat in die 1980’s deur Sirkel Publikasies uitgegee was:
- Oloff die seerower - Vol 1 - Die swaardvegter
- Oloff die seerower - Vol 2 - Die seewrak
- Oloff die seerower - Vol 3 - Die skuim van die see
- Oloff die seerower - Vol 4 - Kaptein Oloff
- Oloff die seerower - Vol 5 - Die verraaier
- Oloff die seerower - Vol 6 - Drie vreemde kapers
- Oloff die seerower - Vol 7 - Die losprys
- Oloff die seerower - Vol 8 - Valk in die kraaines
- Oloff die seerower - Vol 9 - Die spioen
- Oloff die seerower - Vol 10 - Aasvoëls van die see
- Oloff die seerower - Vol 11 - Die swart seemeeu
- Oloff die seerower - Vol 12 - Die vloot van verwoesting
- Oloff die seerower Vol 13 - Die arm uit die see
- Oloff die seerower Vol 14 - Die seerower se buit
- Oloff die seerower Vol 15 - Die blou robyn
- Oloff die seerower Vol 16 - Die spookskip van Biskaje
- Oloff die seerower Vol 17 - Die kus by Barberye
- Oloff die seerower Vol 18 - Haaie van die Ooste
- Oloff die seerower Vol 19 - Die skedel
- Oloff die seerower Vol 20 - Die verslete mantel
- Oloff die seerower Vol 21 - Die geel draak
- Oloff die seerower Vol 22 - Slaaf van die vyand
- Oloff die seerower Vol 23 - Kapers op die kim

Die Oloff die seerower-reeks was ook eers deur Pronkboeke (Kaapstad) in die 1959 / 1960 uitgegee geskryf deur Gerrie Radlof. Die reeks het egter 24 uitgawes gehad naamlik.
- Oloff die seerower - Vol 1 - Die swaardvegter
- Oloff die seerower - Vol 2 - Die seewrak
- Oloff die seerower - Vol 3 - Die skuim van die see
- Oloff die seerower - Vol 4 - Kaptein Oloff
- Oloff die seerower - Vol 5 - Die verraaier
- Oloff die seerower - Vol 6 - Drie vreemde kapers
- Oloff die seerower - Vol 7 - Die losprys
- Oloff die seerower - Vol 8 - Valk in die kraaines
- Oloff die seerower - Vol 9 - Die spioen
- Oloff die seerower - Vol 10 - Aasvoëls van die see
- Oloff die seerower - Vol 11 - Die swart seemeeu
- Oloff die seerower - Vol 12 - Die vloot van verwoesting
- Oloff die seerower Vol 13 - Die arm uit die see
- Oloff die seerower Vol 14 - Die seerower se buit
- Oloff die seerower Vol 15 - Die blou robyn
- Oloff die seerower Vol 16 - Die spookskip van Biskaje
- Oloff die seerower Vol 17 - Die kus by Barberye
- Oloff die seerower Vol 18 - Die skedel
- Oloff die seerower Vol 19 - Haaie van die Ooste
- Oloff die seerower Vol 20 - Die verslete mantel
- Oloff die seerower Vol 21 - Skuilplek van die rowers
- Oloff die seerower Vol 22 - Die geel draak
- Oloff die seerower Vol 23 - Slaaf van die vyand
- Oloff die seerower Vol 24 - Kapers op die kim

Voorblad van Oloff die seerower - “Die swaardvegter”, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies asook die voorblad van boek 1 deur Fantasie
Oloff die seerower - Vol 1 - Die swaardvegter
Hulle is gewone soldate. Hulle voer net bevele uit. Vir hulle is ´n swaard net ´n wapen om mee te veg. Oloff van Wagenaar glimlag. Vir hóm is ´n swaard soos ´n pen vir ´n skrywer of ´n kwas vir ´n kunsskilder. Dis die jaar 1740 en die plek wat genoem word die Kaap de Goede Hoop, die seeweg om die Kaap, waar handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat teen hulle opstaan en wat alle seerowers vrees – hy is Oloff die Seerower.
Voorblad van Oloff die seerower - Die seewrak, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies
Oloff die seerower - Vol 2 - Die seewrak
Met die seile volgespan kloof die boeg van die Seewraak deur die water – op pad na die oop see. Oloff kyk voor hom uit. Hy voel die wind teen sy gesig waai. Dis die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees –
Klik hier om Oloff die seerower boeke te koop

Foto’s van Oloff die seerower - “Die skuim van die see”. Die eerste is ‘n voorblad van die Sirkel Publikasie en die tweede is ‘n voorblad van Pronkboeke en dan die nuwe publikasie deur Fantasie
Oloff die seerower - Vol 3 - Die skuim van die see
Oloff sit regop teen die vat naaste aan ‘n venster. Bo-op lê ‘n kanonkoeël. hy kyk eers of daar nie ‘n blik kruit anderkant is nie en druk dan die koeël af deur dit met sy wang te stoot. Dan woel hy sy vingers onder die rand van die vat in en keer dit o, Hy probeer die val breek deur met sy rug daarteen te leun en slaag gedeeltelik. nogtans knyp hy sy oë toe en sug as dit omrol en stil lê ...
Oloff die seerower - Vol 4 - Kaptein Oloff
Skielik, sonder enige waarskuwing, skuif hy sy voet vorentoe en flits sy swaardpunt na Oloff se bors. Oloff beweeg nie. Net die spiere van sy regterarm trek styf. Dan kap hy met alle geweld van onder af teen die bewegende wapen ...
Ons land en ons se seë het soms skitterende handelsvaarders met skatryk vragte vanaf die Ooste gekom. In afgeleë skuilplekke het die skuim van die seë op hulle geval en toegeslaan.
Oloff die seerower is ‘n reeks kleurvolle verhale van verbete stryd om ons kuste. Dit vertel hoe ‘n baie dapper, eintlik roekelose jong man, uitvoering gegee het aan ‘n eed om die seë van die wetteloses skoon te vee.
Oloff die seerower - Vol 5 - Die verraaier

Oloff die seerower - Vol 6 - Drie vreemde kapers

Oloff die seerower - Vol 7 - Die losprys

Meteens, maar te laat, kom hy agter dat hy tot in die hoek van die kryt teruggedryf is. As hy nou na die een of die ander kant toe uitspring, sal hy oor die pale trap en sal ’n pistoolskoot sy einde aankondig ...
Die stories speel af in die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat hulle vrees – Oloff die Seerower.
Klik hier om Oloff die seerower boeke te koop

Oloff die seerower - Vol 8 - Valk in die kraaines
Meteens ruk iemand die raamwerk onder Oloff uit. Sy liggaam val. Die tou span styf en hy kom skielik in die lug tot stilstand. Vir haar oorspanne senuwees is dit amper asof sy die knak van sy nek kan hoor. Duidelik hoor sy iemand se gedempte woorde: “Oloff die Seerower is dood!”
Die stories speel af in die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Die een wat hulle die meeste vrees is Oloff die Seerower.
Oloff die seerower - Vol 9 - Die spioen

“Heem,” sê Oloff ernstig sodra hy die bebaarde kanonnier bereik, “ek gaan nou na Henning toe. Ek ...” “Jy sal nooit lewendig daar kom nie, Oloff!” keer Heem verskrik. “Jy sal lank voor dan platgeskiet word!” “Dit sal beter wees as om toe te laat dat Henning en sy bemanning onskuldig sterf!”
Die stories speel af in die jaar 1740. Die plek is die Kaap de Goede Hoop, aan die suidpunt van Afrika. Op die seeweg om die Kaap word handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Die een wat hulle die meeste vrees is Oloff die Seerower.
Oloff die seerower Vol 10 - Aasvoëls van die see

“Oloff!” bulder hy, asof hierdie verskynings nou een keer te veel gebeur. “Oloff, hóé ...” Skielik buk Oloff laag en storm onder Haak in. Hy tref hom vol met sy swaard en dan skeur ’n pyn deur Oloff se skouer. Dit vererger toe hy probeer terugdeins en hy besef dat die seerower hom met die skerp staalhaak agter die skouer getref het ...
Dis die jaar 1740 en die plek wat genoem word die Kaap de Goede Hoop, die seeweg om die Kaap, waar handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat teen hulle opstaan en wat alle seerowers vrees – hy is Oloff die Seerower.

Oloff die seerower Vol 11 - Die swart seemeeu
Op sy maag langs die seil hy die vlak water in. Die branders breek in sy gesig, en ente ver swem hy met sy kop onder die water. Hy mik tussen twee van die kaperbote in sodat hy die eerste bereik toe die voor hom verbyvaar en hy net daarin slaag om die masiewe roer van agter vas te gryp. Hy trek hom uit die water uit en met sy arms en bene weerskante van die dik balke van die roer vasgeklem, klouter hy op totdat die skuurtoue hier vlak voor hom verbyloop. Hy gooi sy lyf skeef en hang aan onderwyl hy dit met die mes deursaag. Sy regterarm voel lam toe die laaste vesels van die dik tou wat styf gespan was om die skip op sy sirkelkoers om die hawe te hou, uitmekaarskeur.

Voorblad van Oloff die seerower - Die swart seemeeu, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies
Oloff die seerower Vol 12 - Die vloot van verwoesting

Voorblad van Oloff die seerower - Die vloot van verwoesting, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies en regs die Pronk uitgawe
Skaars het Oloff van sy skrik herstel en voordat hy nog helder kan dink, het Gerhard ‘n paar tree laer gespring en lewer hy die eerste steek met sy swaard na Oloff. Dit is maar te duidelik wat sy plan is: om Oloff nie weer inhegtenis te neem nie, maar om hom hier van die gras te maak. Toe hy die eerste hou wild van hom af wegklap en verdedigend agteruit spring sodat hy byna teen Rynette stamp, kom verskeie gedagtes by hom op.
Gerhard is die man wat van die begin af almal teen Oloff gewaarsku het. As hy nou ten spyte van die teenstand wat hy ondervind het nog die prestasie kan hê om die gevreesde Oloff met die swaard aan te durf en te dood onderwyl hy besig was om te ontsnap, sal hy soos ‘n koning in Holland ontvang word.
Dis die jaar 1740 en die plek wat genoem word die Kaap de Goede Hoop, die seeweg om die Kaap, waar handelskepe gedreig deur bloeddorstige, genadelose seerowers. Daar is net een wat teen hulle opstaan en wat alle seerowers vrees – hy is Oloff die Seerower.
Klik hier om Oloff die seerower boeke te koop

Oloff die seerower Vol 13 - Die arm uit die see
Die lampe op die agterkasteel werp ‘n dowwe gloed en wagte sal enige beweging daar dadelik opmerk. Op hul maag kruip hul langs die skot tot teen die kantreling. Hier klouter hulle oor en sak versigtig af totdat hulle net met die punte van hul vingers oor die rand van die dek hang. Voet vir voet skuif hulle na agter totad hulle, nat van die sweet, die leer bereik. Behendig hang hulle daaraan, die een bo die ander, trek hul broek uit. Hulle bind die klere in ‘n bondel met hul lyfbande bo-op hul koppe vas. Dit sal nie deug om met nat klere gesein te word nie, want dit sal onmiddelik agterdog wek waar hulle andersins miskien geen aandag sal trek nie.

Voorblad van Oloff die seerower - Die arm uit die see, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies

Oloff die seerower Vol 14 - Die seerower se buit
Dit is stikdonker om hom, maar die oomblik toe die deur oop was en die ligbaan uit die saal voor hom uitgeval het, het hy die tafel in die middel van die vloer en die deur in die oorkanste muur gesien. toe die rumoer agter hom losbars, nael hy om die tafel, en sy vingers soek na die deurknop. Skaars vind hy dit of die deur agter hom klap oop asof ‘n kanonkoeël dit uitmekaar laat splinter het. ‘n enkele pistoolskoot knal, maar Oloff het die deur reeds agter hom toe en bevind hom nou in ‘n gang wat deur ‘n enkele lamp verlig word. reg onder die lamp is ‘n deur aan sy linkerkant. Dit lei op ‘n systoep uit en hy skop die hoëhakskoene van sy voete af toe hy tussen die pilare deur op die grasperk afspring.

Voorblad van Oloff die seerower - Die seerower se buit, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies
Oloff die seerower Vol 15 - Die blou robyn

Voorblad van Oloff die seerower - Die blou robyn, geskryf deur Gerrie Radloff en uitgegee deur Sirkel publikasies
Skaars is die laaste wworde uit of skiet Oloff se swaard op. die eerste steek is wyd - doelbewus. Soos hy verwag het, kap die Skedel woes na daardie kant toe. En dan skeur Oloff se swaardpunt deur die seerower se baadjie aan die ander kant. Die Skedel tree terug. Maar Oloff is op hom.Steek na steek, so vinnig dat net maar die flitse van die lamplig op die staallem sigbaar is, reën op die Skedel neer en elke steek word net van Oloff se gewrig af geloots. Sy regterarm bly feitlik reguit. Asof hy oor die vloer gly, wieg hy liggies op en af en skuif hy gedurig vorentoe sonder om werklik sy voete op te lig.
Toe hy die eerste steek lewer, het ‘n paar mans begin lag. Dit is duidelik dat hulle heeltemal iets anders verwag het. Die geluid het in hul kele gestuit. Daar is nou stilte.
Oloff die seerower Vol 16 - Die spookskip van Biskaje

Oloff die seerower Vol 17 - Die kus by Barberye

Oloff die seerower Vol 18 - Haaie van die Ooste

Oloff die seerower Vol 19 - Die skedel

Oloff die seerower - “Die verslete mantel” geskryf deur Gerrie Radloff
Oloff die seerower Vol 20 - Die verslete mantel
Oloff haal met sy regtervuis uit. Tegelykertyd loer hy om die kosyn. Die tweede wag staan vlak agter die voorste. die lantern kletter op die vloer en word dadelik geblus. Die wag hik en krul inmekaar toe Oloff hom in die wind tref.
Die een in die gang gil eenkeer hees, maar dan het Oloff hom om die keel beet en pluk hom by die ruim in. Oloff laat los sy regterhand, kry die wapen beet en slaan die seerower ‘n genadelose hou sodat hy sonder ‘n geluid inmekaarsak.
sy maat hou sy maag met albei hande vas. Nou in die lig van die lamp, kyk hy vir die eerste keer op om te sien wat aangaan. Oloff slaan hom agter die kop sodat hy in sy gebukkende posisie vooroor slaan en stil lê.

Oloff die seerower - “Die geel draak” geskryf deur Gerrie Radloff
Oloff die seerower Vol 21 - Die geel draak

Oloff die seerower Vol 22 - Slaaf van die vyand

Oloff die seerower Vol 23 - Kapers op die kim
Die eerste sarsie dreun van Moran se vlagskip af. Die grofgeskut val egter nog ver kort. Op daardie oomblik slaan die wit rook by die geskutpoorte van die handelsvaarders voor hulle uit. ‘n Oomblik later weergalm die donderende slag in hulle ore. Tot Oloff se verligting plas die koeëls digby die handelskip in die see.
Sias gooi die roer na bakboord. Die Seewrak hel oor, weg van die handelsvaarders af. ‘n Trilling gaan deur die houtwerk toe ‘n volle laag afgevuur word. Oloff kan die koeëls nie sien nie, maar hy hoor die gesuis daarvan en gimlag toe een van moran se kapers anderkant die handelsvloot onder die slag van die swaar koeëls sidder.
Lees ook boeke van Ena Murray oor seerowers
Lees ook boeke van Wille Martin oor seerowers
Lees ook die Seeheks reeks van Kobus Snyman
Lees ook verhalde van Nanda Pauw

Vergelyking tussen Pronk uitgawe en Sirkel uitgawe:
|
Pronk
|
|
Sirkel
|
|
|
|
|
|
Oloff die seerower - Vol 1 - Die swaardvegter
|
|
Oloff die seerower - Vol 1 - Die swaardvegter
|
|
Oloff die seerower - Vol 2 - Die seewrak
|
|
Oloff die seerower - Vol 2 - Die seewrak
|
|
Oloff die seerower - Vol 3 - Die skuim van die see
|
|
Oloff die seerower - Vol 3 - Die skuim van die see
|
|
Oloff die seerower - Vol 4 - Kaptein Oloff
|
|
Oloff die seerower - Vol 4 - Kaptein Oloff
|
|
Oloff die seerower - Vol 5 - Die verraaier
|
|
Oloff die seerower - Vol 5 - Die verraaier
|
|
Oloff die seerower - Vol 6 - Drie vreemde kapers
|
|
Oloff die seerower - Vol 6 - Drie vreemde kapers
|
|
Oloff die seerower - Vol 7 - Die losprys
|
|
Oloff die seerower - Vol 7 - Die losprys
|
|
Oloff die seerower - Vol 8 - Valk in die kraaines
|
|
Oloff die seerower - Vol 8 - Valk in die kraaines
|
|
Oloff die seerower - Vol 9 - Die spioen
|
|
Oloff die seerower - Vol 9 - Die spioen
|
|
Oloff die seerower - Vol 10 - Aasvoëls van die see
|
|
Oloff die seerower - Vol 10 - Aasvoëls van die see
|
|
Oloff die seerower - Vol 11 - Die swart seemeeu
|
|
Oloff die seerower - Vol 11 - Die swart seemeeu
|
|
Oloff die seerower - Vol 12 - Die vloot van verwoesting
|
|
Oloff die seerower - Vol 12 - Die vloot van verwoesting
|
|
Oloff die seerower Vol 13 - Die arm uit die see
|
|
Oloff die seerower Vol 13 - Die arm uit die see
|
|
Oloff die seerower Vol 14 - Die seerower se buit
|
|
Oloff die seerower Vol 14 - Die seerower se buit
|
|
Oloff die seerower Vol 15 - Die blou robyn
|
|
Oloff die seerower Vol 15 - Die blou robyn
|
|
Oloff die seerower Vol 16 - Die spookskip van Biskaje
|
|
Oloff die seerower Vol 16 - Die spookskip van Biskaje
|
|
Oloff die seerower Vol 17 - Die kus by Barberye
|
|
Oloff die seerower Vol 17 - Die kus by Barberye
|
|
Oloff die seerower Vol 18 - Die skedel
|
|
Oloff die seerower Vol 18 - Haaie van die Ooste
|
|
Oloff die seerower Vol 19 - Haaie van die Ooste
|
|
Oloff die seerower Vol 19 - Die skedel
|
|
Oloff die seerower Vol 20 - Die verslete mantel
|
|
Oloff die seerower Vol 20 - Die verslete mantel
|
|
Oloff die seerower Vol 21 - Skuilplek van die rowers
|
|
Oloff die seerower Vol 21 - Die geel draak
|
|
Oloff die seerower Vol 22 - Die geel draak
|
|
Oloff die seerower Vol 22 - Slaaf van die vyand
|
|
Oloff die seerower Vol 23 - Slaaf van die vyand
|
|
Oloff die seerower Vol 23 - Kapers op die kim
|
|
Oloff die seerower Vol 24 - Kapers op die kim
|
|
|
Uit bogaande foto’s behoort dit duidelik te wees dat die reeks “ Oloff die seerower” was en nie “Olaf die seerower” of “Olaff die seerower” nie.

|